Bladsy 1 van 2 1 2 LaasteLaaste
Resultate 1 tot 25 van 27

Draad: Nuweling!

  1. #1
    4x2 Ters's Avatar
    Aangesluit
    30-07-12
    Plek
    Pretoria,Suid Afrika
    Boodskappe
    7
    Wat ry jy?
    2000 Jeep Grand Cherokee
    Regte naam
    Tersius

    Nuweling!

    Dag mense! Wraggies in Afrikaans. Ek behoort aan talle forums, onder ander ook klassieke motor forums. Alles in Ingels.
    Wat 'n groot plesier om Afrikaans "van die teerpad af" raak te loop!

    Ek het my Jeep nou maar omtrent 2/3 maande gelede gekry, so ek is nog baie nat agter die ore met die veld ry goete.... Ek
    beloof egter om haar vuil te smeer, eendag. ( ek was my eie speelgoed!) 2000 Model Grand Cherokee met Old Man Emu 4" hoër onderstel en Maxxis Bighorn's.

    Ek is eintlik 'n klassieke voertuig persoon, en het nooit gedink ek sal 'n 4x4 besit nie. Hoe ek aan die Jeep gekom het is 'n lekker storie
    wat ek nog met julle sal deel.

    Lekker om deel te wees van hierdie forum!

    Ters.Click image for larger version. 

Name:	DSC00657.jpg 
Views:	45 
Size:	44.0 KB 
ID:	6595

  2. #2
    4x4 met laestrek
    Aangesluit
    13-03-12
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    442
    Wat ry jy?
    Mitsubishi Colt 3.0l ....... Yster ! Suzuki Vitara 1,6 ...... Krimpvark !
    Gunstelingplekke
    Die hele SA , Botswana en Namibië
    Regte naam
    David Viljoen

    Re: Nuweling!

    Baie welkom inderdaad!
    Ja wat - jou veldry tyd sal inderdaad ook kom .... en weet dit maar .... as daai gogaa gebyt het - gaat jy baie gereeld daai Jeep moet was !

    Maar nietemin - sit nader ... gooi stomp of twee oppie vuur en gesels gerus saam.

  3. #3
    4x4 met agterste ewenaarslot jotto's Avatar
    Aangesluit
    10-02-12
    Plek
    Centurion, langs Groenkloof Natuur Reservaat
    Boodskappe
    883
    Wat ry jy?
    4x4 Pajero 3.2 Di D Home made "ARB" bumper, home made roof rack
    Gunstelingplekke
    George, Knysna, Waterberge, Laeveld
    Regte naam
    Johann

    Re: Nuweling!

    Baie welkom Ters, daai jeep van jou lyk lekker man. Geniet dit hier, en ons kyk uit vir die storie!
    Johann

  4. #4
    4x4 met twee ewenaarslotte Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    1,991
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Nuweling!

    Welkom Tersius, vertel ons meer!

    Heel paar ouens hier stel ook belang in klassieke karre sonder 4x4.
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  5. #5
    4x4 met laestrek Theuns's Avatar
    Aangesluit
    13-12-11
    Plek
    Nelspruit, Mpumalanga
    Boodskappe
    402
    Wat ry jy?
    2003 Toyota Hilux 3.0 KZTE 4x4 Dakrak Langafstand brandstof tenk AHA kampstelsel
    Gunstelingplekke
    Kgalagadi en Namibiee
    Regte naam
    Theunis Anderson

    Re: Nuweling!

    Welkom Tersius, hoop jy geniet dit om die Kampvuur.

  6. #6
    4x4-grondpadkar Let's Play's Avatar
    Aangesluit
    15-12-11
    Plek
    Garsfontein, Pretoria
    Boodskappe
    185
    Wat ry jy?
    Toyota Hilux 3l D-4D 4x4 D/C wat so paar goeters aan het met 'n goed ingerigte kampwa met 'n huis bo
    Gunstelingplekke
    Enige plek in die land waar ek nog nie was nie!
    Regte naam
    Hennie Beukes

    Re: Nuweling!

    Baie welkom!! Jy sal nog agterkom dat hier is fotos en stories, so saam met die hout, altyd welkom.



    Hennie Beukes
    "As jy iets wil hê wat jy nog nooit gehad het nie, moet jy iets doen wat jy nog nooit gedoen het nie"

  7. #7
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,488
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Nuweling!

    AMPER mis ek om jou ook welkom te heet en te verwelkom inni groep -- Baie welkom, en dankie jy ook ingeklim het..
    Gee die spietkoppe jou nie faains oor daai witverbleikte nommerplaat nie?
    Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
    http://outreach2africa.co.za/

  8. #8
    4x4 met twee ewenaarslotte jacques odendal's Avatar
    Aangesluit
    30-01-12
    Plek
    Kuilsrivier.
    Boodskappe
    1,134
    Wat ry jy?
    76 lc stasiewa & 79 lc bakkie diesels
    Gunstelingplekke
    Hoe willer hoe beter.
    Regte naam
    Jacques Odendal

    Re: Nuweling!

    ters!
    Laat waai met daai ou wiele stories & foudies. Geniet die vuur.
    Dit makie sakie! Wanneer ry ons?

  9. #9
    4x4 met agterste ewenaarslot Sven Opperman's Avatar
    Aangesluit
    27-01-12
    Plek
    Pretoria Centurion
    Boodskappe
    587
    Wat ry jy?
    "Ou Piet"2010 Land Rover Discovery 4 SE (Toyota eater) & 2011 hyundai I20
    Gunstelingplekke
    Daar waar "Ou Piet" my kan vat!
    Regte naam
    Sven Opperman

    Re: Nuweling!

    Welkom Ters.

    Glo jy sal dit hier geniet.
    Gaan GROOT.....of gaan huis toe!

  10. #10
    4x2 met ewenaarslot Doofinsmurtch's Avatar
    Aangesluit
    18-05-12
    Plek
    Pretoria
    Boodskappe
    84
    Wat ry jy?
    Pajero 3.2 DiD, SWB ! 'n Witte! Chrome BullBar met Spots! Mitchellin Tires, Tinted Windows
    Regte naam
    Jan

    Re: Nuweling!

    welkom ters,

    daai jeep blink te mooi man, gooi hom toe onder die modder en plak hom weer op man,
    jy het net ons eerste(2de) byeenkoms gemis by serendipity, die plan lykmy is om elke 3 maande bymekaar te kom ,gesig by die blikmener te sit en te kuier

    welkom dus
    ek

  11. #11
    4x4 met agterste ewenaarslot frik's Avatar
    Aangesluit
    07-12-11
    Plek
    Waterpoort
    Boodskappe
    728
    Wat ry jy?
    1 Toyota Prado 2 Willys cj2a 1946
    Gunstelingplekke
    Daar waar mooi is!
    Regte naam
    Frik Ferreira

    Re: Nuweling!

    Dagse Ters, baie welkom en vertel asb meer van die ou karre!!
    [SIGPIC][/SIGPIC]Ons ry enige plek

  12. #12
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    21-05-12
    Plek
    Heidelberg
    Boodskappe
    137
    Wat ry jy?
    Disco II 2002 GS TD5 Auto
    Gunstelingplekke
    Zimbabwe
    Regte naam
    Jaco

    Re: Nuweling!

    Baie welkom Ters

  13. #13
    4x2 Ters's Avatar
    Aangesluit
    30-07-12
    Plek
    Pretoria,Suid Afrika
    Boodskappe
    7
    Wat ry jy?
    2000 Jeep Grand Cherokee
    Regte naam
    Tersius

    Re: Nuweling!

    Quote Originally Posted by frik Lees boodskap
    Dagse Ters, baie welkom en vertel asb meer van die ou karre!!
    Dankie vir die hartlike welkom van almal!

    Ja nee, ek sal haar maar moet vuilsmeer...

    Oor die plattes, ek het 'n '62 Chev C10, 'n '68 Ford Galaxie en 'n '70 Ford Capri Perana replika. Die C10 het ek so 6 maande gelede vir die astronomiese bedrag van R 5000 gekoop! Sy het vanaf 1987 net gestaan en verweer...pla die vorige eienaar al 12 jaar om te verkoop! Twee voorwaardes was dat ek nie 'n V8 mag insit, en ook nie vlamme opverf nie....! Alles nog werkende toestand, behalwe die remme. Self haar dak liggie het aangegaan toe ek en my seun 'n battery koppel!! So 2 dae gesukkel om haar te laat vat, nuwe waterpype, termostaat, fonkproppe net skoongemaak ens. Verkoeler gespoel en vergasser skoongemaak, en siedaar!! Dit is hoekom ek so van die Chevy's hou. Weet nie hoekom het ek 3 Fords en net die een Chev nie?( my heeldag kar is 'n Bantam.) Sy kort baie aandag, maar is 'n lekker projek vir my en my 15 jarige seun.

    Die '68 Galaxie het ek geruil vir 'n vurkhyser. Net omdat sy 'n LTD is, met die hoofligte wat toemaak, wou ek haar besit. En natuurlik die geluid van haar 6.5 liter V8 (390ci). Die verfskema is ek nie mal oor nie, maar dit trek ontsettend aandag, en ook die grom van haar kant uitlaatstelsel. Ek voel soos die burgermeester as ek met haar ry, almal waai en wil fotos neem!!

    Sjoe, nou die Capri. Ek het 'n Audi A6 gehad, die vorige rondegat vorm. Puik voertuig, met geen waarde as hul ouer as 10 jaar is nie. En ook 'n '58 Ford Custom 300 V8.
    Ek wou die '58 verkoop om 'n '48 Chev Fleetmaster te koop, en het oral geadverteer. 'n Potensieële koper het kom kyk, en toe belang gestel in my A6, wat nie te koop was nie!! Hy bied my toe die Capri aan in ruil vir die Audi. Voor vroulief kon mmmm of baaa, het ek die Perana gehad! Sy het natuurlik sanksies toegepas....dit was ons familiekar wat ek gesmous het vir die klein oranje gevaarte!

    Maar ons boerklonge ken mos van planne maak.'n Maat van my in Bela Bela smous met karre, veral oues. Hy het die Jeep uit 'n vorige transaksie bekom, ek moes plan maak om weer die ma van my kinners se guns te wen... Bied hom my '58 en 'n paar $ aan, en voila, ma glimlag, ek loop weer soos 'n tropleier breë bors rond, en die 4x4 staan op my werf!!

    Nou is my vingers stomp gepik op die sleutelbord....dan voel dit nog of iemand die letters skommel ook!!
    Hier is 'n paar kiekies, tot later mense. Julle is 'n gawe klomp!!

    Ters.
    Aangehegte duimnaelsketse Aangehegte duimnaelsketse DSC00615.JPG‎   DSC00614.JPG‎   1326836002505.jpg‎   DSC00622.JPG‎   DSC00624.JPG‎  

    DSC00636.JPG‎   DSC00632.JPG‎  
    Plat karre: '62 Chevy C10, '68 Ford Galaxie LTD, '70 Ford Capri Perana replika, '06 Ford Bantam en '06 Getz.
    Dit is die glimlag per kilometer, nie kilo per liter, wat saak maak!

  14. #14
    4x4 met agterste ewenaarslot jotto's Avatar
    Aangesluit
    10-02-12
    Plek
    Centurion, langs Groenkloof Natuur Reservaat
    Boodskappe
    883
    Wat ry jy?
    4x4 Pajero 3.2 Di D Home made "ARB" bumper, home made roof rack
    Gunstelingplekke
    George, Knysna, Waterberge, Laeveld
    Regte naam
    Johann

    Re: Nuweling!

    Jis ou Ters, maggies mar dis n mooi klomp wiele wat jy daar besit. Kan net glo hoe daai kant exhorst klink, lekker man. Geniet hulle.
    Johann

  15. #15
    4x4 met twee ewenaarslotte Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    1,991
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Nuweling!

    Mooi!
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  16. #16
    4x4 met agterste ewenaarslot frik's Avatar
    Aangesluit
    07-12-11
    Plek
    Waterpoort
    Boodskappe
    728
    Wat ry jy?
    1 Toyota Prado 2 Willys cj2a 1946
    Gunstelingplekke
    Daar waar mooi is!
    Regte naam
    Frik Ferreira

    Re: Nuweling!

    Ters,
    Baie mooi karre, daai 58 Ford was darem die kar van sy tyd hoor. Sy boetie, die 57 was net so n mooi kar. Een Ford wat ek nie meer sien nie is die 57 Ranchero bakkie. My hart le by daai ou karre!!!
    [SIGPIC][/SIGPIC]Ons ry enige plek

  17. #17
    4x4 met laestrek iondb's Avatar
    Aangesluit
    13-02-12
    Plek
    Pretoria
    Boodskappe
    289
    Wat ry jy?
    2009 Suzuki Grand Vitara 2.4 Auto
    Regte naam
    Jacques

    Re: Nuweling!

    Pragtige mouters daai!!!

  18. #18
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    20-12-11
    Plek
    Bethlehem
    Boodskappe
    122
    Wat ry jy?
    Landrover Discovery 3 TDV6 SE, langafstand tenk, ARB buffer, wen-as
    Regte naam
    Bokkie

    Re: Nuweling!

    Ters, baie welkom. Ek weetnie of jy al vantevore van die Forums gelees het nie, maar ek is ook 'n groot "ou karre" fanatikus. My oë het amper uitgeval toe ek die '58 Fairlane sien, want ek soek een. Maar as ek tussen die lyne lees het jy hom verkoop??
    Moet nooit ophou droom nie - wanneer jy ophou droom , sal jy nog leef, maar jy sal nie meer lewe nie!

  19. #19
    4x2 met ewenaarslot Doofinsmurtch's Avatar
    Aangesluit
    18-05-12
    Plek
    Pretoria
    Boodskappe
    84
    Wat ry jy?
    Pajero 3.2 DiD, SWB ! 'n Witte! Chrome BullBar met Spots! Mitchellin Tires, Tinted Windows
    Regte naam
    Jan

    Re: Nuweling!

    Moeder!! ek is nou so depro na die fotos en groen van jaloesie, ek sit sommer vir my pajero vlamme op met n V8 in, gaan jy hulle skou Sondag by Zwartkops!! Cars in the park, hulle sal beslis aandag daar trek Ters!! mooi versameling daai mater, moenie daai jeep nou gaan staan en ruil nie, ander moet jy daai fairlane op n 4x4 chassy sit!! om te kom saamry volgendekeer

  20. #20
    4x2 Ters's Avatar
    Aangesluit
    30-07-12
    Plek
    Pretoria,Suid Afrika
    Boodskappe
    7
    Wat ry jy?
    2000 Jeep Grand Cherokee
    Regte naam
    Tersius

    Re: Nuweling!

    Click image for larger version. 

Name:	17251_1164951578732_1676182516_339933_7444273_n.jpg 
Views:	27 
Size:	43.3 KB 
ID:	6673

    QUOTE=Bokkie;17107]Ters, baie welkom. Ek weetnie of jy al vantevore van die Forums gelees het nie, maar ek is ook 'n groot "ou karre" fanatikus. My oë het amper uitgeval toe ek die '58 Fairlane sien, want ek soek een. Maar as ek tussen die lyne lees het jy hom verkoop??[/QUOTE]

    Bokkie, die '58 het ek verruil vir my Jeep. Dit is egter 'n Custom 300, identies dieselfde as die Fairlane van daardie tyd. Al verskil is die naat van die Fairlane se agterstewe, loop met 'n boog na onder op die agterdeur, waar die Custom s'n reguit aanloop, en kleiner word op die agterdeur. Sy is nog te koop vanaf die maat van my in Warmbad. As jy wil sal ek sy kontakbesonderhede pos? Haar spesifikasies; 332ci ( 5.2 lit.) V8, 3 spoed handrat soos gemonteer in die fabriek. Dan BMW 7 reeks skuifremme voor, met 'n Ford Ranger se rem silinder. 18" duim wiele met splinter nuwe bande!

    Ek is erg verslaaf aan die ou goed, en sou nog 20 van hulle wou gehad het as my minister van finansies( vrou!) net wou instem. Laat my weet oor my vriend se nommer, ek pos dit met graagte.

    Ters.
    Aangehegte duimnaelsketse Aangehegte duimnaelsketse 17251_1164951658734_1676182516_339935_5965107_n.jpg‎  
    Plat karre: '62 Chevy C10, '68 Ford Galaxie LTD, '70 Ford Capri Perana replika, '06 Ford Bantam en '06 Getz.
    Dit is die glimlag per kilometer, nie kilo per liter, wat saak maak!

  21. #21
    4x2 Ters's Avatar
    Aangesluit
    30-07-12
    Plek
    Pretoria,Suid Afrika
    Boodskappe
    7
    Wat ry jy?
    2000 Jeep Grand Cherokee
    Regte naam
    Tersius

    Re: Nuweling!

    Quote Originally Posted by frik Lees boodskap
    Ters,
    Baie mooi karre, daai 58 Ford was darem die kar van sy tyd hoor. Sy boetie, die 57 was net so n mooi kar. Een Ford wat ek nie meer sien nie is die 57 Ranchero bakkie. My hart le by daai ou karre!!!
    Ai Frik, al my binnegoete bewe as ek die ouer karre sien! Daar is 'n 1957 Ranchero te koop op "Gumtree"!! Lieflike trokkie met 351ci (5.8 lit V8)! Vêr van oorspronklik, maar puik kondissie. Laaank gelede het ek 'n 1955 Chev gehad, maar moes verkoop toe my vorige werkgewer gelikwideer word. Karre van die 50's en 30's is vir my die top wat mooiheid betref. Ek wil nog 'n 30's Chev of Ford besit.....!!

    Ters.
    Plat karre: '62 Chevy C10, '68 Ford Galaxie LTD, '70 Ford Capri Perana replika, '06 Ford Bantam en '06 Getz.
    Dit is die glimlag per kilometer, nie kilo per liter, wat saak maak!

  22. #22
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,488
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Nuweling!

    ek soek al van ek begin werk het in '69 na 'n 1948 Pontiac ... oupa het een gehad .. pikswarte
    Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
    http://outreach2africa.co.za/

  23. #23
    4x2 Ters's Avatar
    Aangesluit
    30-07-12
    Plek
    Pretoria,Suid Afrika
    Boodskappe
    7
    Wat ry jy?
    2000 Jeep Grand Cherokee
    Regte naam
    Tersius

    Re: Nuweling!

    Quote Originally Posted by Doofinsmurtch Lees boodskap
    Moeder!! ek is nou so depro na die fotos en groen van jaloesie, ek sit sommer vir my pajero vlamme op met n V8 in, gaan jy hulle skou Sondag by Zwartkops!! Cars in the park, hulle sal beslis aandag daar trek Ters!! mooi versameling daai mater, moenie daai jeep nou gaan staan en ruil nie, ander moet jy daai fairlane op n 4x4 chassy sit!! om te kom saamry volgendekeer
    Ja Doofinsmurtch, ek gaan Sondag Zwartkops toe! Sal defnitief met die Galaxie gaan, miskien ook met my Capri. Ek is besig om nuwe onderstel rubbers in te sit, sommer ook wiellaers en skokbrekers ook. Kosmeties het sy nog werk nodig, maar ek hou van 'n "lopende" projek. Kom groet as jy die vlamme sien!

    Ek sal graag saam met julle in die modder wil kom speel, maar die verste wat ek van die teerpad af was, is die sypaadjie voor my huis!

    Ters.
    Plat karre: '62 Chevy C10, '68 Ford Galaxie LTD, '70 Ford Capri Perana replika, '06 Ford Bantam en '06 Getz.
    Dit is die glimlag per kilometer, nie kilo per liter, wat saak maak!

  24. #24
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    20-12-11
    Plek
    Bethlehem
    Boodskappe
    122
    Wat ry jy?
    Landrover Discovery 3 TDV6 SE, langafstand tenk, ARB buffer, wen-as
    Regte naam
    Bokkie

    Re: Nuweling!

    Dankie Ters, ek het my nommer by Privaat boodskappe gelos. Ek sien hier kom alweer huismoles........het haar gesê ek gaan nie weer met ou karre lol nie
    Moet nooit ophou droom nie - wanneer jy ophou droom , sal jy nog leef, maar jy sal nie meer lewe nie!

  25. #25
    4x4 met agterste ewenaarslot frik's Avatar
    Aangesluit
    07-12-11
    Plek
    Waterpoort
    Boodskappe
    728
    Wat ry jy?
    1 Toyota Prado 2 Willys cj2a 1946
    Gunstelingplekke
    Daar waar mooi is!
    Regte naam
    Frik Ferreira

    Re: Nuweling!

    Bokkie,
    As die ou goed in jou bloed loop, sal hy jou nie los nie!! Ters, is daai foto van die wit Ford n 58 of 57?
    [SIGPIC][/SIGPIC]Ons ry enige plek

Bladsy 1 van 2 1 2 LaasteLaaste

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •