Resultate 1 tot 6 van 6

Draad: Papwiel in Khorixas

  1. #1
    4x2 met ewenaarslot FJ Cruiser's Avatar
    Aangesluit
    13-06-12
    Plek
    Centurion
    Boodskappe
    30
    Wat ry jy?
    Toyota Hilux 2.5 D4D Double CAb (2013) Custom leather interior, Dual Battery System, Compressor, SA
    Gunstelingplekke
    NAMIBIE
    Regte naam
    Sean O'Brien

    Papwiel in Khorixas

    Click image for larger version. 

Name:	FJ Twyfelfontein NAM.jpg 
Views:	51 
Size:	89.9 KB 
ID:	6307Click image for larger version. 

Name:	FJ Flat in Khorixas NAM.jpg 
Views:	51 
Size:	60.6 KB 
ID:	6303

    Click image for larger version. 

Name:	Birds of a Feather!.jpg 
Views:	50 
Size:	68.7 KB 
ID:	6304Click image for larger version. 

Name:	DSC_1342.jpg 
Views:	51 
Size:	38.6 KB 
ID:	6305Click image for larger version. 

Name:	DSC_1343.jpg 
Views:	51 
Size:	43.2 KB 
ID:	6306

    Nou ja, wie het gese mens kry nie goeie diens in die boendoes van Namibia nie. Ons was nou onlangs op vakansie in Namibie, en terwyl ons in Khorixas gebly het, een oggend oppad Twyfelfontein toe 'n papwiel opgemerk, so die moes inderhaas reggemaak word voor ons in die pad kon val. Aangesien daar 'n vulstasie was regoorkant die pad besluit ek toe daar is geen manier wat ek nou die "repair kit" gaan uithaal en dit self doen nie, en dit is mos aanvaarbaar om die locals te ondersteun.

    Verrassing (of was dit?), geen sulke tipe diens beskikbaar by die (welbekende handelaar) nie. Beduie my to na die "local tyre repair man" so oppad uit die dorp uit. Daar aangekom maar lekker skepties gekyk na die spulletjie, en sowaar die vet, ek moes my "woorde" sluk. Handgereedskap of te not, die mannetjie het een fantastiese taak verrig, sonder enige krappe aan die velling, en nogal met die regte PPE aangetrek ook (gehoorbeskerming en brille) toe hy nou die band lap. En "Nee meneer, ons gebruik nie daai wat jy in die band insteek nie, ons "patch" hom behoorlik binnekant." R75 later en ek is oppad! Wat 'n wonderlike ervaring. SELFS DIE PLAASLIKE POU WAS TEVREDE! Het die mannetjie sommer 'n GROOT tip gegee!

    En daar staan ek en die "chief" met 'n lekker koue bier so 'n ruk later na een asemrowende uitstappie na Twyfelfontein.

  2. #2
    4x4 met agterste ewenaarslot J.J.'s Avatar
    Aangesluit
    04-01-12
    Plek
    Nelson Mandela Bay
    Boodskappe
    905
    Wat ry jy?
    Isuzu 300 LX 4X4 DC. Dubbel battery vir Engel yskas. BMW 525i. Yamaha Scooter. Chev Sparkie
    Gunstelingplekke
    Drakensberge, Addo N.P., Afrika noord van ons, enige stil 2 spoor.
    Regte naam
    J.J. Zwiegers

    Re: Papwiel in Khorixas

    Stem saam, ons moes al verskeie kere van hierdie "agterplaas innie woonbuurt" dienste gebruik maak en was elke keer tevrede.

    Ons sleepwa se vere het eenkeer in Pondoland los gebreek. By Lusikisiki het ons by 'n "panelbeater" aangeklop wat onmidellik al sy werk gelos het en die waentjie dadelik gesweis het. Hy wou geen betaling hê nie omdat hy jare laas 'n wit klieënt gehad het. Ek het hom R100 innie sak gestop en gesê dan moet hy net vir die vrou chocolates koop.

  3. #3
    4x2 met ewenaarslot FJ Cruiser's Avatar
    Aangesluit
    13-06-12
    Plek
    Centurion
    Boodskappe
    30
    Wat ry jy?
    Toyota Hilux 2.5 D4D Double CAb (2013) Custom leather interior, Dual Battery System, Compressor, SA
    Gunstelingplekke
    NAMIBIE
    Regte naam
    Sean O'Brien

    Re: Papwiel in Khorixas

    Pragtige storietjie van jou! Wys jou net, weg van die beskawing het mense nog respek vir mekaar!

  4. #4
    4x4 met twee ewenaarslotte Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    1,991
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Papwiel in Khorixas

    Ook soortgelyke diens op 'n saterdagmiddag in Maun gekry toe 'n vriend se dakrak gebreek het.
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  5. #5
    4x2 Muishond's Avatar
    Aangesluit
    16-05-12
    Plek
    Stellenbosch
    Boodskappe
    9
    Wat ry jy?
    N/A
    Gunstelingplekke
    Die volgende een.
    Regte naam
    Cobus Brits

    Re: Papwiel in Khorixas

    Hello Sean

    Ons was eenkeer in Nsanje, Malawie se mees suidelike dorpie gewees waar 'n malariamuskiet 'n Amerikaanse reisgenoot teruggesteek het Texas toe. Ewenwel, onder 'n boom hang 'n bordjie 'welding shop' maar ek sien niks. Dis eers toe ek die 'aircooled' masjien - 'n kale klein transformertjie en 'n klompie gaar koorde onder die reuse boom sien dat ek besef die man langs dit is die 'local weldor'. Ek moes glimlag want dit was die mees basiese 'shop' ooit maar dit was verseker een van die groot besighede in die dorp.
    Ons het hom darem nie nodig gehad nie maar moes mooitrap tussen al die drade wat kronkel na die naaste kragpunt.

    Malawiers noem 'n muskiet mos 'n tsoe-tsoe. Daar was baaaie van hulle.

    Groete


    "Long voyages, great lies"

  6. #6
    4x2 met ewenaarslot FJ Cruiser's Avatar
    Aangesluit
    13-06-12
    Plek
    Centurion
    Boodskappe
    30
    Wat ry jy?
    Toyota Hilux 2.5 D4D Double CAb (2013) Custom leather interior, Dual Battery System, Compressor, SA
    Gunstelingplekke
    NAMIBIE
    Regte naam
    Sean O'Brien

    Re: Papwiel in Khorixas

    Maggies Muishond, het ek nou jou storie geniet!

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •