In hulle standaard vorm soek ek nie een van die twee nie.
As ek egter baaaaiieeee geld gehad het om te mors om 'n ekspidisievoertuig te bou, en die basis moes een van die twee wees, sou ek begin met die Troopie. Maar as ek klaar is, gaan jy hom nie maklik meer herken nie.
En my enigste rede vir hierdie besluit is: Ek dink diep in Afrika is parte makliker beskikbaar.
Last edited by Peter Connan; 18-05-12 at 10:26. Reason: Rede
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...
Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
http://outreach2africa.co.za/
Beide was op my kortlys vir die afgelope twee jaar. Ek het ook die voorreg gehad om so 'n bietjie met al twee van naby kennis te maak en hulle te vergelyk op verskeie 4x4 terreine.
Die Troopie
Vir - Soliede4.2 diesel engine, stadig, maar betroubaar en kan slegte diesel hanteer.
- Parte is vrylik bekombaar, en bande ook
- ewenaarslotte voor en agter
Teen - Baie stadig, met beperkte krag, kort 'n turbo
- Swaar op die diesel
- Baie harde rit
- Parte is duur
- Baie duurder as Defender
Defender Puma
Vir - Redelik ekonomies
- Beter kraglewering as die Troopie
- Hardloop kringe om die Troopie op meeste terreine, asook sand/duine
- Sagter en meer gerieflike rit
- Traksie beheer is uitstekend
- Parte is oral beskikbaar
- Parte is relatief goedkoop
- Baie goeie ratkas
- Makliker om te kit (ongelooflik baie goed van die rak af beskikbaar)
- Beter waarde vir geld
- Beter hoeke as die Troopie (approach and departure angles).
- Sleep en dra massa/kapasiteit is beter as Troopie (jy kan wettiglik 'n ander Defender sleep).
Teen - mense dink hy is onbetroubaar, maar hy is maar net so betroubaar soos die Troopie.
- Sagte suspensie kan nogal heen en weer wieg in sagte sand.
- Nie almal kan met traksiebeheer oor die weg kom nie.
- Meer elektronika as die Troopie.
- Beknopte bestuursposisie vir sommige.
Nou, ja. Julle weet wat my finale keuse was.
PS. Ek wag nou vir Johan om my oor my vingers te kom tik.
Last edited by Jean Kotze; 22-05-12 at 09:15.
_________________________________
Jean H Kotze
Oos London
jhkotze@tcguysa.co.za
0824944149
Tel al die Defenders in Afrika.
Tel al die Troopies in Afrika.
Tel die syfers bymekaar vir Totaal.
Sit Defender se syfer bo, deel deur totaal en maal met honderd
Vat Troopie se syfer bo. deel deur totaal en maal met honderd.
Die antwoord is hoeveel uit 100 die een beter is as die ander.
Jy noem die Defender se simpel elektroniese traksiebeheer maar vergeet van die Troopie se dubbel difflocks
Beskikbaarheid van parte. Jy droom as jy dink jy gaan vir joune injectors op Kipili kry maar waarskynlik vir die Troopie.
Hehehe ... ek het darem nou lekker gelag.
Wil jy nou vir my laat blyk dat die 4.2 D se injectors nie betroubaar is nie? ....
Ok. So jy verskil net met my in terme van verkoopsyfers en diff-locks. Diff-locks se gebruik is maar baie beperk, waar jy traksiebeheer oral kan aanwend.
_________________________________
Jean H Kotze
Oos London
jhkotze@tcguysa.co.za
0824944149
Lag maar lekker, die voorbeeld is dat jy parte vir die 4.2 op elke plek sal kry maar vir Land Rover het jy nie 'n kans met enige iets nuwer as 'n TDI nie. Almal weet dat die 4.2 nog loop lank na al die ander goedjies gegroet het.
Smaak my jou 4x4 kennis is effe beperk as jy noem dat traksiebeheer orals aangewend kan word maar difflocks beperk is. Ja diffloks is beperk vir mense met wye kennis van hoe 4x4 werk, as jy nIe weet wat jy doen nie is traksiebeheer beheer wonderlik want jy trap net petrol en die ding vlieg met 'n gejuig die berg uit. Het jy al 'n Pinzgauer, Unimog of Gelandewagen met traksiebeheer gesien?
Smaak my jy moet bietjie leer oor 4x4 wn hoe die stelsels werk. Traksie beheer is baie nuut op Defenders, die wat jy in Afrika kry het net 'n centre difflock en selfs vir hom moet jy weet eaar om hom te gebruik.
Pierre,
My kennis is maar baie beperk ... ja. Vergewe my tog.
Maar, wat my werklik verbaas is dat daar so baie parte beskikbaar is vir 'n voertuig wat blykbaar absoluut betroubaar is. Kyk, ek het nou al 'n paar keer van die Afrika lande getoer - en ja, nou glad nie so baie soos jy nie - maar ek het meer Defenders as Troopies op die pad gesien. My logika is ook nou nie so goed nie, so verdra my maar so 'n bietjie. Maar my logika se vir my dat as LR so baie breek, en meer breek as 'n Troopie, dan moet daar mos meer parte vir 'n LR wees.
Maar as jy my nou vertel dat daar meer parte vir Troopies is, dan wonder ek maar net.
Dan ook weer, as ek ewenaarslotte voor en agter om my LR sit, gaan die LR dan definitief die beter voertuig wees?
Last edited by Jean Kotze; 18-05-12 at 18:12.
_________________________________
Jean H Kotze
Oos London
jhkotze@tcguysa.co.za
0824944149
Persoonlike smaak sal ek die Troopie vat as hy dieselfde is as die gewone cruiser bakkie. Kan seker nie swaader op diesel wees as wat die colts op petrol is nie. Stadig 120km/h is vinnig genoeg
Last edited by Arrie; 18-05-12 at 19:24.
Tyd wat gespandeer word om te safari word nie van die mens se voorafbepaalde leeftyd afgetrek nie.
Nobody is perfect. But if you drive a MITSHUBISHI you are pretty close
Vir my is dit n maklikke besluit.Die een met die minste elektroniese foefies wen.
Jammer, ek wil jou nie beledig nie en weet werklik nie wat jy van 4x4 af weet nie. Wegryadmin soek egter moeilikheid met sulke vrae.Ek het eintlik net 'n grap met die formule gemaak want daar sal nooit 'n wenner tussen Land Rover en Cruiser wees nie. Dit is 'n ewigdurende debat en meer 'n saak van die hart as van feite.
Dit is egter 'n feit dat ewenaarslotte beter as traksiebeheer is mits jy weet wat jy doen. Hulle werk teen 'n steil afdraande ook sodat jy nie nog elektronika by name Hill Desent Control nodig het nie. Unimog, Gelandewagen, Cruisers in 70 Reeks en Jeep Rubicon het dubbel ewenaarslotte, maw op voor en agteras as standaard. Ek noem glad nie sentrale ewenaarslot nie want dit is net van toepassing op 4x4's met permanente 4x4 maar absoluut nodig tensy daar traksiebeheer is. In hierdie groep met soliede vooraste is ook Nissan se Patrol met 'n agterste ewenaarslot op die stasiewa en limited slip diff op die bakkie. Cruiser se 105 het ook dubbel lockers gehad maar hy is van die mark af. Weet nie of ek voertuie mis nie so sit maar by.
Wat betref voertuie in Afrika. Ek weet nie in watter lande jy getoer het nie maar waar ek was sien jy behalwe vir Namibie en in n mindere mate Botswana net ou Series en TDI Defenders. Feitlik geen TD5 of nuwer nie. Ek weet nie wat die syfers is nie maar 'n wilde raaiskoot van 50 Cruisers met die 4.2 diesel vir 1 Land Rover sal seker nie te ver uit wees. Onthou die bakkie en die 76 het dieselfde meganika as die Troopie so hulle parte werk ook. Daar is baie meer Cruisers so jy sal sekerlik meer parte en meer wrakke kry. Wat die 4.2 se injectors betref, hulle hanteer die swakste van diesel. Wonder wat die elektroniese injectors op die Common Rail Ford enjin van Land Rover na 'n paar jaar in Afrika gaan doen waar paraffin gereeld in die diesel ingemeng word.
Ja, 'n Defender met 'n sentrale ewenaarslot en een op elke as is 'n formidabele voertuig. Veral die 90 sal orals loop waar 'n 2 deur Rubicon loop behalwe dat die Rubicon se 4:1 oordraratkas in erge klip hom sal bevoordeel.
Defender het 'n uitstekende onderstel en suspense, ry baie sagter as Cruiser en die bakwerk roes nie, oksideer wel maar baie stadiger as roes so aan die kus is dit 'n baie goeie keuse.
Deur dongas en terrein waar jou inval en uitvals hoeke belangrik is wen die Defender. Die handrem is 'n pyn, na 'n paar uur fisies ook en jou skouerspasie is bitter beperk. Passasiers agter sit te hoog en sukkel om uit te sien en moet hulle voete dwars draai omdat dit nie onder die voorsitplek kan in nie.
Die elektronies beheerde Defender is baie ligter op diesel as die meganiese Cruiser maar as daai boksie oppak het jy groot probleme as jy in die middel van Angola is. Kraglewering is baie dieselfde maar die Defender se wringkrag is meer so hy sal vir die Cruiser wegloop. Die Defender kan 3500kg sleep, baie meer as die Cruiser. Waarskynlik om dit wettig te maak om 'n ander Defender op 'n sleepwa huistoe te bring.
So ja, daar kan nie 'n wenner wees nie. Albei is puik voertuie met verskeie plus en minus punte. Elke ou koop die een wat die beste vir hom sal werk of die een wat hy die meeste van hou. As ek in die bos gestrand is sal 'n Defender my help en andersom ook.
As jy die dag tyd het om 'n briljante verslag te lees, lees Frederick & Josephine se epiese toer deur die DRC hier en kyk wat hulle met 'n Troopie sonder difflocks gedoen het wat wel gebreek het:
http://www.horizonsunlimited.com/hub...kinshasa-53285
Last edited by PierredW; 20-05-12 at 21:45.
Nou wat moet ek dan koop?
Last edited by Dries de Kock; 20-05-12 at 23:30.
As ek nie rondry in Saluki nie dan werk ek.
Die een wat jy die meeste van hou.
As die landy breek dan gaan hulle sê: "Ek het jou gewaarsku"
As die troopy breek dan gaan hulle sê: "Dit moet n fabrieksfout wees"
Versigtig vir die diesel cruiser se ratkas & moet hom nooit "after market turbo" nie.
Dit makie sakie! Wanneer ry ons?
_________________________________
Jean H Kotze
Oos London
jhkotze@tcguysa.co.za
0824944149
_________________________________
Jean H Kotze
Oos London
jhkotze@tcguysa.co.za
0824944149
Pierre,
Ek moet nou ook net noem dat ek nie 'n fabrikaat fanatikus is nie. Ek ry waarvan ek hou. Die drie ikone (Defender, Kruzer en Wrangler) is baie na aan my hart. Ek het voorheen die voorreg gehad om twee Wranglers te besit, en hulle is werklik besonderse voertuie, en beslis bo-aan die lys van die drie ikone. Ek het so vier/vyf jaar terug begin om in bree trekke na die drie ikone te kyk en hulle op alle aspekte te vergelyk. Ek doen dit nog steeds.
Ek het nou onlangs eers vir my die Defender aangeskaf, grotendeels omdat hulle van die mark gaan verdwyn. En die Defender is gekoop om baie lank saam met my die pad te loop.
Ek sal nog graag eendag ook 'n LC 76 stasiewa wil besit. Ek kan dit net nog nie oor my hart kry om so baie vir ou tegnologie te betaal nie. Ek wag vir die nuwe diesel engins om hulle verskeining te maak. Dan sal die Kruzer vir my begin lyk na 'n opsie. Dan ook die agterste bladvere met "coils"vervang vir 'n sagter rit.
So, gebasseer op my ondervinding, is die Wrangler die koning van die drie, met die Defender en die Kruzer nogal ver weg op sy hakke. Met die nuwe Kruzer diesel engins, sal ek beslis die Defender en die Kruzer albei op posisie 2 plaas. Die Defender en Kuzer is definitief beter as dit kom by toer deur Afrika, spesifiek wat laaiplek en dra vermoee aanbetref, maar dis ook al.
Koopprys is ook nogal 'n baie belangrike faktor. Kyk, wat herverkoopwaarde aanbetref, is al drie maar op dieselfde vlak (wat herverkoopsprys vs nuwe prys as % aanbetref). Jy kan nogal baie ekstras aan die Wrangler en die Defender bysit vir die prysverskil in vergeleke met die Kruzer.
_________________________________
Jean H Kotze
Oos London
jhkotze@tcguysa.co.za
0824944149
So ja, op die einde stem ons eintlik saam maar die lewe sou so vervelig gewees het as ons met alles saamstem.
Auto Hubs op Cruisers, ek stem die oues was sterker en ek sluit myne met die hand as ek regtig 4x4. Stukkies op grondpad nie.
Voorste diff, ja veral as jy reverse recoveries doen. Dit is egter waar vir baie voertuie en waarskynlik Land Rover ook. Hier is Nissan se Patrol loshande koning met die sterkste ratkas en diffs. Weet nie van Gelandewagen nie.
Die Cruiser is wel ou tegnologie maar vir my werk dit omdat ons in Afrika in ry. As jy wil duine ry en krag nodig het koop iets anders. Die V8 diesel Cruisers sal wonderlike voertuie wees maar bitter duur en weer nie geskik om met Afrika diesel vir jare te oorleef nie. Hulle kan gerus vir die 76 coils insit om hom beter te laat ry. Ek het 'n bakkie en dan die Troopie wat meer werkesels is kan die bladvere hou vir swaar vragte. Hoekom die Troopie (78) en Defender ook hier vergelyk word is 'n verdere vraag, die Defender 110 en Cruiser 76 is baie meer dieselfde tipe voertuig.
Die Rubicon is puik vir klippe met sy 4:1 oordraratkas maar in sand is hy te stadig. Kort ook 'n lekker diesel enjin. Sal my keuse uit standaardvoertuie wees vir roetes soos Baboonspass in Lesotho. Dan is ek oor hulle naverkope diens bekommerd en in Afrika is daar geen rugsteun nie.
Ek is ook geen Toyota fanatikus nie, my kar is 'n VW Jetta, my ou 4x4 'n Colt en die Cruiser het ek vir Afrika gekoop, nie duine nie. Die perfekte 4x4 wat vir alles voorsiening maak bestaan nie, soos met motorfietse het jy meer as een 4x4 nodig as jy goed wil vaar met alles. Arm ouens soos ek koop maar die ding wat die meeste goed kan doen wat jy van hou.
Last edited by PierredW; 22-05-12 at 11:13.
Sien jy nou ...
Maar dit is goed om die yster van alle kante af te bekyk. Die Troopie vs Defender is nogal 'n interressante vergelyking .... maar soos jy tereg wys, is dit eintlik die 76 SW en die Defender wat in direkte kompitisie is. Mmmm.
Ek het net gou na pryse gaan kyk:
1. Defender Puma 2.2 TD - R 438 400,00 (Ek verkies die 2.4 TD)
2. Troopie - R 478 300,00
3. 76 SW - R 499 300,00
4. Wrangler 2.8 TD - R 430 990,00
_________________________________
Jean H Kotze
Oos London
jhkotze@tcguysa.co.za
0824944149
Moet net nie Gelandewagen hier wys nie. Almal is ook maar net 'n stuk blik maar as jy na sy prys kyk sal jy dink hy is met goud oorgeblaas.s
Pierre,
Ek was eintlik lus om jou siel lekker uit te trek. Die hardebaard Toyota manne kan maar lekker gevoellig wees oor die vergelyking met LRs.
Kyk, wat my nog steeds dwars in die krop steek, is die prys ding. As ons nou mooi na alles gaan kyk, en spesifiek moderne tegnologie ensovoorts, dan behoort die Jeep Wrangler eintlik die duurste voertuig te wees. Die LR is basies ou tegnologie met 'n paar verbeteringe, en die Troopie, wel, hy is lank in die tand. Dus behoort die Troopie eintlik die goedkoopste van die drie te wees.
_________________________________
Jean H Kotze
Oos London
jhkotze@tcguysa.co.za
0824944149
Ja, nee, kyk ....
Die G-wagon ouens gaan my sekerlik nou kom stenig, maar wragtig waar, daai is darem die grap van die dekade. Die G-wagon se prys behoort eerder hier in die omgewing van R 380 K tot R 480K te wees. Het jy al een van hulle gesien. As jy dink die Defender se poprivets is komies, dan moet jy die ding se bougehalte sien.![]()
_________________________________
Jean H Kotze
Oos London
jhkotze@tcguysa.co.za
0824944149
Ja ek hoor jou maar ek glo nog nie dat die Amerikaners 'n regtig goeie voertuig kan bou nie. Hulle 350 Chevy's en ander V8's laat jou hart vinniger klop maar as jy nou 'n Wrangler en 'n Cruiser en 'n Defender in 'n myn ingooi en vir 5 jaar daar laat werk met die minimum aandag sal jy sien die Wrangler pak lank voor die ander op. Dan sukkel jou alie af om parte te kry en as jy kry kos dit 'n plaas se geld en geen pirate parte is beskikbaar nie. 'n Groot vriend van my koop net Defenders en ja, ek het baie respek vir hulle vermoens en daar is nie nog 'n 4x4 wat so mooi is vir bostoe as 'n Defender nie. Die Troopie en Defender is juis duur omdat hulle nog op ou tegnologie standaarde gebou word met veel meer hande arbeid as die nuwe goed wat deur 'n rekenaar aanmekaar gesit word en waarvan die plasiek na 10 jaar verbrokkel. Kyk bietjie hoeveel plastiek op jou Defender en my Cruiser is dan weet jy dat 20 jaar verder hulle dalk net 'n vinnige panelbeat en spray nodig het om nog 20 jaar te loop.
Ou V8 en TDI Defenders was baie betroubaar solank jy net 'n paar sideshafts saamgevat het. Daarna was daar baie klagtes oor betroubaarheid maar meeste stories was van nie LR eienaars so ek weet nie hoe waar dit is nie. Ek sal wel 'n Afrika trip met 'n Defender doen maar met hierdie nuwe goed wat nie eers 2 ratkieries het nie, nie sommer nie.
Pierre, was jy al in die noord-wes kaap? Daar's nou nog boere daar wat niks anders as F100 Fords of C10 Chevs wil ry nie, want hulle hou net beter as enige van die japanese bakkies.
Hoekom het ons nie 'n houtlepel-smiley nie?
Last edited by Peter Connan; 23-05-12 at 13:29.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...
Peter, Dis darem iets anders as 'n Wrangler. Was net 'n helse hoop blik met 'n basiese onderstel en vering en ou donkie 6 silinder of V8's. Ja baie sterk en 'n goeie match vir 'n 60 Cruiser of ou Safari. Wys my egter 'n nuwe een uit Amerika wat hiermee kan saamspeel dan wed ek jou 'n Cruiser of Patrol bakke sal hulle met jare oorleef in dieselfde toestande.