Resultate 1 tot 8 van 8

Draad: Tanzania "Weskus"

  1. #1
    4x2
    Aangesluit
    18-02-12
    Plek
    Port Elizabeth (dis n stad!)
    Boodskappe
    24
    Wat ry jy?
    Triton Dubbelkajuit, geen ekstras, geen 4x4
    Gunstelingplekke
    Addo, Mosambiek, Mauritius, Frankryk
    Regte naam
    Theo Ferreira

    Tanzania "Weskus"

    Het enigiemand kennis/advies oor die weste van Tanzania - ons wil graag vanaf Malawi opry teen Tanganyika Meer en paar naget daar oornag - vandaar oor Lake Victoria om Serengeti vanaf die weste by Grumeti Corridor in te ry - is dit moontlik? Hoe lank behoort dit te vat?

  2. #2
    4x4 met agterste ewenaarslot
    Aangesluit
    11-01-12
    Plek
    Pretoria
    Boodskappe
    581
    Wat ry jy?
    Landcruiser 4.2D Bakkie, Colt 2.8 TDI 4x4 Rodeo beide volledig vir Overlanding en Jetta 2L Turbo
    Gunstelingplekke
    Baie plekke in Afrika maar Mosambiek, die Delta en Caprivi is groot gunstelinge.
    Regte naam
    Pierre de Wet

    Re: Tanzania "Weskus"

    Ja, jy kan dit seker die Weskus noem omdat so 'n groot gedeelte langs die Tanganjika meer le. Malawi is bietjie ver oos so julle sal 'n ent moet ry om daar te kom. Ons is deur Zimbabwe en Zambie op en het naby die suidpunt van die Tanganjika meer in Tanzanie ingegaan. Na Dar es Salaam is ons suid wes en het toe deur Malawi teruggekom. Julle toer is heeltemal moontlik solank julle net nie in die baie nat tyd daar wil ry nie dan gaan julle te veel modder kry.

    Ons het ook nie oor die Victoria meer gevaar nie maar het tot by Mwanza gery en is die Serengeti in by die westelike hek (Ndabaka). Die pad loop ver van die Tanganjika meer en ons het nie die noordelike deel by Kigoma gedoen nie. Ons het by Kipili aangedoen en deur die Katavi Nas. Park gery Mwanza toe. Ek het tracklogs van ons toer op MapSource en ook 'n verslag wat Kobie, een van die reisgenote, geskryf het. As jy dit wil he, PM my met jou email dan stuur ek dit aan.

    Gaan uit by Klein's Gate aan die noordooste van die Serengeti en ry suid dan ry jy in die skeurvallei, sien Lake Natron en die aktiewe vulkaan,
    Ol 'Doinyo l'Engai. Daarna kan jy Ngoro Goro toe.

    Daar is 'n fantastiese nuwe kampplek by Kipili, ons ken Chris en Louise, voorheen van SA en nou permanent in Tanzanie, die eienaars daar: http://www.safaritourtanzania.com/home.html
    Last edited by PierredW; 12-06-12 at 22:19.

  3. #3
    4x2 met ewenaarslot Vrankois's Avatar
    Aangesluit
    15-02-12
    Plek
    Naby Paarl
    Boodskappe
    79
    Wat ry jy?
    Toyota Condor 3000D 4x4 TX
    Gunstelingplekke
    Woestyne
    Regte naam
    Francois Steyn

    Re: Tanzania "Weskus"

    Hi Theo. Ek en my vrou is Oktober laasjaar deur die Weste van Tanzanië. Dit is 1130 km se grondpad vanaf Tunduma tot by Nyakanazi. Ons het nie geweet dit is heelpad grondpad nie. Ons het met 200 cc Motomias (sjinese padfietsies) gery wat glad nie vir grondpad gemaak is nie. Die eerste deel was nog padwerke, maar die mense is baie vriendelik al kan hulle nie Engels verstaan nie. Vir fotos sien die Tanzanië deel van ons blog: www.crossingafrica.co.za

    Ons het twee aande in Sambuwanga spandeer, twee naby Kipili (lekker plek wat ex-SAners bedryf teen die meer), een aand in Mpanda, twee aande in Kasulu (weens probleme met 'n vuil vergasser - locals het hom gefix) en een aand in Kibondo. Hierdie stuk pad was een van die hoogtepunte van ons Kaap na Kairo reis. Dit is nog relatief ongeraak deur toeriste, die plantegroei in ongelooflik en die mense is super behulpsaam en vriendelik.

    Met 'n 4x4 behoort dit nie meer as 3 of 4 dae te neem nie. Ons het amper die hele stuk pad in die reen gery, wat rof was met die pad bande, maar met vier wiele behoort dit geen probleem te wees nie. Ek sou dit met my MkII Escort gemaak het.

    Ons is ook deur Malawi en het een aand my Utengule Coffee Lodge buite Mbeya oornag voor ons Wes is.

    Geniet die trippie!!

  4. #4
    4x2
    Aangesluit
    18-02-12
    Plek
    Port Elizabeth (dis n stad!)
    Boodskappe
    24
    Wat ry jy?
    Triton Dubbelkajuit, geen ekstras, geen 4x4
    Gunstelingplekke
    Addo, Mosambiek, Mauritius, Frankryk
    Regte naam
    Theo Ferreira

    Re: Tanzania "Weskus"

    Baie dankie Francois, ek gaan meer uitvind oor die Kibondo gedeelte!

  5. #5
    4x2
    Aangesluit
    18-02-12
    Plek
    Port Elizabeth (dis n stad!)
    Boodskappe
    24
    Wat ry jy?
    Triton Dubbelkajuit, geen ekstras, geen 4x4
    Gunstelingplekke
    Addo, Mosambiek, Mauritius, Frankryk
    Regte naam
    Theo Ferreira

    Re: Tanzania "Weskus"

    Dankie Pierre. met jou en Francois se insette kon ek nou my roete sinvol aanpas - Kipili is duidelik op die agenda - so ook om Kleins Camp, Natron te besoek. My epos adres is tferreira@homeandequity.co.za - ek sal baie graag jou tracklogs en Kobie se verslag wil ontvang !

  6. #6
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    20-02-12
    Plek
    Noord Mosambiek en Kempton Park, Gauteng, South Africa
    Boodskappe
    220
    Wat ry jy?
    Toyota Fortuner D4D 4x4 en n 100 VX Land Cruiser 4.2 Turbo Diesel
    Gunstelingplekke
    Noorde van Namibia-Kuneni, Tanzania, Botswana, Zimbabwe, Zambia, Mozambique ag in die Bos
    Regte naam
    Thinus

    Re: Tanzania "Weskus"

    Onthou as jou roete jou deur Tete en Moatize hier in die noord Weste van Mozambique gaan vat ....kan jy hier by my kom kamp opslaen
    4x4 Groete
    Bos Toe
    Verken die "Scienic" Roete Grondpad Langs.

  7. #7
    4x4 met agterste ewenaarslot
    Aangesluit
    11-01-12
    Plek
    Pretoria
    Boodskappe
    581
    Wat ry jy?
    Landcruiser 4.2D Bakkie, Colt 2.8 TDI 4x4 Rodeo beide volledig vir Overlanding en Jetta 2L Turbo
    Gunstelingplekke
    Baie plekke in Afrika maar Mosambiek, die Delta en Caprivi is groot gunstelinge.
    Regte naam
    Pierre de Wet

    Re: Tanzania "Weskus"

    Bietjie laat maar die inligting is ge-email.

  8. #8
    4x2
    Aangesluit
    18-02-12
    Plek
    Port Elizabeth (dis n stad!)
    Boodskappe
    24
    Wat ry jy?
    Triton Dubbelkajuit, geen ekstras, geen 4x4
    Gunstelingplekke
    Addo, Mosambiek, Mauritius, Frankryk
    Regte naam
    Theo Ferreira

    Re: Tanzania "Weskus"

    Ons sal definitief ten minste n bier kom drink - ons het self n plekkeie daar naby Chuala (So halfpad tussen Beira en Tete)

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •