Mooi skoot George!
Mooi skoot George!
Johann
Hallo Riaan. Ek is SO bly jy het hierdie vraag gevra en dat ek dit as Nuweling kon raaklees. Ek kon ook nie die 4x2 verstaan nie en sê toe so ewe vir my man: "Ag, dalk dink hulle die Jimny is 'n 4x2 oor hy so klein is". Ek gaan skryf toe so ewe in hakkies op ons profiel, langs die Terios 4x2 en langs die Jimny 4x4. Nou wil ek my doodlag, want dit het toe niks eers daarmee te doene gehad nie! So leer mens. Terloops, ek is eerder 'tegnologies-gestremd' (wat ek in elk geval is) as Milieu-gestremd (want dit sou beteken dat ons nêrens-nêrens gaan in die mooie land van ons nie!
Kan iemand die trappe van vergelyking asb hier plaas sodat almal weet hoe dit werk
bv:
0 - 50 drade = X
51 - 100 drade = Y
101 - ens
![]()
Piet, Paul en Klaas volg Jan Rap en sy maats .....
Ek raai:
0-100 : 4x2
100-199: 4x4
200-499:4x4 met agterste ewenaarslot
500- ?: twee diff locks
Waar is Wegryadmin....sy sal weet,,,,
Groete
George ek vermoed jou raaiskoot is lou maar nog nie regtig warm nie ek sien ek is nou 'n "4x4 grondpadkar" na 113 drade gelukkig darem nie 'n waterkar nie, maar ook nou nie rerig 'n spoggerige 4x4 "hardbody" nie
Ali/Marilize/Gerrie - help bietjie met daai korrekte trappe van vordering....
Dankie
jy sien Eben -- almal van ons het daai skakelaartjie in ons .. sy naam is EGO -- Anner slim ou het my eenkeer gese [ons het oor Motivering gepraat] seg hy vi my: "Iwill do much much more for acknowledgement than what I would do for money"
ek werk ook harder vir erkenning as vir "pay" [hoeka, ek "pay" lankal nie meer nie]
...... soos hirr "antietjie daar in Lagos - 3 jaar nameklaar het sy die "Traffic Controller of the year" toekenning gekry -- salrissie ie peanuts, maar jy maak nie droog in haar kruising nie .. sy het 'n pyp - sn sy murrrr die wat nie binne die wet hou, nie
![]()
Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
http://outreach2africa.co.za/
Ja maar daar's nie meer ewenaarslotte-, remblokke-, wiele met kettings- en stootskraper-erkennings vir jou en Pieter oor nie julle is lankal past-erkenning kategorieë en behoort maar net gewoon as "meneer kampvuur" bekend te staan amper soos 'n kamvuur-sirskap of so-iets
hierdie antietjie het haar smile verruil vir daai strepe op haar arms - sy is definitief nie die soort kat wat jy kaalhande aanpak nie en wonder watse gun hou sy onder daai los knoop
Ja Oompie dis maar goed dat ons die Ego's hier langs die kampvuur op papier hou, want in die bos is daar nie baie plek vir ego's nie
Ek het al gesit en wonder of die 'boodskap rating' nie intimedeerend is vir nuwe intekenaars???
Ek wonner maar net.....
Piet, Paul en Klaas volg Jan Rap en sy maats .....
Onthou maar net dat hierdie kampvuur nie gaan oor senioriteit, doktersgrade en die size van jou biseps nie - dit gaan hier oor die klets en beleef van die dinge van die kampvuur - so het ek bv voor my vroeëre Nam-trip baie waardevolle advies en wenke gekry - die meer-intimiderende gedeeltes is daardie senior-manne van die lense soos Vlakvark, JJ en Pieter, maar dan besef ek dat ek met my skrapse vaslegginkies ook met die kampvuur kan deel dit wat ek bewonder het en dit wat ek beleef het daar buite in die bos
So of jy nou 'n bokskamera, 'n karige osswaentjie het of baie jonk om die kampvuur staan jou saamwees en belewenis word ook gewaardeer - dis net lekker hier
Amen Eben!
Moet sê...die bietjie gesprek vandag doen my boodskap totaal goed....!
Ja en so ongesiens haak ek nog 'n paar kinkels in my ewenaar kabel (draad) sodat ek ook as ek eendag groot is, 'n ewenaarslot of 2 aan my 4x4 kan vashaak
Lekker naweek vir almal en indien enigiemand dalk volgende naweek in die Pilansberg gaan vertoef, sien julle met my kampvuurplakkers - is daar in Manyane
Groetnis
Ek sien annerdag 'n klein Datsun 1200 bakkie .. op hom was daar 'n plakker NOT 4x4 - don't need it -- My baas KAN bestuur"
Oooms -- bly lank genoeg en sien hoe lankal is die "aantal posterings' al bron van lekker klets -- NEE Mark, dis nie intimiderend nie .. net vet pret -- en as jy 'n 4x4 wil he, kry 'n NISSAN !!!!!!!!!!!! [oompie het spaar Tyotta bedsj vir jou ???]
Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
http://outreach2africa.co.za/
Aag nouja dis great op die forum![]()
Hallo's,
Ons was altyd 'n 4x4 met 2 ewenaarslotte (het nog nie eers kans gehad om vir Karel te vra om vir my te verduidelik wat dit nou eintlik regtig is nie) en nou sien ek die profiel lees: 4x4-grondpadkar.
Nou wat nou? Is dit nou 'n beterder besigheid of nie?
Hoekom klink eersgenoemde dan soveel meer impresive?
Is ons ge-upgrade of ge-downgrade?
Groetnis. /xx
NEE Mark, dis nie intimiderend nie .. net vet pret -- en as jy 'n 4x4 wil he, kry 'n NISSAN !!!!!!!!!!!! [oompie het spaar Tyotta bedsj vir jou ???]
ek stem, stry nie met groot mense nie...lol ....bedsj...eish nou begin ek Oompie verstaan....
As ek nie rondry in Saluki nie dan werk ek.
Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
http://outreach2africa.co.za/