Manyeleti ‘n Naweek van moet of moenie en ry bly of maak die beste... Tog soos De Wet se dit was een van die naweke wat hy altyd sal onthou en soos almal ‘n naweek van uiterstes maar een van die beste naweke in n lang tyd.
Susan kry toe ‘n oproep van ‘n vriendin wat bespreek het by Mayeleti en hulle kan dit nie maak nie hulle vra toe of ons dit wil oorneem... Natuurlik hoe gereeld kry mens die geleentheid om na ‘n privaat wildtuin toe te gaan. So vinnig bel ons ook 'n paar vriende en kry toe vir Tjaart Sanet en De Wet en Leonie om saam te gaan.
Ons beplan om Vrydag oggend vroeg te ry... Donderdag aand Sms Tjaart “ Menere Dit lyk my hier is familie krissis ons sal nie kan gaan nie... “ Ons begin skarel moet 3 tente wees anders kry ons nie die booking nie. Niemand kan op so kort kennisgewing gaan nie...
Vrydag oggend 4uur Tjaart SMS .. krissis opgelos ons gaan... Ag Gooood...
6 uur ry ons tot by Middelburg en eet gou breakfissie saam.....
Ry gesels gesels met die radios. Die Fortuner voor Kort kort moet ek net vrede maak Dan wil De Wet sy vrou pak gee dan verstaan ek nie sy pyn en leiding nie... Later wil hy liewer saam met my en Susan ry... Later begin ek worry hy wil tot n tent met ons deel.... (In Goeie grap lym) Dis terg en skerts hierdie kant toe en terg daai kant toe. Dan wil die pp en die ander wil pp of sommer die hele bus gaan PP....
Ons gaan in by Manyeleti.. Snaaks niemand gaan ons dokumentasie deur nie... Ons word ‘n kaart gegee na Buffelshoek waar ons gaan bly.. Op pad ry die Fortuner by die bruin slang arend verby en De Wet se pyn en leiding duur voort want dit was aan sy kant.
Goed ons kom toe by die kamp aan... Doodse stilte.. Niemand daar nie ons kan ook sien die kamp is laaaanklaas gebruik... Ons pak maar af die tente se flappe is met draad vas...(Nou Pyn De Wet eers).
Daar is nie water nie... Alhoewel diekamp skoon en netjies is is dit duidelik niemand het ons verwag nie... Ons maak die kombuis reg en begin vuur maak en voorberei vir aand ete. Elkeen het darem sy tent en gelukkig het De Wet vrede gemaak en slaap in sy eie tent...
So 8uur kom daar ‘n bakkie ingery...Die veldwagter se hy het laat eers ‘n radio “call”gekry dat ons by buffelshoek is.. Hy vra toe hoekom is ons daar Manyeletie is al van Februarie af toe...
Daar is geen Game drives nie hulle het nie eers meer ‘n voertuig nie. Die buffelshoek kamp is ook toe. Nou hier staan ons in die donker en die perd vertel ons nou die storie.. So hoe nou daar is emails wat gestuur is ons het vooruit betaal vir ons game drives ons geld is gevat vir die kamp plek.. En omdat dit ‘n privaat wildtuin is mag ons nie op ons eie rond ry nie... Hoe nou.. Die ander veldwagter se ons mag net main camp toe en terug maar ons mag bietjie verdwaal... Ons besluit toe verdwaal gaan ons beslis verdwaal... (Mense dis ‘n skande dat ‘n plek soos die so agteruit kan gaan... Daar is ‘n storie oor die plek laasjaar in Weg en dit is en was baie gewild.)
Terwyl ons staan en praat hoor jy net takke breek... Eers dog ek De Wet is weer in ‘n slegte bui...Ons sit die skietlamp aan en daar is ‘n olifant besig om takke te breek en breek breek of wei wei om die kamp te loop.
Die nag is dit net leeus om die kamp dit brul tot vroeg die volgende oggend.
Eerste en laaste foto van enige mens geneem op die trip want hierna het ons nie meer so skaflik gelyk as gevolg van geen warm water op die kamp nie. Ons moes selfs water uit hierdie sleepwa tap.
Waarvan die Kraan lankal afgebreek was.. Tjaart het toe ‘n vurk gebruik om water oop te kry.
Ons het Besluit om maar by main camp te gaan hoor wat gaan aan want hier is ons nou so wat nou. Eers verdwaal ons na ‘n dam en watergat toe. Toe verdwaal ons op so ‘n klein 2 spoor paadjie rigting Main camp.
Kry die vlakvark op pad en verskei ander wild ook
Nou weet ons ook nie of ons gaan probleme kry as ons so verdwaal nie en ook dit kos kophou want netnou verdwaal ons regtig. Daar is geen aanwysings nie. Tog geniet ons dit en die fortuner se mense is mense is vol grappe..Ten Spyte van De Wet se Pyn en Lyding en soos hy kort kort vir my se ek weet nie wat hy moet deurmaak met die klomp nie.
Ek neem my favourite af... Nie my beste mooi shot nie maar darem
So kom ons toe by die Main camp aan... (De Wet glad nie in ‘n Goeie by nie)En ... ja julle raai reg... Main Camp is toe verlate geen niks silts nada nothing...
Ons verdwaal toe weer na die groot dam toe... Jis daar was baie wild en is dit pragtig. Daar is toe ‘n Game drive voertuig van ‘n ander konsessie dink dit was sabie sabie of so iets... Ek komplain by die veldwagter nee se hy ek moet maar main camp toe gaan en daar gaan kla... Wat..?? daar is dan niks.. Nee nou weet hy ook nie..
Ag toe verdwaal ons maar nog bietjie.
Op pad terug gaan ons by ‘n ander watergat aan kry toe daar buffels en Kameelperde en waterbokke en en en.. Ek plaas net ‘n paar foto’s
Ons gaan toe terug kamp toe Sodat De Wet in ‘n beter bui kan kom want ons verstaan nie sy pyn en lyding nie... Almal neem ‘n koue stort en ons pak padkos sodat ons weer bietjie kan gaan verdwaal. ... O Op pad terug van die watergat verdwaal ek regtig en sien die kamp maar die pad het opgehou ek ry toe deur die veld kamp toe en De Wet lig toe die Elektriese heining op sodat ek kan deur ry. Gelukkig is hy bles anders het sy hare seker regop gestaan en juis is hy nie in ‘n goeie by nie... (die heining werk seker ook al vir baie lank nie meer nie.)
Ons gaan weer terug groot dam toe besluit toe ook ons is nou hier ons gaan maar vasbyt en nog een nag oorslaap. Ons sien tog baie wild en geniet mekaar se geselsskap en grappe en pyn en lyding ...
By die groot dam kry ons weer ‘n klomp wild, Seekoeie groot krokodille buffels koedoes Zebra en en en
Die voel lewe is net fantasties en daar is so veel om te sien... Ek het weer ‘n klomp foto’s geneem die ander ook ek plaas net so ‘n paar..
Terwyl ons so by ‘n watergat sit dan kom die wild net uit daar is hope wild en die veld is pragtig en daar is baie water.
Ons vat maar kanse om so buite te sit of te stap maar het darem nie onnodig kanse gevat nie. Het die voertuie so gehou dat ons te alle tye beskermd was en ook sodat ons ver kon sien rondom ons.
Oppad terug in die skemer kry ons 11 Renosters by een dam dit was te donker al vir goeie foto’s. Tog wonder ons watse kontrole daar is met wild diefstal en ook met die renosters wat so maklik deur ons gekry word en dan bekyk ons hulle nog met ‘n skiet lamp ???
Die aand by die kamp is almal moeg De Wet besluit hy wil na ‘n ander tent verhuis syne het nie water nie.. Net om die vrede te bewaar en hom die pyn en lyding te spaar trek hy toe nou maar.
In die nag is daar weer ‘n olifant in die kamp en saai hy verwoesting deur pype uit te trek en bome te breek. Ek het probeer met die bakkie naby hom kom vir ‘n foto maar toe jaag hy my. Gelukkig stap hy toe rustig uit en kon ons ontbyt maak.
Ons besluit toe Vroeg weer om te verdwaal voor ons terug kom en kom pak.
Tipiese bosveld tonele met die sonsopkoms.
Ons kry Die olifant by een dametjie en het hy nou geposeer vir fotos...
Ons gaan terug kamp toe pak en ry weer so verdwaal verdwaal terug hek toe.
By die een dametjie kry ons weer Renosters en baie olifante toe Tjaart so weg ry toe blok n olifnat die pad tussen my en hom. Ek hoor hoe Tjaart op die Radio se Leeus ... Gelukkig beweeg die olifant aan en kan ek ook verby ry. Die leeus is fantasties gespot deur Tjaart dit was net op die regte oomblik anders het ons hulle gemis. Ons ry sommer so bietjie veld in om hulle mooi te sien. Die wyfie het my gestorm toe ek so deur die venster haar afneem eer later toe haar kleintjie weghardloop toe weet ons hoekom sy so kwaai was. Hier op die rekenaar toe ek die foto’s vergroot sien ek toe die kleintjies tussen die gras. Te Sweet...
Ons draai terug pad toe om ons terug tog te begin. Volgende oomblik klink dit soos ‘n groot slang wat sjjjjjjj en daar steek n stomp tjaart se band stukkend... So reg by die leeus.
Ons hou toe die voertuie so tussen ons en die leeus en vervang die band Soos die opskrif se ‘n Naweek van moet of moenie en ry bly of maak die beste Het ons verseker die beste gemaak van die naweek en het ons dit erg kwaai geniet... De Wet se Pyn en lyding en sy slegte bui elke oggend was nou tong in die kies en deel van die grappe en pret wat ons gehad het. Dankie Julle, Tjaart Sanet De Wet en Leonie julle het sommer net aangepas en die beste gemaak van alles, dit was verskriklik aangenaam en lekker om saam met julle te kuier. My lagspiere en wangspiere is nog steeds styf.
Dit terug tog was minder aangenaam in die sin van om weg te ry van die skoon lug en natuur. Terug na die besige stad en besoedelde lug.
As enige iemand die weg het waar die Buffelshoek kamp plek artikel in is laat weet my asb.





.
Die veldwagter se hy het laat eers ‘n radio “call”gekry dat ons by buffelshoek is.. Hy vra toe hoekom is ons daar Manyeletie is al van Februarie af toe...
Ons sit die skietlamp aan en daar is ‘n olifant besig om takke te breek en breek breek of wei wei om die kamp te loop.





En ... ja julle raai reg... Main Camp is toe verlate geen niks silts nada nothing... 














Antwoord met aanhaling
)
Dit makie sakie! Wanneer ry ons? 

