Mense
Ek moet 'n polisieklaringsertifikaat vir my bakkie kry omdat ons deur Zimbabwe gaan ry. Kan ek dit gewoon by 'n polisiekantoor gaan kry? Het iemand dit al gedoen?
Ali![]()
Mense
Ek moet 'n polisieklaringsertifikaat vir my bakkie kry omdat ons deur Zimbabwe gaan ry. Kan ek dit gewoon by 'n polisiekantoor gaan kry? Het iemand dit al gedoen?
Ali![]()
"In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman
Ali van Wyk
Tel. +27 21 443 9831
ali@wegry.co.za
HEELPAD GRONDPAD!
Hallo Ali
Ek het so klompie jare gelede 'n klaring laat doen op 'n voertuig wat ek gekoop het/wou verkoop.....nog nie vir oorgrens doeleindes nie....maar ek glo die aksies is dieselfde....stap maar daar by jou plaaslike SAP in en hoor watter afdeling dit hanteer en dan soos dit deesdae gaan - wanneer is daardie afdeling beskikbaar........
Ali - maak net seker - as daai Rojozz klaa betaal is en jy het di eoorspronklie regsitrasie sertifikaat, is dit al wat jy nodig het - Maar as die voertuig nog deur die bank besit word, moet jy die SAP klaring tesame met die afskrif van die registrasie sert van die "kriediet instansie " {Bank ] byderhand hê.
Hier rond kry mens so klaring by "Voertuigdiefsatleenheid" --- EN OP Zeerust by die se SAPS
Gaan an naast AA tak - hulle het die inligting [jy moet elkgeval jou "international Bestuurslisensie by hulle kry
Kry sommer die wit en rooi Weerkaatsers plakkers ook by jou AA kantoor [Hulle KYK daarvoor - sit maar op, asb
Maak 'n lys van elke elektroniese ding wat jy samvat met reeksnommer en hou afskrite - op die grens klaringvorm skryf dan net "AS PER ATTACHED SHEET" - en laat die beampte dit STEMPEL [nb nogal hoor...]
Brandstof is geredlik beskikbaar - munni stres nie
Vat BAIE dollar note saam - al die tolhekke kos 'n dollar [US $] en hulle kleingeld is NET in dollar - maar di snie skoon dollars nie [my bosbaadjie ruik nounog na OU US $ note)
HOU by die spoedperke
Moenie 'n "runner" by die grenspos gebruik nie - en moenie laat aankom by Beitbrug AS jy daar deurgaan nie
Dassy - dis omtrent dit
groentes: OOmpie
Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
http://outreach2africa.co.za/
Ali,
Ek het 'n maand terug 'n klaring laat doen omdat ons oppad Zim toe was en die toer-organiseerder het toe aanbeveel dat ek dit doen omdat dit blykbaar so hier en daar gevra word. Ek het dit by die plaaslike Voertuig Diefstal tak van die SAPD laat doen. Vat net jou voertuig, registrasie dokumente en jou ID saam
Moet nooit ophou droom nie - wanneer jy ophou droom , sal jy nog leef, maar jy sal nie meer lewe nie!
O ja, as jy deur Musina gaan ry, gaan drink koffie by frik....
Ek doen dit nie en niemand het nog ooit daarvoor gevra nie. Nie Zim of Angola of waar ook al nie. As jy terugkom en jy reverse nie die ding nie dink hulle jou bakkie is uitgevoer en kan jy nie 'n lisensie uitneem nie. Indien nodig betaal ek eerder 'n bribe voor ek deur soveel nonsens gaan maar soos ek se, was nog nooit nodig nie.
My pa het omtrent 200km gery agter poliesklaring aan. Elke plek waar hy stop, se hulle dat hulle dit nie meer doen nie, hy moet na "x" moet gaan.
Ons het uiteindelik sonder klarings gegaan, en is nooit daarvoor gevra nie.
Die plakkers moet jy wel he, die ouens voor ons het 'n boete gekry daarvoor.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...
Jissie, thanks mense. Ja, die SAPS-klaring ding is 'n weird storie. Niemand is seker daaroor nie. Ek sal anyway maar net hoor hier by die AA. Dankie vir al die inligting, oompie Mac.
"In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman
Ali van Wyk
Tel. +27 21 443 9831
ali@wegry.co.za
HEELPAD GRONDPAD!
Ja, ek vat my registrasie sertifikaat en al die lisensiebetalings van ek die voertuig gekoop het saam. Hulle se dinges om te bewys dis nie my kar nie. Plakkers ja, vir Zambie 2 wittes voor en 2 rooies agter. Dis al tensy jy 'n sleepwa het, dan soek hulle T's vir Zim en driehoeke vir Moz. Sorg dat jy 'n brandblusser het, 3 Driehoeke en 'n spietkop baadjie wat mooi blink.
Omtrent al wat ek kan aan dink behalwe die Stroh vir die aand om die vuur.
Ali toe ons Angola toe was saam met Koos Moorcroft het hy by almal aangedring om die polisieklaring te kry. Ek was na ons plaaslike munispaliteit (Brackenfell) met my voertuiginligting, waar hul n vorm RPC "Versoek om Polisieklaring(SAP 263) uitgereik het. Met die vorm is ons na die SAPS VoertuigKlaringskantoor....dis nou daai ouens in La Belleweg...so skuins oorkant Brights Electric...hul het die enjinno bekyk....op rekenaar seker gemaak en toe die sertifikaat uitgereik. Ek is nie seker of ons iets moes betaal nie. Sodra jy terug is in die land moet jy die vorm weer munisipaliteit toe neem anders kan jy nie jou motorlisensie hernu nie.
Deon,
Was jy saam met Oom Koos van 61 Mech Angola toe?
Groete,
Dries
As ek nie rondry in Saluki nie dan werk ek.
Ali ek wag vir jou in MYSINA, wanneer gaan jy Zim toe????
[SIGPIC][/SIGPIC]Ons ry enige plek
Myne gedoen in Centurion by die Lisensiekantoor waar daar 'n spesiale kantoor is vir voertuigklarings. Die polisie het blykbaar niks daarmee te doen nie.
Sent from my BlackBerry 9360 using Tapatalk
Nou kamp ons d'am lekker!
Deon - ek het presies gedoen wat jy gesê het. Die RPC vorm by die munisipale kantoor gekry en toe na die Voertuigeenheid van die SAPS in Stikland. Dit het minder as 'n uur gevat en ek moes niks betaal nie. Nou het ek dit en ek hoef nie te worry nie.
Last edited by Alibaba; 04-06-12 at 12:12.
"In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman
Ali van Wyk
Tel. +27 21 443 9831
ali@wegry.co.za
HEELPAD GRONDPAD!
Mooi man!...moet hom net nie laat wegraak nie want jy moet hom by die munisipaal weer ingee voor jy jou lisensie kan hernu...
Ons het vanaf 5 tot 11 Augustus 2012 na Gonarezhou in Zimbabwe gegaan. Het met Polisiediens in Zimbabwe kontak gemaak om te verneem of mens regtig 'n polisieklaring vir voertuig moet he. Persoon het my aangeraai om 'n polisieklaring te kry aangesien dit by padblokades versoek kan word. Proses om klaring te kry is soos volg in Mpumalanga;
- Meld aan by Voertuig Lisensie kantoor en deel mee dat jy polisieklaring verlang. Hulle gaan jou vir jou ID boek en voertuig registrasie dokument vra. (Jy moet die eienaar/titelhouer van die voertuig wees.)
- Jy moet vorm voltooi en dan sal Lisensie kantoor verdere besonderhede op vorm invul en vorm aan jou gee.
- Jy neem die vorm en voertuig na SAP Voertuigdiefstal Eenheid en versoek daar vir polisieklaring.
- SAPD gaan jou voertuig fisies inspekteer om seker te maak die Engine/onderstelnommers op voertuig korrespondeer met voertuig registrasie sertifikaat.
- Indien alles wel is, sal SAPD besonderhede op sentrale voertuigstelse plaas en jou 'n polisieklaring gee.
- Geen koste.
- As jy van jou besoek terugkeer, moet jy die vorms na die Lisensiekantoor terugneem sodat hulle die SAPD merk van die sentrale voertuig rekenaarstelsel kan verwyder- anders sal jy nie jou voertuig lisensie kan uitneem nie.