Ek is op die uitkyk vir 'n goed opgepaste 2004/2005 dubbel kajuit 4X4 Hilux 3.0 KZ TE met minder as 180000km op die klok. Ja ek weet ek soek nou wors in 'n hondekok, maar iewers daar buite ry iemand met so 'n bakkie rond waarvan hy ontslae wil raak. Hou dus asb maar julle ore teen die grond.
2011 Suzuki GV 2.4 ....op die oomblik nog "stock standard"
Gunstelingplekke
Enige plek solank dit in die bos is!!
Regte naam
Franswa
Re: Hilux KZ TE D/Cab
Johan weet nie of jy al op olx.co.za gaan kyk het nie...ek het die ander dag vir my seun n 1400 daar gekoop en ek onthou daar was baie hi-lux'e beskikbaar.