Hallo almal,
Dis darem snaaks hoe die dinge werk...ek het 'n land cruiser 60 series gehad voor Spyker, sy naam was Wasabi (sy kleur, matt olive drab). Ek het vir jare aan hom gebou en gewerkskaf en hy was reg vir enigiets. Hy het een HELSE fout gehad...sy dors het my ondergekry. Ek adverteer hom toe om te sien of ek my prys sou kry, en Hennie van Kimberley kom haal hom, nog voor ek my oe kan uitvee is hy weg. En daar sit ek laas week saterdag...sonder 'n 4x4. Ek kry myself toe jammer en gaan kyk op gumtree vir ietsie ligter op die galopsop. En daar sien ek hom, 'n Hilux, nie enige Hilux nie, maar so 'n baba blou een...dis mos Spyker!
Ek bel dadelik, die prys is meer as reg, en om 'n storie kort te maak, hy staan nou onder sy afdak langs my slaapkamer venster.
Daar is nie veel om te doen op Spyker nie, als is daar. So dit beteken ek laai net vir Mamma in en ry en geniet.
My kleinding maak sy verskyning in Augustus, maar ons sal hom uittoets voor dan met 'n lekker kamp!
Lekker om hier te wees
Kevin



Antwoord met aanhaling




. Maak net seker jy sluit hom mooi, daai bakkie sit naby aan my hart... 
kevin.
Dit makie sakie! Wanneer ry ons? 
.............................
