Bladsy 2 van 2 FirstFirst 1 2
Resultate 26 tot 27 van 27

Draad: 220 V Yskas

  1. #26
    4x4 met agterste ewenaarslot jotto's Avatar
    Aangesluit
    10-02-12
    Plek
    Centurion, langs Groenkloof Natuur Reservaat
    Boodskappe
    883
    Wat ry jy?
    4x4 Pajero 3.2 Di D Home made "ARB" bumper, home made roof rack
    Gunstelingplekke
    George, Knysna, Waterberge, Laeveld
    Regte naam
    Johann

    Re: 220 V Yskas

    Quote Originally Posted by Marius Fourie Lees boodskap
    Johann, ek het reeds die kabel in, die vorige eienaar het sy NL stelsel uitgehaal.
    Wat sal die goedkoopste wees om een te installeer...?
    OutDoorWarehouse vra net vir die battery houer (sollenoid, krag metertjie) R2600 en dan kort die battery nog.

    Ek dink dit sal goedkoper uitwerk om my skoonma saam te laat kamp sodat sy die DYNAMO Fietsie kan trap vir krag!
    More Marius

    Ai jong ja nee jy sal moet rond shop. Naas die battery was die solinoid die duurste ding wat ek moes koop, my was so R400. Die Harrison plugs was nie so duur nie, het dit by 4x4 Megaworld gekoop. Die ander goetertjies koop jy eerder by n elektroniese plek.

    Die battery is n ander storie op sy eie, en baie manne wat ek nou al gesien het gebruik die deep cycle batterye, wat in my mening die verkeerde battery is vir jou voertuig as jy jou yskas en inverter wil hardloop van hom af, veral as jy gaan parkeer vir n paar dae en die kar nie gaan ry nie. In my mening is die beste battery vir dit 'n High Power battery, dis wat ek het, an kyk, hy is taai. Ek parkeer n week lank, trek my yskas voltyds van hom af, asook my fone en iPads work gelaai elke aand. Hy laai ok in onder 3 uur vol. sy prys is stewig, maar jy koop hom net een keer.

    Rakende die ou metertjie, jy het nie so n fancy een nodig soos daai yuppie winkels aanhou nie. Vat sommer net jou volt meter saam man, daai een in jou garage, jy weet mos. so 3 ure voor jy by jou bestemmin aankom, sit jy die skakelaar aan dat daai battery laai.

    Ook die battery boks, jy't nie daai fancy goed nodig nie, net 'n boot battery boks, daai plastiek goed, hulle kos R50, maar ek het een vir jou verniet.

    Jy is welkom om te kom kuier vir koffie dan wys ek jou gou hoe die lot aan mekaar pas.

    Groete
    Johann

  2. #27
    4x2
    Aangesluit
    28-12-11
    Plek
    Vereeniging
    Boodskappe
    11
    Wat ry jy?
    VW Syncro bus
    Regte naam
    Charlton van Rooyen

    Re: 220 V Yskas

    Hi julle,
    National Luna het ook 'n DIY stelsel wat jy aankoop wat klaar aanmekaar gesit is en eenvoudig is om self te installeer. As julle sukkel om dit in die hande te kry kan julle my pm dan maak ons 'n plan. Ek kan ook die komponente alleen verskaf as julle dit benodig. Kan dit vir julle installeer as julle vir my kom kuier!

    Oor die yskaste stem ek saam dat die normale 220V yskas is nie gemaak vir die rowwe terrein van skud nie. Dit is wel goedkoper en ja jy kan dit maklik vervang as hy breek maar hy breek gewoonlik wanneer jy hom die nodigste het. Dink verder as nou en koop die regte een vir die regte werk. Is duurder nou maar werk oor die lang duur. Vir normale padkaravane en trailers waar die rofste pad die laaste paar km grond pad is kan die 220V yskas baie goed werk maar as jy eers met spasie werk en wil gaan waar dit lekkerder is dan moet jy maar na die yskaste toe gaan wat gemaak is daarvoor.
    Charlton van Rooyen

    www.jbcrvs.co.za


Bladsy 2 van 2 FirstFirst 1 2

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •