Ons het so bietjie gaan rondry by Groenkloof se 4x4 roete. Dit was nogal lekker gewees. Broertjie het maar gehelp met lyne kies en geloer na die klippie wat dalk in die pad kon wees.
![]()
Ons het so bietjie gaan rondry by Groenkloof se 4x4 roete. Dit was nogal lekker gewees. Broertjie het maar gehelp met lyne kies en geloer na die klippie wat dalk in die pad kon wees.
![]()
Jacques, dis regs langs my hiis man, jy moes laat weet het dan het ek saam kom speel. My ketel en yskas werk ook!
Johann
Sjoe Jacques, daardie gat is baie dieper as wat hy op die foto lyk. Wel gedaan!
jotto: Ek sal dit in gedagte hou wanneer ons weer gaan.
Paula: Ja, hy is blerrie diep vir 'n "first-timer" Selfs met die bergfiets is dit 'n lekker gat daai.
Jacques, jy moet daai roete bietjie ry as hy nat is, dis dan wanneer hy mense uitvang!
Nietemin, goed gedoen!
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...
Ja, ek het so gehoor. Sal maar eers nog bietjie ondervinding opbou en my tjor beter leer ken voordat ek daai ernsitge rotes gaan aanvat.
Jacq i .. seg vi oompie - mat waater banddruk is my daar deur?
Het jy die deel op die 6 foto [laaste een] ook gery ?
Dit lyk darem baie rof .. ek weet nie of ek die moed gaan he om hom aan te durf nie?
Daai gat is ook vrek diep, hy's dan dieper as jou Zook ..
Knapgedaan man.. ek moet hom ook gaan andurf as ek van Botsw/Zamb/Zimb uitreik af terug is..
Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
http://outreach2africa.co.za/
Ja. Ons het die no 6 ook gery. Ek het 1.8bar probeer en dit het goed gevoel. Nie dat ek baie ondervinding het met die soort ding nie. Ja, daai gat is lekker diep.
Jacques, ek sou voorstel dat jy volgende keer so 1.5 Bar probeer, daai broodblik is mos lekker lig.
Terwyl daai gat baie diep is, en jy wel jou kar daar kan versuip as hy regtig vol is (toets eers voor jy deurry), is dit nie regtig 'n moeilike hindernis nie.
Die laaste foto se hindernis is lekker uitdaging, maar as hy nat is, is dit daardie eerste foto se hindernis wat jy moet dophou. Hy raak lekker glad daar!
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...
Die broodblik weeg 1.6ton ongelaai. Vir my klink dit maar aan die swaar kant......Daai Patrol is seker amper aan die verkeerde kant van 2 ton.
2066kg is wat die plakker op die venster se. Maar gewoonlik kan jy seker maklik 400kg-600kg daar bytel.
Rotsglystawe, beskermplate onder, yskas en laaistelsel, dakrak, hoogligdomkrag, afdak, daktent, familie in die kar en tot 200l brandstof tel alles op.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...