Dag mense! Wraggies in Afrikaans. Ek behoort aan talle forums, onder ander ook klassieke motor forums. Alles in Ingels.
Wat 'n groot plesier om Afrikaans "van die teerpad af" raak te loop!![]()
Ek het my Jeep nou maar omtrent 2/3 maande gelede gekry, so ek is nog baie nat agter die ore met die veld ry goete.... Ek
beloof egter om haar vuil te smeer, eendag. ( ek was my eie speelgoed!) 2000 Model Grand Cherokee met Old Man Emu 4" hoër onderstel en Maxxis Bighorn's.
Ek is eintlik 'n klassieke voertuig persoon, en het nooit gedink ek sal 'n 4x4 besit nie. Hoe ek aan die Jeep gekom het is 'n lekker storie
wat ek nog met julle sal deel.
Lekker om deel te wees van hierdie forum!
Ters.![]()



Antwoord met aanhaling

ters!
Dit makie sakie! Wanneer ry ons? 

dit was ons familiekar wat ek gesmous het vir die klein oranje gevaarte!
gaan jy hulle skou Sondag by Zwartkops!! Cars in the park, hulle sal beslis aandag daar trek Ters!! mooi versameling daai mater, moenie daai jeep nou gaan staan en ruil nie, ander moet jy daai fairlane op n 4x4 chassy sit!!
om te kom saamry volgendekeer
