Resultate 1 tot 20 van 20

Draad: Banddruk monitors

  1. #1
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    07-12-11
    Plek
    Alberton
    Boodskappe
    107
    Wat ry jy?
    ISUZU FRONTIER 320 V6 4X4 Model:2000 Km:132000 Ekstras:Laai stelsel,dubbel battery stelsel
    Regte naam
    Buks Venter

    Banddruk monitors

    Wie gebruik so n monitor en watse maak?Ek stel nogal belang in die TIREGUARD,enige voorstelle?

  2. #2
    4x4 met twee ewenaarslotte Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    1,962
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Banddruk monitors

    Buks ek het nie self een nie, maar ek het twee pelle wat hulle gebruik.

    Altwee die ouens se hierdie goed is die geld werd, maar mens moet een kry wat binne-in die rim sit, nie die wat in die valve cap sit nie.
    Die tipes wat in die valve cap sit, is kwesbaar op rowwe trails, hulle val af en as hulle betterytjies pap word moet mens die hele ding vervang, nie net die battery nie.
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  3. #3
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    07-12-11
    Plek
    Alberton
    Boodskappe
    107
    Wat ry jy?
    ISUZU FRONTIER 320 V6 4X4 Model:2000 Km:132000 Ekstras:Laai stelsel,dubbel battery stelsel
    Regte naam
    Buks Venter

    Re: Banddruk monitors

    Peter,dankie vir die inligting.Ek probeer een bestel maar kry geen antwoord van hulle af nie.Seker maar klaar met vakansie.

  4. #4
    4x2 Rooijan's Avatar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Boksburg
    Boodskappe
    1
    Wat ry jy?
    Landrover Discovery 4 3.0TDV6 HSE
    Regte naam
    Jannie de Wet

    Re: Banddruk monitors

    Maak net seker dat die monitor al vier wiele wys met hulle druk. Dit gee mens net soveel meer gemoedsrus as jy kan sien wat die druk is en nie moet staatmaak net op 'n waarskuwings alarm nie.
    Last edited by Rooijan; 12-12-11 at 14:34.

    Maak die beste van elke oomblik en leef voluit.

  5. #5
    4x4 met laestrek Jean Kotze's Avatar
    Aangesluit
    02-12-11
    Plek
    Oos London
    Boodskappe
    416
    Wat ry jy?
    2010 Land Rover Defender Puma Fire 2007 Land Rover Discovery 3

    Re: Banddruk monitors

    Baie handig, daardie goed. Die Jeeps kom standaard met hulle, maar wys nie vir jou individuele banddruk nie, maar laat weet jou wanneer 'n wiel begin pap word. Het my al vele kere gered. Rooijan is reg, die stelsels wat vir jou die werklike banddruk op elke wiel wys, is die beste.

  6. #6
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Banddruk monitors

    Hier by ons kry ons die Tire Moni [ek vermoed iemand sit die naam vir jou op as jy baie bestel!] en ek ry my 4x4 oral met hierdie koppies op en het nog nooit een verloor nie. Jy kry wel die wiele se eenhede los en die batterye kan jy vervang....op die wiele en by die eenheid. Dis nie pin point akkruaat nie, maar 'n 4x4 band kos deesdae R3000+ en as die dingetjie een band vir jou spaar, dan wen jy al die pad. Myne het al twee keer vir my gewys toe 'n band begin om drukking te verloor.

  7. #7
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    07-12-11
    Plek
    Alberton
    Boodskappe
    107
    Wat ry jy?
    ISUZU FRONTIER 320 V6 4X4 Model:2000 Km:132000 Ekstras:Laai stelsel,dubbel battery stelsel
    Regte naam
    Buks Venter

    Re: Banddruk monitors

    Ek is besig om te onderhandel om n stel aan te skaf.Sal maar sien hoe werk die storie.

  8. #8
    4x4 met twee ewenaarslotte Chris van der Merwe's Avatar
    Aangesluit
    03-12-11
    Plek
    Polokwane
    Boodskappe
    1,113
    Wat ry jy?
    Land Cruiser 80 GX 4500 Petrol alias "Obelix" . Land Cruiser 80 VX 4200 T/Diesel alias "Ku
    Gunstelingplekke
    Afrika - Suid van die Sahara
    Regte naam
    Chris van der Merwe

    Re: Banddruk monitors

    Buks, dis iets wat beslis sin maak....hou ons op hoogte, sal die spasie dophou

  9. #9
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    07-12-11
    Plek
    Alberton
    Boodskappe
    107
    Wat ry jy?
    ISUZU FRONTIER 320 V6 4X4 Model:2000 Km:132000 Ekstras:Laai stelsel,dubbel battery stelsel
    Regte naam
    Buks Venter

    Re: Banddruk monitors

    Het toe die monitor gekry en kon net twee senders gebruik,die batterye was pap en kon net twee in die hande kry.Het die senders toe op die boswa gesit en alles lyk baie indrukwekkend.Sal seker eers weet of die ding werk as die Van of die boswa n pap wiel kry,wat ek hoop gebeur nie.Vrou se die Van se "dashboard"lyk soos n vliegtuig sn met al die "gadgets" GPS,battery monitor,tire monitor,selfoon houer en video stander.
    Verskoon maar die spelling ek weet nie hoe om die kommas en kappies en al daai goeters in te tik nie.Ek bak koekies.

  10. #10
    4x2 met ewenaarslot roland b's Avatar
    Aangesluit
    12-12-11
    Plek
    FAERIE GLEN
    Boodskappe
    29
    Wat ry jy?
    1996 Toyota Land Cruiser 80GX 4500
    Regte naam
    Roland Bergh

    Re: Banddruk monitors

    Een van die eerste goed wat op my lys was vir my voertuig, was 'n banddrukmonitorstelsel (tyre pressure monitoring system - TPMS). Na 13j in my besit, het ek nou nog nie een gekry nie! Ek dink almal sal saamstem dat dit 'n baie waardevolle stuk toerusting kan wees wat jou lewens en baie geld kan spaar.

    Daar is 'n paar sulke stelsels op die mark, en ek het al heelwat besprekings op ander forums dopgehou oor verskillende TPMS'e, maar kan nog nooit 'n finale antwoord kry oor die goed nie.

    Ek wil ook graag weet wat julle ervaring is met 'n TPMS, veral na 'n paar jaar se gebruik. Ook watter installasie die beste werk, bv intern-geïnstalleer (binne die velling), valve cap, of ekstra klep aan die binnekant van die velling.

    Dalk kan/moet WegRy 'n artikel aanmekaar sit hieroor?
    Roland
    http://www.wegry.co.za/forum/image.php?type=sigpic&userid=531&dateline=1323786612

  11. #11
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    07-12-11
    Plek
    Alberton
    Boodskappe
    107
    Wat ry jy?
    ISUZU FRONTIER 320 V6 4X4 Model:2000 Km:132000 Ekstras:Laai stelsel,dubbel battery stelsel
    Regte naam
    Buks Venter

    Re: Banddruk monitors

    Ek sien Abraham het weer voorraad van die monitors.Hy verkoop ook die batterye vir die senors vir R3 elk(so adverteer hy) en ek het met n ma se gesukkel gekry vir R25 elk en ek moes ses koop,hoop net die goed hou vir n lang tyd anders gaan n band my goedkoper uitwerk op die lang duur.

  12. #12
    4x2 Johan Smit's Avatar
    Aangesluit
    07-12-11
    Plek
    Parys
    Boodskappe
    4
    Wat ry jy?
    Navara 2.5 OME LRT
    Gunstelingplekke
    Enige plek in Suider Afrika
    Regte naam
    Johan Smit

    Re: Banddruk monitors

    Hier is my ondervinding - vir wat dit werd is:
    Ek het myne saam met my 2e handse voertuig gekoop, en het geen idee van die maak/model nie. Al wat ek weet is dat die sensors binne teen die rim gemonteer is.
    Die ding wys die banddruk, en temperatuur van elke band. Ek het nie eers geweet mens kry die tipes wat op die valve gemonteer word nie, maar die voordeel van dit is dat jy dit op die spaarwiel kan sit as jy wiele ruil (glo ek). Dis iets wat nou nie met die interne sensor-tipe werk nie.
    Ek verbeel my ook dat die een wiel op myne nie reg gekalibreer is nie, en sal graag wil hoor wat ouens sê of mens dit kan oorkalibreer of moet vervang.
    Maar tog het dit my al twee keer met sy alarmpie gewaarsku van lae druk voor die band skade gekry het.
    4X4 X faith

  13. #13
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    20-12-11
    Plek
    Bethlehem
    Boodskappe
    122
    Wat ry jy?
    Landrover Discovery 3 TDV6 SE, langafstand tenk, ARB buffer, wen-as
    Regte naam
    Bokkie

    Re: Banddruk monitors

    Ek het altwee tipes op 2 van my motors. 'n "Tireguard" wat baie gerieflik bo-op die klep skroef, met 'n koordlose instrument nie baie groter as 'n vuurhoutjie dosie. As die batterye van die instument nie pap is nie, aktiveer die instrument vanself as daar enige beweging in die motor is, maw dit skakel sommer vanself aan. Wat ook lekker is vir ouens soos ek wat bietjie tegnologies gestremd is, as jy wielie ruil moet jy net sorg dat die monitors weer op dieselfde posisie van die bande geplaas word soos oorpronklik geinstalleer. Op my ander motor het ek die stel van "Orange" wat binne in die rim geplaas word. Werk vanaf die sigaretsok en die "display" is vir my beter en makliker om te verstaan. Van die monitors is egter beskadig met die opsit van nuwe bande(ek het die bande weer laat aftrek om te sien of die mense by die bande plek dit nie seergemaak het nie, maar kon geen sigbare skade sien nie) Ek het ook daar rondgestaan om seker te maak dat hul die bande weer op oorspronklike posisies terugplaas. Ek het egter Nitrogen in daai bande laat sit en sal graag wil hoor of dit moontlik die monitors laat groet het.
    Last edited by Bokkie; 07-03-12 at 15:33.

  14. #14
    4x2 met ewenaarslot Kekpiet's Avatar
    Aangesluit
    10-12-11
    Plek
    Marble Hall
    Boodskappe
    61
    Wat ry jy?
    2011 VW Amarok 150Kw BiTDi Four Motion Race Chip Pro. African Outback Alu Kappie, Doelgemaakte Laai
    Gunstelingplekke
    Weskus en Namib.
    Regte naam
    Pieter Swart

    Re: Banddruk monitors

    Ek het Tiregaurd op my Amarok. Die stelsel is baie eenvoudig en jy kan dit uitbrei tot 26 wiele. Jy kry 6 monitors in die stel en jy kan ekstra bykoop. Ek het nou al twee alarms gekry, en dus nou al twee bande gespaar. So die stelsel het homself nou al dubbel en dwars self betaal. Het wel net kort kleppe laat opsit op my vellings, en nou steek hulle nie meer verby die band uit nie.
    Ek het nog net twee batterytjies op die monitors vervang. hirdie is regtig 'ngadget wat werk en die moeite werd is, en wat ek sal aanbeveel.
    Kekpiet.
    Kom ons toon respek vir mekaar, en laat die son oor almal skyn!

  15. #15
    4x4 met laestrek Alibaba's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Bellville
    Boodskappe
    495
    Wat ry jy?
    Lucky is 'n Toyota Hilux 2,2 petrol, 1992-model. OME-bladvere, Gabriel Safaris, BFG KM2 Muds.
    Gunstelingplekke
    Krugerwildtuin, Mosambiek (enige plek), Weskus Nasionale Park, Sederberg, Noordooskaap, Lesotho ens.
    Regte naam
    Ali van Wyk

    Re: Banddruk monitors

    Ons sal kyk na 'n artikel.


    "In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman

    Ali van Wyk
    Tel. +27 21 443 9831
    ali@wegry.co.za
    HEELPAD GRONDPAD!

  16. #16
    4x4 met laestrek Bastian Bakkes's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kareedouw distrik
    Boodskappe
    266
    Wat ry jy?
    FJ Cruiser , EFS veerstelsel , African Outback laaie . Soms 3.0 D4D Hilux DC Outo 4x4 met EFS vere
    Gunstelingplekke
    Hoe groter die duin , des te beter
    Regte naam
    Bastian

    Re: Banddruk monitors

    Buks , jy moet bietjie laat weet hoe jy die stelsel ervaar , ek stel ook belang daarin .

  17. #17
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    07-12-11
    Plek
    Alberton
    Boodskappe
    107
    Wat ry jy?
    ISUZU FRONTIER 320 V6 4X4 Model:2000 Km:132000 Ekstras:Laai stelsel,dubbel battery stelsel
    Regte naam
    Buks Venter

    Re: Banddruk monitors

    Bastian,ek het my stelsel tweede hands gekoop en het net probleme gehad van dag een.Op pad terug van die Addo het ek en die monitor n menings verskil gehad.So ek het nie meer so n stelsel nie.Mens kan nie so sukkel terwyl jy bestuur en dan is ma hier langs my ook op side bands nie.My geduld was tot op die uiterste getoets.

  18. #18
    4x4 met laestrek Bastian Bakkes's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kareedouw distrik
    Boodskappe
    266
    Wat ry jy?
    FJ Cruiser , EFS veerstelsel , African Outback laaie . Soms 3.0 D4D Hilux DC Outo 4x4 met EFS vere
    Gunstelingplekke
    Hoe groter die duin , des te beter
    Regte naam
    Bastian

    Re: Banddruk monitors

    Ek het inligting oor 2 soorte monitors nl. Tireguard @ R 1550 en Tyre Dog @ R 2622 . Dit lyk my albei draai jy op die klepsteel ipv die gewone proppie . Ek het op ander forums bietjie opgelees oor beide . As ek 'n afleiding kan maak uit die forum se bespreking , is die goedkoper een nie noodwendig 'n swakker keuse nie , albei werk op dieselfde manier .

  19. #19
    4x4 met agterste ewenaarslot Wynand's Avatar
    Aangesluit
    13-01-12
    Plek
    Bly in Richardsbaai, maar werk in Luanda
    Boodskappe
    884
    Wat ry jy?
    Ford Ranger. 3.2 D/K 4x4 Auto.
    Gunstelingplekke
    Klein Karoo
    Regte naam
    Wynand Kruger

    Re: Banddruk monitors

    Bastian,

    Ek het nie een van die goete nie, maar ek het nou al heelwat opgelees oor hulle,. Die een wat jy die sendertjie op die klep opskroef, se batterytjie kan mens blybaar vervang, maar mens sukkel blykbaar om hulle in die hande te kry. Die een wat binne in die band sit is geseel, maar die battery is blykbaar goed vir omtret 7 jaar (Lithium Battery)

    Die schlep met die eksterne een is dat hy maklik beskadig, maklik gesteel word, an as mens die sluit meganisme gebruik, is dit 'n missie om hom af te haal om jou bande se lug uit te laat of te pomp. Wat baie ouens egter doen is om 'n tweede klep aan die binnekant van die velling te laat installeer waarop hulle dan die sendertjie vasmaak, met die sluit meganisme. So, jy sit hom op en vegeet van hom. Kos natuurlik dat jy jou bande afhaal en 'n gat boor vir die nuwe klep.
    Last edited by Wynand; 27-02-12 at 19:19.

  20. #20
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    07-12-11
    Plek
    Alberton
    Boodskappe
    107
    Wat ry jy?
    ISUZU FRONTIER 320 V6 4X4 Model:2000 Km:132000 Ekstras:Laai stelsel,dubbel battery stelsel
    Regte naam
    Buks Venter

    Re: Banddruk monitors

    Ek het die Tireguard gehad met die sensors op die kleppe.Betaal vir die batterye in die sensors R25 elk en sien toe die ou wat die goed invoer vra R3 elk.Ek het ses gekoop.Dit staan op my voorkop geskryf.

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •