Jong, ek sukkel met iets simpels. Net bo my profiel foto staan "4x2". Hoe verander ek dit? Sal hulp waardeer. Ek is maar half "tegnologies gestrem'...........
Jong, ek sukkel met iets simpels. Net bo my profiel foto staan "4x2". Hoe verander ek dit? Sal hulp waardeer. Ek is maar half "tegnologies gestrem'...........
Riaan, ek het self die vraag gehad, toe 'inbox' ek vir Gerrie (administrator). Al wat dit is, is 'n verwysing van hoe aktief jy op die forum is. Dus het dit niks te doen my jou ryding nie
4X4 X faith
Dink jy kry jou 4x4 op 100 "posts"![]()
Dit is nogal relatief maklik om hier en daar 'n aantal posterings by te kry - sê net hallo vir elkeen wat aansluit.....![]()
Oooooo dankie manne. Nou maak dit sin..
O, nou weet ek ook! Ek gaan nou "post" dat die biesies bewe, ek wil ook graag 'n 4x4 he!![]()
My probleem is ek hou meer van lees as skryf....dit gaan my lank vat
ek het niks om vir jou te se nioe .. darem issi eek nota nader aan 4x4 [maar eintlik soek ik daai "crawler Gears = kruiprat![]()
Riaan, moet glad nie skaam voel nie! Ek het die eerste dag op die forum ook so met 'n deurmekaar uitdrukking op my gesig vir Marilize gevra wat die storie is! (Gelukkig sit sy sommer reg oorkant my en dis baie maklik om al die vrae geantwoord te kry... so julle moet maar net vir ek of sy inbox as julle nie gou genoeg hier antwoorde op julle vrae kry nie!
Daar is nooit iets soos genoeg grondpad nie.
Gerrie van Eeden
Joernalis - WegRy/ Journalist - Drive Out
gerrie@wegry.co.za
Wel, siende dat ek nou net aangeluit het is hierdie my 2de boodskap, so nog 98 om te gaan...
As dit voel of jy deur die hel gaan, sit voet in die hoek!!
Ah-ha, na 25 posse is my Lux darem nou al 4x2 met ewenaarslot![]()
Hennie Beukes
"As jy iets wil hê wat jy nog nooit gehad het nie, moet jy iets doen wat jy nog nooit gedoen het nie"
Nou verstaan ek dit ook. Ek is ook gebore BC (Before computers)
ek sien annerkant oppi Nissn Forum hardloop die oompie 5 000 drade al verby .. wonner wat gaan Admin my dan maak?? 'N 6x6 'drie-as met ewenaarslotte' en skraps blond oppi bonnet UNIMOG ???![]()
![]()
![]()
![]()
Haai maar dis maklik - in hierdie dae van affirmative action verloor mens partykeer die begrip van meriete - hierdie is nou regtig meriete hoe meer jy "action" hoe groter die erkenning - hier is niks "acquired efficiency" nie
Ek probeer by 200 uitkom en hierdie post gaan help...
"In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman
Ali van Wyk
Tel. +27 21 443 9831
ali@wegry.co.za
HEELPAD GRONDPAD!
Hierdie is nogal 'n vragie wat nou en dan opduik, so ons het die draadjie 'n "vasplakker" gemaak vir nou....![]()
....
Dan beter ek begin tik - ek soek nog n voorste ewenaar slot ( locker ) wat kry n mens nog en wie installeer dit![]()
Ons sit daardie eksta's sommer self in hier oppi Forum - jy sien mos ons het afdeling met die naam van "Werkswinkel"--haha--as ek die manne watnou al memer fluks as ek en jy met die PC was bekyk, lyk my ons kry 4x4 low range daar by 200 poste en agter ewenaarslot daar by 300, voorste slotjie seker so by 400 en by 500 gekom lock die spaarwiel seker ook.....
600 - genugtig, al wat oorbly is die stuurwiel......
![]()