Ek is nuut hier op die forum en kort bietjie raad. Ek het 'n Toyota Fortuner 2006 model 4x2. ek gaan nou nuwe bande en skokbrekers op sit, Wat sal die beste band/vering kombinasie wees. Dis maar so 50/50 teer en grondpad verhouding en dan ook natuurlik grond paaie wat sommige mense as 4x4 roetes beskou. Ek ry nie tans 4x4 roetes nie maar slegs grond pad, sinkplaat grondpad en "ou" grondpad.
Landcruiser 4.2D Bakkie, Colt 2.8 TDI 4x4 Rodeo beide volledig vir Overlanding en Jetta 2L Turbo
Gunstelingplekke
Baie plekke in Afrika maar Mosambiek, die Delta en Caprivi is groot gunstelinge.
Regte naam
Pierre de Wet
Re: Toyota Fortuner 2006
Bridgestone Dueller A/T (D693 as ek reg onthou) en Monroe Gasskokbrekers is 'n goeie kombinasie en goeie waarde vir geld vir wat jy met jou voertuig doen.