Resultate 1 tot 18 van 18

Draad: Spyker se nuwe baas.

  1. #1
    4x2
    Aangesluit
    12-06-12
    Plek
    Gordonsbaai.
    Boodskappe
    2
    Wat ry jy?
    Spyker
    Regte naam
    Kevin Marcal

    Spyker se nuwe baas.

    Hallo almal,

    Dis darem snaaks hoe die dinge werk...ek het 'n land cruiser 60 series gehad voor Spyker, sy naam was Wasabi (sy kleur, matt olive drab). Ek het vir jare aan hom gebou en gewerkskaf en hy was reg vir enigiets. Hy het een HELSE fout gehad...sy dors het my ondergekry. Ek adverteer hom toe om te sien of ek my prys sou kry, en Hennie van Kimberley kom haal hom, nog voor ek my oe kan uitvee is hy weg. En daar sit ek laas week saterdag...sonder 'n 4x4. Ek kry myself toe jammer en gaan kyk op gumtree vir ietsie ligter op die galopsop. En daar sien ek hom, 'n Hilux, nie enige Hilux nie, maar so 'n baba blou een...dis mos Spyker!
    Ek bel dadelik, die prys is meer as reg, en om 'n storie kort te maak, hy staan nou onder sy afdak langs my slaapkamer venster.
    Daar is nie veel om te doen op Spyker nie, als is daar. So dit beteken ek laai net vir Mamma in en ry en geniet.
    My kleinding maak sy verskyning in Augustus, maar ons sal hom uittoets voor dan met 'n lekker kamp!

    Lekker om hier te wees
    Kevin

  2. #2
    4x4 met laestrek
    Aangesluit
    13-03-12
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    378
    Wat ry jy?
    Mitsubishi Colt 3.0l ....... Yster ! Suzuki Vitara 1,6 ...... Krimpvark !
    Gunstelingplekke
    Die hele SA , Botswana en Namibië
    Regte naam
    David Viljoen

    Re: Spyker se nuwe baas.

    Kevin, Baie welkom ... ai - wat 'n gelukskoot ! Geniet daai lekker wa ... en ou mater : glo my - kleingoed maak mens se lewe elke milli-sekonde die moeite werd. Sommer by voorbaat geluk !
    Dubbele geluk dus - kleinding en Spyker ...

  3. #3
    4x4 met agterste ewenaarslot jotto's Avatar
    Aangesluit
    10-02-12
    Plek
    Centurion, langs Groenkloof Natuur Reservaat
    Boodskappe
    826
    Wat ry jy?
    4x4 Pajero 3.2 Di D Home made "ARB" bumper, home made roof rack
    Gunstelingplekke
    George, Knysna, Waterberge, Laeveld
    Regte naam
    Johann

    Re: Spyker se nuwe baas.

    Baie welkom Kevin, jy gaan dit hier geniet, en daai bakkie ook.
    Johann

  4. #4
    4x4 met twee ewenaarslotte Chris van der Merwe's Avatar
    Aangesluit
    03-12-11
    Plek
    Polokwane
    Boodskappe
    1,113
    Wat ry jy?
    Land Cruiser 80 GX 4500 Petrol alias "Obelix" . Land Cruiser 80 VX 4200 T/Diesel alias "Ku
    Gunstelingplekke
    Afrika - Suid van die Sahara
    Regte naam
    Chris van der Merwe

    Re: Spyker se nuwe baas.

    Welkom hier Kevin,bly jy het die lekkerste kampvuur in die land ontdek , hoop jy geniet !!!
    Chris.
    http://www.wegry.co.za/forum/image.php?type=sigpic&userid=68&dateline=1325073423

    Bang,Skrik en Bewe is aanwendsels

  5. #5
    4x4 met twee ewenaarslotte Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    1,964
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Spyker se nuwe baas.

    Welkom Kevin, geniet die kampvuur en vir Spyker!
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  6. #6
    4x4 met laestrek Theuns's Avatar
    Aangesluit
    13-12-11
    Plek
    Nelspruit, Mpumalanga
    Boodskappe
    396
    Wat ry jy?
    2003 Toyota Hilux 3.0 KZTE 4x4 Dakrak Langafstand brandstof tenk AHA kampstelsel
    Gunstelingplekke
    Kgalagadi en Namibiee
    Regte naam
    Theunis Anderson

    Re: Spyker se nuwe baas.

    Welkom Kevin, geniet dit om die kampvuur.

  7. #7
    4x2 buurman's Avatar
    Aangesluit
    14-05-12
    Plek
    Sabie
    Boodskappe
    18
    Wat ry jy?
    4x4 - Pajero 3.5 SWB Platkar - Fortuner 2,5 2 Wiel - BMW K1200S
    Regte naam
    Riaan van der Merwe

    Re: Spyker se nuwe baas.

    Welkom Kevin, ek is ook nog nuut hier, maar ek is bly ek het hier kom loer. Geniet Spyker.

  8. #8
    4x4 met laestrek Alibaba's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Bellville
    Boodskappe
    495
    Wat ry jy?
    Lucky is 'n Toyota Hilux 2,2 petrol, 1992-model. OME-bladvere, Gabriel Safaris, BFG KM2 Muds.
    Gunstelingplekke
    Krugerwildtuin, Mosambiek (enige plek), Weskus Nasionale Park, Sederberg, Noordooskaap, Lesotho ens.
    Regte naam
    Ali van Wyk

    Re: Spyker se nuwe baas.

    Kevin, welkom hier. Ek is bly 'n Hilux-entoesias het vir Spyker gehamer.


    "In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman

    Ali van Wyk
    Tel. +27 21 443 9831
    ali@wegry.co.za
    HEELPAD GRONDPAD!

  9. #9
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    21-05-12
    Plek
    Heidelberg
    Boodskappe
    137
    Wat ry jy?
    Disco II 2002 GS TD5 Auto
    Gunstelingplekke
    Zimbabwe
    Regte naam
    Jaco

    Re: Spyker se nuwe baas.

    Ja ek se ook welkom en geluk, geluk

  10. #10
    4x4 met laestrek mx4's Avatar
    Aangesluit
    23-01-12
    Plek
    pretoria
    Boodskappe
    271
    Wat ry jy?
    Het vir my n 2.5hilux4x4 gekry om die desertwolf mee te sleep
    Regte naam
    marius nel

    Re: Spyker se nuwe baas.

    baie geluk geniet hom duisend !!!

  11. #11
    4x4 met twee ewenaarslotte georgeb's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hartbeespoort
    Boodskappe
    1,032
    Wat ry jy?
    2006 Nissan Hardbody, 3.3, DK, 4x4, EFS veringstelsel, Nudge-M bosbreker, Frontrunner dakrak
    Gunstelingplekke
    Oral waar 4x4 nodig is....
    Regte naam
    George Brittnell
    Welkom hier by ons....is dit nou verlede jaar se Spyker?



    "Al die pad....net
    Grondpad...met die selfoon onder die blad...."
    Groete

    George Brittnell
    4x4@vodamail.co.za


  12. #12
    Administrateur Gerrie van Eeden's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Slaapstad
    Boodskappe
    548
    Wat ry jy?
    Op die oomblik, 'n Camry.
    Regte naam
    Gerrie van Eeden

    Re: Spyker se nuwe baas.

    Welkom hier Kevin, ek bly net daar om die hoek van jou in die Strand, so jy kan maar skree as jy enige vrae oor SPyker se herkoms het, of dalk iemand nodig het om hom vir vakansies op te pas, of so iets, jy weet... . Maak net seker jy sluit hom mooi, daai bakkie sit naby aan my hart...
    Daar is nooit iets soos genoeg grondpad nie.

    Gerrie van Eeden
    Joernalis - WegRy/ Journalist - Drive Out
    gerrie@wegry.co.za

  13. #13
    4x4 met twee ewenaarslotte georgeb's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hartbeespoort
    Boodskappe
    1,032
    Wat ry jy?
    2006 Nissan Hardbody, 3.3, DK, 4x4, EFS veringstelsel, Nudge-M bosbreker, Frontrunner dakrak
    Gunstelingplekke
    Oral waar 4x4 nodig is....
    Regte naam
    George Brittnell

    Re: Spyker se nuwe baas.

    'n mens weet nie wat die omstandighede is/was nie - (en deesdae is alles moontlik) - maar ek dink sommer aan 'n moratorium op die hierdie projek voertuie....wenner mag nie binne 2/3 jaar verkoop nie....?
    Groete

    George Brittnell
    4x4@vodamail.co.za


  14. #14
    4x4 met twee ewenaarslotte jacques odendal's Avatar
    Aangesluit
    30-01-12
    Plek
    Kuilsrivier.
    Boodskappe
    1,100
    Wat ry jy?
    76 lc stasiewa & 79 lc bakkie diesels
    Gunstelingplekke
    Hoe willer hoe beter.
    Regte naam
    Jacques Odendal

    Re: Spyker se nuwe baas.

    Quote Originally Posted by georgeb Lees boodskap
    'n mens weet nie wat die omstandighede is/was nie - (en deesdae is alles moontlik) - maar ek dink sommer aan 'n moratorium op die hierdie projek voertuie....wenner mag nie binne 2/3 jaar verkoop nie....?
    Ai george, sê ma nou net ouma wen die bakkie & dit staan 3 jaar by huis herfsblare.
    Dit sal so n groot verlies wees.
    kevin.
    Is bly as spyker n goeie huis gekry het. Pasop net vi gerrie, want ek dink hy soek n ander kar.
    Geniet die kampvuur.
    Dit makie sakie! Wanneer ry ons?

  15. #15
    4x2 met ewenaarslot GERHARD's Avatar
    Aangesluit
    23-01-12
    Plek
    Sir Lowry's Pas buite Somerset-wes
    Boodskappe
    71
    Wat ry jy?
    2009 Toyota Hi-Lux D/C 4X4 3D4D. 2009 Jurgens Explorer boskaravaan.2006 Toyota Hi-Lux 3D4D 4x2
    Gunstelingplekke
    Namibia,Kgalagadi,Hartenbos
    Regte naam
    Gerhard Prins

    Re: Spyker se nuwe baas.

    Welkom Kevin
    Ons bly ook net om die draai van jou, sal bietjie uitkyk vir daai bakkie.As jy die bakkie sien en jy hoor 'n getoet,weet dan dis ek wat groet.Click image for larger version. 

Name:	DSC07358.jpg 
Views:	60 
Size:	98.3 KB 
ID:	5686

  16. #16
    4x2
    Aangesluit
    12-06-12
    Plek
    Gordonsbaai.
    Boodskappe
    2
    Wat ry jy?
    Spyker
    Regte naam
    Kevin Marcal

    Re: Spyker se nuwe baas.

    Dakie almal, ek sal uitkyk vir julle hier in die Helderberg. Baie in my noppies met ou Spyker.

  17. #17
    4x2 met ewenaarslot
    Aangesluit
    21-05-12
    Plek
    Mosselbaai
    Boodskappe
    26
    Wat ry jy?
    1994 Toyota Hilux Raider 4x4 DC. Ten volle toegerus vir 'n trip vanaf Mosselbaai tot in London.
    Gunstelingplekke
    Die bos
    Regte naam
    Arno & Elize van der Merwe

    Re: Spyker se nuwe baas.

    Jy het 'n groot geluk gekry Kevin. Geniet hom.

  18. #18
    4x2
    Aangesluit
    06-06-12
    Plek
    Cape Town
    Boodskappe
    2
    Wat ry jy?
    1993 Hilux 2200 4x4 d/cab
    Regte naam
    Luigi Chisin

    Re: Spyker se nuwe baas.

    SPYKER.....JOU DORING ! .............................

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •