Die ritssluiters van ons boswa se tente gly baie moeilik. Hoe kan ek hulle kry om gemaklik oop en toe te rits ?
Die ritssluiters van ons boswa se tente gly baie moeilik. Hoe kan ek hulle kry om gemaklik oop en toe te rits ?
kerswas
Laestrek het niks met joga te doen nie
Ek smeer my tent se ritsluiters met byewaks as hulle hakkerig raak. Jy kan die stafie by enige buitelewe winkel koop. Dit is reukloos en kleurloos.
Gewone koekie seep werk ook as die nood druk.
Pikkie - inderdaad goeie raad hierbo ... as niks wil werk nie, probeer gewone grafiet (daai grys goed in 'n lekker sagte potlood).
Dit verrig ook wondere.
Silicone spray R35.99 by Auto shop en dit ruik of vlek nie en jy kan dit op jou kar se deur skaniere en enige rubber gebruik
As ek nie rondry in Saluki nie dan werk ek.
BABA POEIER -- djenjin -- oompi lieg'ie .. Johnsons se baba poeier .. Hoe?? Maklik - ek sprinkel op 'n sponsie, vou die sponsie eers, en tik bikki inni slootjie, 'ry' nou daai slootjie vanni sponsie oor die ritse .. maar kerswas werk ook en sunlightseep [die GROENE] werk ook - maar baba poeier wen ammal.
Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
http://outreach2africa.co.za/