Watter ander kursusse bo en behalwe die "intreevlak 4x4" word in die vooruitsig gestel?
Watter ander kursusse bo en behalwe die "intreevlak 4x4" word in die vooruitsig gestel?
George,
Jong, daar is nou so baie getorring aan die gang met die eenheidstandaarde, en vele wat nog bygevoeg gaan word.
Tans is daar twee:
1. US 254135 - Basies
2. US 254154 - Gevorderd (moet eers US 254135 voltooi om dit te doen)
Dan word daar beplan om herwinning en bosmekaniek by te voeg as addisionele standaarde, ens.
_________________________________
Jean H Kotze
Oos London
jhkotze@tcguysa.co.za
0824944149
George
Die huidige geakrediteerde produkte is
1. US 254135 - Basies
2. US 254154 - Gevorderd (moet eers US 254135 voltooi om dit te doen)
Soos Jean dit uiteen sit.
Dan is daar 'n magdom van gesertifiseerde produkte daarbuite wat nie huidig geakreiteer is nie.
Maar aangesien jy nou die US254135 gedoen het sal ons jou on kennis stel van verdere produkte wat ons aan AOA lede bied.
Hoop dit maak sin
Wat kos hierdie kursusse en waar kan ons in die kaap dit doen ?
Nico Rall
Hi Nico. Die kursusse kos ongeveer R1 550 en dit word gereeld in die Kaap aangebied. Klik hier vir die opleidingsdatum in die Wes-Kaap: WegRy-4x4-Akademie
Goeiemôre.
Graag wil ek uitvind hoeveel die basiese kursus kos en waar en wanneer word hy naby Kempton Park aangebied?
Dankie
Vir die ouens in Kaap-fontein se wereld wat belangstel om US 254154 - Gevorderd te doen, en wat reeds US 254135 - Basies gedoen het, ons beplan om in November vanjaar weer 'n Boot-Camp te hou. Kontak my by onderstaande email adres.![]()
Thys de Jager - thys@teamoffroad.co.za
Lid van SANOTA en OGATO
Besoek ons webblad: www.teamoffroad.co.za
òf jy kan ook hier lees....