Resultate 1 tot 14 van 14

Draad: Oor die vis aan die Namibiese kus

  1. #1
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Oor die vis aan die Namibiese kus

    Enige ou wat hier by ons al met sy voete in die koue Atlantiese oseaan gestaan en visvang het, sal weet van die woestyn daar agter jou rug, die verlatenheid wat 'n mens so klein kan laat voel, maar tog so tuis ook want in sy verlatenheid is daar tog die sekerheid ook dat jy, mens alleen, daar veilig is en eintlik kan maak soos wat jy wil. Maar dis oor hierdie 'maak soos wat jy wil' wat ek 'n appeltjie te skille het vanoggend:
    • As jy die strand waar jy wil gaan vang vuil vind, weet maar verseker dis nie noodwendig die plaaslike mense wat dit so bemors nie. Die kans sal groter wees dat dit mede-hengelaars is, wat laas daar gestaan het, wat nie hulle vuilgoed saamgevat het nie. Kyk maar net na die leë drankbottels, dan weet jy. Wees die beter persoon wat na die omgewing kom en stel vir ander 'n voorbeeld en bring 'n paar swart sakke saam en maak jou staanplek skoon nog voor jy begin van ander se gemors en dan vat jy jou eie afval ook sommer saam en gaan gooi weg as jy by 'n dorp kom. Jy sal uitstekend voel, die waarborg ek jou, want jy gaan 'n bydrae maak om die kus te bewaar vir ander mense wat dit ook wil geniet.
    • Dan die visse. Ek sien die afgelope week mense staan op fotos en spog met so 'n streep groot Steenbrasse wat hulle gevang het. Mense, 'n groot steenbras is oor die 40-jaar oud en dit is die teelvis daai. Steenbras trek ook nie rond soos kabeljou byvoorbeeld nie en is erg terrotoriaal. Dis omtrent al uitgevang langs ons kus juis oor hengelaars wat hulleself nie in toom kan hou nie. Wat is verkeerd daarmee om die vis versigtig uit te ry in die water, hom op te tel en Jannie of Pietie van jou en die groot vis 'n foto te neem vir die rekord en dan sit jy hom saggies weer terug in die water vir die toekoms? As die gesindheid deursyfer, sal die hengelvis herstel, dit is verseker. Die groot visse is nie eers lekker om te eet nie! Jy moet hom kerrie om verby die 'hout-droogheid' van sy vleis te kom. Ook die ou groot kabeljoue neig na hout toe.
    • As jy 'n vis gevang het en jy wil hom terugsit, moet hom nie in die water gooi nie, want sy lugblaas kan bars en dan gaan die vis vrek of haaikos word. Veral kabeljou is baie gevoelig hiervoor. Staan eerder van jou stoel af op as jy 'n vis aanhet, met jou maatstok saam met jou, en daar in die spoelwater, meet die vis en besluit of hy groot genoeg is sodat jy hom mag hou, of nie. Maak hom dan van die hoek af los en plaas dit versigtig in die spoelwater terug sodat dit rustig kan wegswem. As jy die vis op die sand uitsleep, dan maak dit geen sin eers om die vis terug te sit in die see nie want die slymlaag op sy lyf wat deel is van sy immuniteitstelsel word afgeskuur en die kans is baie groot dat so 'n vis in elk geval uiteindelik sal vrek.

    Daar is darem net niks wat so lekker is om daar op die klam sand van die strand te kan sit en met jou voete in die koel sand in te boor terwyl jy wag vir 'n vis om aan jou aas te kom vat nie, is daar? Dan dink mens darem aan dinge en mense waarna jy verlang, maar dalk nog nie eers ken nie! En later, met jou vis gevang en jou kabeljou of galjoen gevlek op 'n rooster op die kole met die rooi son wat sak oor die ou see, dan, dan weet jy hoekom is dit lekker om te kan leef.

  2. #2
    4x4 met agterste ewenaarslot Arries's Avatar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Naboomspruit/SA
    Boodskappe
    532
    Wat ry jy?
    Toyota Prado 3.4lt V6 met TRD supercharger. OME suspension, windcheetah roofrack, frontrunner drawer
    Gunstelingplekke
    Oral waar ek nog nie was nie
    Regte naam
    Armando Viljoen

    Re: Oor die vis aan die Namibiese kus

    Bravo!!
    Laestrek het niks met joga te doen nie

  3. #3
    4x4 met twee ewenaarslotte Vlakvark's Avatar
    Aangesluit
    02-12-11
    Plek
    Worcester, (Die Breederivier Vallei, ... net langs die hemel)
    Boodskappe
    1,091
    Wat ry jy?
    Datsun Safari '82
    Gunstelingplekke
    Worcester, Die Kruger, Stilbaai. .... daar is nog ander plekke ook!
    Regte naam
    Kiewiet Van Der Westhuizen

    Re: Oor die vis aan die Namibiese kus

    Quote Originally Posted by Arries Lees boodskap
    Bravo!!
    ....... Ditto
    Kiewiet.
    If you are going through hell, keep going. - Sir Winston Churchill.

  4. #4
    4x2 met ewenaarslot GERHARD's Avatar
    Aangesluit
    23-01-12
    Plek
    Sir Lowry's Pas buite Somerset-wes
    Boodskappe
    71
    Wat ry jy?
    2009 Toyota Hi-Lux D/C 4X4 3D4D. 2009 Jurgens Explorer boskaravaan.2006 Toyota Hi-Lux 3D4D 4x2
    Gunstelingplekke
    Namibia,Kgalagadi,Hartenbos
    Regte naam
    Gerhard Prins

    Re: Oor die vis aan die Namibiese kus

    Stem 100% saam.
    Die dag as alles uitgeroei is en die strande gesluit word a.g.v ons eie toedoen gaan die ouens wat die meeste gemors het ook die meeste kla.
    Om aan te sluit,met my laaste besoek aan De Hoop in die Richtersveld het 'n mede kampeerder dit goed gedink om al sy vullis tussen die rotse weg te steek.Ek kan nie verstaan hoe enige iemand so ver kan reis om die mooi van die natuur of ons buurlande te beleef en dit dan te bemors nie.My kop is te plat om dit te verstaan.
    Is dit die verandering van omgewing wat die vark/vandalis/idioot/vuilgat in ons wakker maak?
    Ek wil glo dat die meeste van ons wat hou van 4x4,die veld,die bos,visvang in Henties, ernstig is oor bewaring en dat dit soos met alles slegs enkele individue is wat dalk die gevoel van vryheid en die gedagte van hier kan ek doen wat ek wil te ver vat.

    Ek is nou sommer die m@#r in
    groete

  5. #5
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Oor die vis aan die Namibiese kus

    Hier moet ek ook sê dat dit mode is aan ons kus om die skuld vir die gemors hoofsaaklik aan die deur te lê van die besoekende hengelaars van uit die Suiderland, maar ons eie ondervinding is dat ons eie mense uit die bineeland, veral Windhoek, baie ongeërg is.

  6. #6
    4x2 met ewenaarslot
    Aangesluit
    12-04-12
    Plek
    Rustenburg
    Boodskappe
    97
    Wat ry jy?
    Hilux met AHA
    Gunstelingplekke
    Waar ek nog nie was nie
    Regte naam
    Dave

    Re: Oor die vis aan die Namibiese kus

    "Man will only realize he cannot eat money when the last tree has been chopped down"

  7. #7
    4x4 met twee ewenaarslotte jacques odendal's Avatar
    Aangesluit
    30-01-12
    Plek
    Kuilsrivier.
    Boodskappe
    1,100
    Wat ry jy?
    76 lc stasiewa & 79 lc bakkie diesels
    Gunstelingplekke
    Hoe willer hoe beter.
    Regte naam
    Jacques Odendal

    Re: Oor die vis aan die Namibiese kus

    Die mensdom gaan nie hoor voor die aarde van die aardbol verdwyn het nie.
    Dankie spook dat jy die saak aanroer.
    In die volgende maande is dit reg oor die wêreld weer operasie strand skoonmaak. Jaarliks gaan verskillende klubs & groepe op uitstappies om iewers n stuk strand se vullis te gaan optel. Skakel in & lewer so n bydrae om die strande so n bietjie skoner te kry. Ek weet ons skuif net die gemors na n ander plek, maar ten minste kan dit bestuur word by n stortingsterrein ipv die natuur te besmet. Baie toue, nette, ens kom van skepe wat niks vi niemand of iets omgee nie, so dit is nie net ons mede burgers wat so mors nie, dit is nog die uitlanders ook.
    Dit makie sakie! Wanneer ry ons?

  8. #8
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Oor die vis aan die Namibiese kus

    Dis eintlik amper hartseer om te sien hoe dit juis die mense is wat die see die meeste hier by ons gebruik [die hengelaars] wat dit ook so bemors en nie 'n vinger lig om iets daaraan te probeer doen nie. As 'n bottel vol vloeistof see toe aangery word, hoekom kan hy nie dan leeg terug saam met die voertuig nie? As jou katrol 'n kraaines opkry [weens niemand anders behalwe jyself se onvermoë om behoorlik te gooi] en jy sny later die nylon-lyn af en sit nuwe lyn op, presies wat verhoed jou om daai stukke nylon self op te tel en in jou kar terug te vat dorp toe? Opvoeding dalk?

    Daai selle opvoeding is ook die ene wat praat as jy 'n vis gevang het wat baie klein was en jy te bang was jy vang nie nog meer nie en dan kom daar 'n groter ene en dan begrawe jy die kleintjie hier onder die sand om nie oor jou kwota te gaan nie. Of jy vang ook maar skelm met wurms 'omdat almal maar so maak'. Of jy jaag met jou 4x4 teen die kante van die duine uit net om vir ander te wys hoe sterk en slim jy is en hoe sterk jou kar is en jy bemors alles met onnodige spore. En ek het nog niks eers gesê oor die ewige quads nie! Die beperkings is ingestel maar almal weet dis nie so maklik toepasbaar, veral op quads nie, en nou ry elke slim man en sy kinders op hulle quads op enige plek 'want ons het 'n reg om in ons eie land te ry waar ons wil'. Wat hulle nie besef nie, is dat die hele kusbewaring op 'n mespunt gebalansseer sit en daar is mense wat roei daaraan om die hele kusstrook verban te kry vir enige vorm van 4x4.

    As DIT gebeur, dan sal hierdie manne seker darem protesteer oor hulle 'regte'?

  9. #9
    4x2 met ewenaarslot GERHARD's Avatar
    Aangesluit
    23-01-12
    Plek
    Sir Lowry's Pas buite Somerset-wes
    Boodskappe
    71
    Wat ry jy?
    2009 Toyota Hi-Lux D/C 4X4 3D4D. 2009 Jurgens Explorer boskaravaan.2006 Toyota Hi-Lux 3D4D 4x2
    Gunstelingplekke
    Namibia,Kgalagadi,Hartenbos
    Regte naam
    Gerhard Prins

    Re: Oor die vis aan die Namibiese kus

    Praat vandag met 'n vriend wat nou in Botswana was oor hierdie einste onderwerp.Sy woorde aan my was dat een van die redes vir die geweldige hoe kamptariewe deesdae in Botswana baie te doen het met die feit dat die Suid Afrikaners nie meer so heeltemal welkom is daar nie,weens ons houding/gedrag.
    Wel ek het my dit laat vertel en deel dit na aanleiding van Schalk se ondervinding.Waar 'n rokie trek brand 'n vuurtjie.
    groete

  10. #10
    4x4 met twee ewenaarslotte Vlakvark's Avatar
    Aangesluit
    02-12-11
    Plek
    Worcester, (Die Breederivier Vallei, ... net langs die hemel)
    Boodskappe
    1,091
    Wat ry jy?
    Datsun Safari '82
    Gunstelingplekke
    Worcester, Die Kruger, Stilbaai. .... daar is nog ander plekke ook!
    Regte naam
    Kiewiet Van Der Westhuizen

    Re: Oor die vis aan die Namibiese kus

    Quote Originally Posted by Spook Lees boodskap
    ..... En ek het nog niks eers gesê oor die ewige quads nie! Die beperkings is ingestel maar almal weet dis nie so maklik toepasbaar, veral op quads nie, en nou ry elke slim man en sy kinders op hulle quads op enige plek 'want ons het 'n reg om in ons eie land te ry waar ons wil'. Wat hulle nie besef nie, is dat die hele kusbewaring op 'n mespunt gebalansseer sit en daar is mense wat roei daaraan om die hele kusstrook verban te kry vir enige vorm van 4x4.

    As DIT gebeur, dan sal hierdie manne seker darem protesteer oor hulle 'regte'?
    .... Spook, darem ter versagting van ons Quad trippie daar (vir die wat dit raakgelees het) ... Ons was van hier saam met `n bekende bewarings persoonlikheid en in Swakop het `n Namibiese bewarings beampte uit Windhoek by ons aangesluit. Ons 3 dae trip in die duine was `n opleiding sessie (pret darem ook) t.o.v. duin, natuur, vis en geskiedenis bewaring. Die feit dat ons daar met Quads gery het was om ons so na as moontlik aan die natuur te kry. Die voorspelling en voorstel daai tyd in die groep, was dat die toegang tot die sand en kusgebied erg beperk moet word. 2 Jaar daarna was my ervaring dat die besigheid in Swakopkop hande uitgeruk het. Wonder dan nou ook of dit al gerealiseer het? (Net ook vergeval ek toe nie alles vertel het nie ... . terloops daai 4 wiel fietsies word nie toegelaat op swaer se plek waar ons gereeld gaan kamp langs die weskus nie, nie eers onder toesig en beheer nie).

    Wat strand bemors betref. Dan staan ek ook elke keer verstom, wannneer ons gaan kus skoonmaak op daai weskusplek, wat van uit die see van die vistreilers afkom, en dan praat ek nie eers van die die kreef poachers nie ....
    Last edited by Vlakvark; 06-06-12 at 07:26.
    Kiewiet.
    If you are going through hell, keep going. - Sir Winston Churchill.

  11. #11
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Oor die vis aan die Namibiese kus

    Kiewiet, ek storie geensins dat alle mense wat op 'n quad klim, 'n vark raak nie, maar dit wat mens se aandag mos trek is die geraas van 'n ou wat jaag, of spring, of 'n doughnut maak op die woestyn se vloer. Die quad, omdat dit so lig is met daai vet bande lekker sag, is eintlik die perfekte 4x4 om die minimum impak te maak op die woestyn, maar dan kom die malligheid by en word dit 'n vernietigingswapen. Ongelukkig is dit die groot gros gebruikers van die quads wat die vark-kostuum aantrek sodra daai quad start.

    Ja, die bote mors en dit sou moeilik wees om die skuldiges vas te pen. Maar ons weet dit en die hengelaars is die gebruikers van die strande, so laat ons hengelaars deel wees van die oplossing en nie van die probleem nie. Soos ek gesê het, maak skoon rondom jou en voel goed.

  12. #12
    4x2
    Aangesluit
    25-05-12
    Plek
    Melkplaas tussen Springs en Delmas
    Boodskappe
    14
    Wat ry jy?
    Nissan Pathfinder 2.5 D
    Gunstelingplekke
    Daar waar die pad ons vat
    Regte naam
    Rinus

    Re: Oor die vis aan die Namibiese kus

    Ek wil darem ook hier iets se

    Ek is n oud Suid Wester daar weg in 1983 ween my pa se gesondheid

    Ek lees nou oral oor manne wat in Namibia gaan kuier en visvang ens ens

    Ons is as kinders grootgemaak dat jy n plek skoner los as wat jy hom gekry het en oral waar ek lees, is daar mense wat op hierdie "mindset" van dit is nie my probleem nie is

    Mens ek onthou die ou Suidwes met sy skoon strande en vis wat byt maar wat het dan verkeerd geloop, of is daar ook die ding van klein besigheid wat net geld jaag??????????

  13. #13
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Oor die vis aan die Namibiese kus

    Die probleem is maar net soos met die res van die aardbol, die mense raak eenvoudig net meer en meer en dan werk die ou opvoeding en beginsels ook nie meer so lekker vandag nie. Daar is mense wat met vet karre en dik beursies kom vakansie hou op ons kus en dan blykbaar dink hulle kan maak soos wat hulle wil.....hulle betaal dan?

  14. #14
    4x4 met twee ewenaarslotte Dries de Kock's Avatar
    Aangesluit
    22-12-11
    Plek
    Bothasig
    Boodskappe
    1,601
    Wat ry jy?
    2012 Ford Ranger 3.2 4X4 Auto 2008 VW Polo TDI 96kw Swambo se kar 2008 VW Polo TDI 74kw
    Gunstelingplekke
    Namibia, Weskus (groot maats met krewe)
    Regte naam
    Dries

    Re: Oor die vis aan die Namibiese kus

    Spook,
    Stem. So gaan dit hier ook met die kreef en perlemoen wat die mense so uitroei.

    Wetgewing is daar maar die staat maak baie geld met die perlemoen wat hulle kastig afvat en dan op veilings verkoop maar glo my tonne word gesteel deur die beamptes en aan vrinne gegee.

    Nou die dag weer was daar tonne kreef op die strande maar beamtes wil die plaaslike mense opsluit omdat hulle die krewe optel om te eet, glo my die mense hier aan die Weskus kry swaar, maar hope word deur die beamptes gevat en huis toe gedra. Ek dwaal al weer af....

    Dankie dat jy ons vertel van die moennies, ek jag nie en vang nie vis nie neem net fotos. Spook ek het ou geld so ek weet hoe om my te gedra dis die met nuwe geld wat dink soos jy se....ek betaal mos so....

    Groete
    Last edited by Dries de Kock; 09-06-12 at 13:54.



    As ek nie rondry in Saluki nie dan werk ek.

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •