Ek het 'n baie groot reghoekige Tentco regte seil raamtent (nie dome) in goeie toestand - Tento het dit self 'n paar jaar gelede mooi reggemaak en nuwe rekke ingesit en so aan. 6mx3m. Ons hele gesin van vyf pas gemaklik daarin en dan bly ons soos in 'n huis. Dis nie 'n vinnige naweektent nie - die ding weeg seker 60 kg en vat 45 minute om op te slaan, as jy hom ken. Dis baie lekker vir lang vakansies.
Dis presies dieselfde as hierdie tent: http://www.tentco.co.za/index.php?pa...mart&Itemid=39 , maar toe myne gemaak is, het hulle hom nie so groot oop gemaak voor nie. Hy't dus 'n deur. Tentco het gesê hulle kan dit verander.
Ek soek so R3000 vir hom. PM my as jy dit wil hê. Jy moet dit net self kom oplaai.




Antwoord met aanhaling