Pottie Potgieter vra: Kan die tegniese mense effe kyk na die beskikbaarheid van veelterreinbande vir die Disco 4 met sy 19" vellings? Die keuses is ongelooflik beperk en die gewilde bande vervaardigers soos BF Goodridge (my voorkeurband wat ek op beide my Disco 3 en Defender Td1 300 gebruik het), Bridgestone, Michelin ens maak nie bande vir 19" vellings nie.
Land Rover SA reageer ook nie op versoeke vir inligting en raad nie.
My LR handelaar se hande is ook redelik afgekap aangesien hulle binne LR riglyne my na die bande handelaars verwys wie nie tegniese kennis van LR Discovery 4 het nie. Handelaars is ook gekniehalter deur die bande vervaardigers wie 'n marksegment gaan mis deurdat hulle nie op die 19" mark ook fokus nie. Daar is soveel Disco 4's op die pad en die meeste is nou op die stadium waar hulle gaan bande vervang.
Hoe lyk die BF Goodridge - 255 19"?



Antwoord met aanhaling


