Het enigiemand kennis/advies oor die weste van Tanzania - ons wil graag vanaf Malawi opry teen Tanganyika Meer en paar naget daar oornag - vandaar oor Lake Victoria om Serengeti vanaf die weste by Grumeti Corridor in te ry - is dit moontlik? Hoe lank behoort dit te vat?
Landcruiser 4.2D Bakkie, Colt 2.8 TDI 4x4 Rodeo beide volledig vir Overlanding en Jetta 2L Turbo
Gunstelingplekke
Baie plekke in Afrika maar Mosambiek, die Delta en Caprivi is groot gunstelinge.
Regte naam
Pierre de Wet
Re: Tanzania "Weskus"
Ja, jy kan dit seker die Weskus noem omdat so 'n groot gedeelte langs die Tanganjika meer le. Malawi is bietjie ver oos so julle sal 'n ent moet ry om daar te kom. Ons is deur Zimbabwe en Zambie op en het naby die suidpunt van die Tanganjika meer in Tanzanie ingegaan. Na Dar es Salaam is ons suid wes en het toe deur Malawi teruggekom. Julle toer is heeltemal moontlik solank julle net nie in die baie nat tyd daar wil ry nie dan gaan julle te veel modder kry.
Ons het ook nie oor die Victoria meer gevaar nie maar het tot by Mwanza gery en is die Serengeti in by die westelike hek (Ndabaka). Die pad loop ver van die Tanganjika meer en ons het nie die noordelike deel by Kigoma gedoen nie. Ons het by Kipili aangedoen en deur die Katavi Nas. Park gery Mwanza toe. Ek het tracklogs van ons toer op MapSource en ook 'n verslag wat Kobie, een van die reisgenote, geskryf het. As jy dit wil he, PM my met jou email dan stuur ek dit aan.
Gaan uit by Klein's Gate aan die noordooste van die Serengeti en ry suid dan ry jy in die skeurvallei, sien Lake Natron en die aktiewe vulkaan,
Ol 'Doinyo l'Engai. Daarna kan jy Ngoro Goro toe.
Daar is 'n fantastiese nuwe kampplek by Kipili, ons ken Chris en Louise, voorheen van SA en nou permanent in Tanzanie, die eienaars daar: http://www.safaritourtanzania.com/home.html
Hi Theo. Ek en my vrou is Oktober laasjaar deur die Weste van Tanzanië. Dit is 1130 km se grondpad vanaf Tunduma tot by Nyakanazi. Ons het nie geweet dit is heelpad grondpad nie. Ons het met 200 cc Motomias (sjinese padfietsies) gery wat glad nie vir grondpad gemaak is nie. Die eerste deel was nog padwerke, maar die mense is baie vriendelik al kan hulle nie Engels verstaan nie. Vir fotos sien die Tanzanië deel van ons blog: www.crossingafrica.co.za
Ons het twee aande in Sambuwanga spandeer, twee naby Kipili (lekker plek wat ex-SAners bedryf teen die meer), een aand in Mpanda, twee aande in Kasulu (weens probleme met 'n vuil vergasser - locals het hom gefix) en een aand in Kibondo. Hierdie stuk pad was een van die hoogtepunte van ons Kaap na Kairo reis. Dit is nog relatief ongeraak deur toeriste, die plantegroei in ongelooflik en die mense is super behulpsaam en vriendelik.
Met 'n 4x4 behoort dit nie meer as 3 of 4 dae te neem nie. Ons het amper die hele stuk pad in die reen gery, wat rof was met die pad bande, maar met vier wiele behoort dit geen probleem te wees nie. Ek sou dit met my MkII Escort gemaak het.
Ons is ook deur Malawi en het een aand my Utengule Coffee Lodge buite Mbeya oornag voor ons Wes is.
Dankie Pierre. met jou en Francois se insette kon ek nou my roete sinvol aanpas - Kipili is duidelik op die agenda - so ook om Kleins Camp, Natron te besoek. My epos adres is tferreira@homeandequity.co.za - ek sal baie graag jou tracklogs en Kobie se verslag wil ontvang !