Resultate 1 tot 11 van 11

Draad: Toestand van kampe in Moremi

  1. #1
    4x2
    Aangesluit
    28-01-12
    Plek
    Springs, Gauteng
    Boodskappe
    8
    Wat ry jy?
    Mitsubishi Pajero 3.2 GLS 2007 model met Warn 9000 lbs wenas asook EFS suspensie en dakrak.
    Gunstelingplekke
    Moremi, Chobe, De Hoop is die Richtersveld
    Regte naam
    Kobus Jacobs

    Toestand van kampe in Moremi

    Is daar dalk enigeen wat kort gelede by South Gate gekamp het? Ek gaan in Junie daarheen en wil weet wat die toestand van die geriewe is? Is daar warm water, spoel toilette ens.?

    Ek gee nie om, om koud te stort nie maar die res van die familie soek iets warmers en dus sal ek my bosstort moet saam karwei indien die water koud is

  2. #2
    4x4 met agterste ewenaarslot J.J.'s Avatar
    Aangesluit
    04-01-12
    Plek
    Nelson Mandela Bay
    Boodskappe
    905
    Wat ry jy?
    Isuzu 300 LX 4X4 DC. Dubbel battery vir Engel yskas. BMW 525i. Yamaha Scooter. Chev Sparkie
    Gunstelingplekke
    Drakensberge, Addo N.P., Afrika noord van ons, enige stil 2 spoor.
    Regte naam
    J.J. Zwiegers

    Re: Toestand van kampe in Moremi

    Vat maar jou stort saam as vroulief hulle warm wil stort en "make up"...daar is net sonverwarmers en geen elektrisiteit nie.

    Die ablutions is oraait...maar jy is innie "bos" nie by die huis nie.

    Sorg vir jouself en moenie staatmaak op 5 ster geriewe nie...maar geniet die natuurskoon en werklik wilde diere.

    Moenie deur riviere ry voordat jy nie dieptes getoets het nie...en pasop daar is die Afrika olifante wild en die jong bulle agressief...moenie voor hulle inry nie.

    Hou in 4x4 want jy weet nooit wanneer die 2 spoor diep sand gooi nie...en geniet die swamps.


  3. #3
    4x2
    Aangesluit
    28-01-12
    Plek
    Springs, Gauteng
    Boodskappe
    8
    Wat ry jy?
    Mitsubishi Pajero 3.2 GLS 2007 model met Warn 9000 lbs wenas asook EFS suspensie en dakrak.
    Gunstelingplekke
    Moremi, Chobe, De Hoop is die Richtersveld
    Regte naam
    Kobus Jacobs

    Re: Toestand van kampe in Moremi

    JJ, was al in Moremi maar net as dagbesoekers. Ek soek nie 5-ster geriewe nie want dan kan ek Sun City toe gaan. Ek geniet dit om sonder al die luxuries klaar te kom. Ek is egter maar versigtig vir die regerende party want 'n bosvakansie kan lank raak met 'n kwaai vrou en dus sal ek maar vir warm storte sorg!!

  4. #4
    4x2
    Aangesluit
    02-12-11
    Plek
    CENTORION
    Boodskappe
    10
    Wat ry jy?
    4.8 GRX PATROL HILUX 2.7 LED35 4X4 2.4 HARDBODY 4X4

    Re: Toestand van kampe in Moremi

    ons was nie in south gate se kamp nie maar 3d bridge was skoon en netjies water was warm in die mans se kant kon nie kla nie

  5. #5
    4x2
    Aangesluit
    26-02-12
    Plek
    Bela-Bela (Warmbad)
    Boodskappe
    22
    Wat ry jy?
    1996 Land Cruiser 80 GX met 290 000km op die klok. Ekstras: bulstaaf, sleepstang, dakrak, kompressor
    Gunstelingplekke
    Namib, Golden Gate,Chobe, kleiner Nasionale Parke
    Regte naam
    Johann Koorts

    Re: Toestand van kampe in Moremi

    Hi Kobus, ons was 3 weke gelede daar en ek kan die kommentaar wat jy sover ontvang het, beaam. Die grootste probleem vir ons was om uiteindelik daar uit te kom. Ons het van Maun se kant af soontoe gery en vir ongeveer 80 km is dit seker die slegste grondpad wat ek ooit gery het. Dit sal veral 'n probleem wees as jy sleep en jy weet naderhand nie meer of jy nog lus het om soontoe te gaan nie. Die pad is sonder ophou die ergste sinkplaat wat jy aan kan dink en vol gate. Miskien word die pad geskraap, alhoewel ek dit betwyfel. By navraag by die hek van South Gate het die amptenaar daar my meegedeel dat die mense wat die bos-ervaring wil beleef, daarvan hou dat die pad so is!

    By die hek was die toilette aan beide die mans-en dameskant stukkend en daar was geen toiletpapier nie. Weer by navraag aan dieselfde beampte deel hy mee dat die regering nie vir hulle geld stuur vir toiletpapier nie. Hy was ook nie bewus daarvan dat die toilette stukkend is nie en sou dit rapporteer aan die "Maintenance department"! Die kampe by Derde Brug en ook Xakanaka (en dink dis hoe jy dit spel) is heel netjies en vol toiletpapier. Ek het later vasgestel dat die kampe privaat bedryf word. Die water was nie altyd warm nie maar dit was baie skoon daar met spoeltoilette wat werk. 'n Soortgelyke kamp is omtrent 500 meter van South Gate se ingang geleë en is ook heel netjies.

  6. #6
    4x4 met twee ewenaarslotte Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    1,962
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Toestand van kampe in Moremi

    Johann, as jy dink daai pad is erg, moet nooit van Ghanzi af na die Xade-hek van die sentraal kalahari probeer ry nie. Maun na suid-hek is 'n lammetjie-pad. Maar ek wil tog vra: het jy jou bande afgeblaas? as jy jou bande na so 75% van jou teerpad-druk afblaas, maak dit die sinkplaat baie beter.

    Kobus, ek het nie by suidhek oorgebly nie, maar die geriewe by derde brug is heel skaflik. Die een dames-stort het nie warm water gehad terwyl ons daar was nie, maar ons het maar net laat die dames die mans-storte gebruik terwyl ons buite waggehou het.
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  7. #7
    4x2
    Aangesluit
    28-01-12
    Plek
    Springs, Gauteng
    Boodskappe
    8
    Wat ry jy?
    Mitsubishi Pajero 3.2 GLS 2007 model met Warn 9000 lbs wenas asook EFS suspensie en dakrak.
    Gunstelingplekke
    Moremi, Chobe, De Hoop is die Richtersveld
    Regte naam
    Kobus Jacobs

    Re: Toestand van kampe in Moremi

    Peter, ja, toe ons in 2010 in Moremi was, was die ergste deel van die pad tussem Maun en South Gate die deel vanaf Kaziikini. Dit het omtrent die karre uitmekaar geruk maar ek moet egter bieg dat ons versuim het om die bande af te blaas. Maak nie weer daai fout nie!! Soos reeds genoem, was die laaste +- 26km die heel ergste. Weet nie hoe die hoofpad huidiglik daarmee vergelyk nie en ek hoop nie dis erger nie

  8. #8
    4x4 met twee ewenaarslotte Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    1,962
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Toestand van kampe in Moremi

    Kobus, ek was in Junie 2010 daar, en nou weer in Maart, en ek dink dit was maar dieselfde.

    Die pad Savuti toe is egter baie baie erger, en dan praat ek nog nie eers van die pad wat ek hier bo genoem het nie. Op daardie pad, sal jy vir omtrent 40km nooit bo derderat kom nie.
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  9. #9
    4x2
    Aangesluit
    28-01-12
    Plek
    Springs, Gauteng
    Boodskappe
    8
    Wat ry jy?
    Mitsubishi Pajero 3.2 GLS 2007 model met Warn 9000 lbs wenas asook EFS suspensie en dakrak.
    Gunstelingplekke
    Moremi, Chobe, De Hoop is die Richtersveld
    Regte naam
    Kobus Jacobs

    Re: Toestand van kampe in Moremi

    Sal maar die valstande moet verwyder

  10. #10
    4x2
    Aangesluit
    26-02-12
    Plek
    Bela-Bela (Warmbad)
    Boodskappe
    22
    Wat ry jy?
    1996 Land Cruiser 80 GX met 290 000km op die klok. Ekstras: bulstaaf, sleepstang, dakrak, kompressor
    Gunstelingplekke
    Namib, Golden Gate,Chobe, kleiner Nasionale Parke
    Regte naam
    Johann Koorts

    Re: Toestand van kampe in Moremi

    Peter, ek het stilgehou en die bande bietjie afgeblaas - ek was egter te skrikkerig om te veel aangesien dit gevoel het of ek op die rims ry! Jy sal nie glo nie, maar ons het al op die kaart gekyk na die pad waarna jy verwys vanaf Ghanzi en is dankbaar vir die wenk. Ek het my voorgeneem om in elk geval indien ons weer so 'n trip doen, kommentaar op die draad te vra!

  11. #11
    4x4 met twee ewenaarslotte Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    1,962
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Toestand van kampe in Moremi

    Johann, ek ry so 1.5-1.8 Bar op grondpaaie, maar my bande se sywande is baie hoog, want ek het 33" bande op 15" vellings.

    Ek hou van paaie soos daai. As ek nie sulke paaie ry nie, kon ek net sowel met 'n platkar gery het?
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •