Resultate 1 tot 5 van 5

Draad: Mitsubishi 2.4 sc 4x4

  1. #1
    4x2
    Aangesluit
    11-05-12
    Plek
    Wesrand
    Boodskappe
    5
    Wat ry jy?
    Kyk nog rond
    Regte naam
    Sarel

    Mitsubishi 2.4 sc 4x4

    Goeiedag Almal!

    Nuut is well.... nuut hierso! En is opsoek na advies!

    Ek beplan om volgende jaar botswana toe te gaan, en moet nou vir my 'n ryding aanskaf vir daardie doeleindes. Ek is egter op 'n budget en snuffel rond. Ek stel nie belang in heavy tegniese 4x4 nie, vir my gaan dit meer oor waar ek kan kom, en nie bo oor wat ek kan ry om daar uit te kom nie.

    In my rondkykery het Die mitsubishi trailbusters my oog gevang as 'n moontlike betroubare ryding vir onder 100k. (Wil dit net vir hierdie doeliendes aanskaf, my klein karretjie gaan nerens nie).

    Het enige iemand ondervinding met hierdie voertuie in die veld? enige ander voorstelle?

    Ek is 'n absolute leek met off road!

    Ek het die bogemelde in langafstand club ok gepos, maar dink dis miskien onder die verkeerde thread!
    Last edited by Nuut; 11-05-12 at 14:32.

  2. #2
    4x4 met laestrek
    Aangesluit
    13-03-12
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    442
    Wat ry jy?
    Mitsubishi Colt 3.0l ....... Yster ! Suzuki Vitara 1,6 ...... Krimpvark !
    Gunstelingplekke
    Die hele SA , Botswana en Namibië
    Regte naam
    David Viljoen

    Re: Mitsubishi 2.4 sc 4x4

    Hallo daar Sarel. Ek besit nie 'n nuwe generasie Mitsubishi nie (inderwaarheid 'n 1998 d/cab Colt 3L). Maar : na ons pasafgelope trippie na Khutse daar in Botswana kan ek onomwonde verklaar dat dit 'n puik voertuig is. Saam met die trippie was 2x ander Mitsu's (nog 'n Colt en 'n Pajero met dieselfde enjin) en al drie voertuie het hulleself absoluut puik van hulle taak gekwyt. Arrie het baie baie km's met syne afgele (van Bethlehem af) en ek van Kempton af. Twee weke in Botswana - probleemvry. En maak geen fout nie - ons het baie in 4x4 formaat gery. En die voertuie was lekker swaar gelaai. Twee van ons het ook nog boonop iets gesleep. Geen olie verbruik - geen water probleme - geen enjin probleme. 4x4 vermoens is regtig tops. Kortom: dis was net een groot plesier.

  3. #3
    4x2
    Aangesluit
    11-05-12
    Plek
    Wesrand
    Boodskappe
    5
    Wat ry jy?
    Kyk nog rond
    Regte naam
    Sarel

    Re: Mitsubishi 2.4 sc 4x4

    Dankie vir die terugvoering!

    Op dieselfde post in langafstand klub meld die mense egter dat onderdele skaars is of skaars gaan raak vir hierdie voertuie? Ek het "aangeneem" (die moeder van alle boggerops) dat omrede telkom baie van hierdie bakkies het, onderdele vrylik beskikbaar sal wees!

    Dit ly my na die vraag. Is dit beter om iets soos bv. 'n 1984 landcruiser (of nissan patrol) met baie, baie kilos op die klok te koop of om liewer vir die selfde prys so trailbuster aan te skaf met tot minder as 100 000 op die klok (of 'n 2.4 hardbody, ek sien goeie terugvoering daarop)?

  4. #4
    4x4 met laestrek
    Aangesluit
    13-03-12
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    442
    Wat ry jy?
    Mitsubishi Colt 3.0l ....... Yster ! Suzuki Vitara 1,6 ...... Krimpvark !
    Gunstelingplekke
    Die hele SA , Botswana en Namibië
    Regte naam
    David Viljoen

    Re: Mitsubishi 2.4 sc 4x4

    Sarel, ek kan eerlik sê dat ek geen probleme met onderdele ondervind nie. Inteendeel. Mitsu Broooklyn (by name Stephen) help my baie goed en my werktuigkundige kry ook alles wat ek benodig binne enkele dae. (Miskien bepaal die area die beskikbaarheid van onderdele?)
    Mbt tot res van jou vraag ... ek is baie gelukkig met my Colt.

    Hoop jy geniet jou besluit ... dis tog immers deel van die proses.

  5. #5
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,488
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Mitsubishi 2.4 sc 4x4

    EEN ding wat ons nogal gereeld gekry het met Colts wat saam was op die Uitreike - die "Auto lock hubs" [Selfsluit nawe] gee probleme, en dan sit die manne met 2x4 sonder 4x4 [howel hy nog in laestrek ingaan] - selfs eenkeer Machiel se Colt gehad wat netnie wou 4x4 inskakel nie - terug in Pretoria, 10 minute by di eAgente - toe 4x4 daai Colt weer vir di eeerste span [klein foutjie .. ons het netnie geweet HOE en WAT om te fieks nie.
    Kyk ook op hulle 4x4 Forum - ek verneem dat party van die modelle kopseer hoofbrekens gee met die elektronieka [Dr Harm moes ou laat invlieg Botsw Savuti toe om die Pajero aan die gang te kry ... wel, dit was ten minste nie 'n Colt nie]

    Sterkte - en mag jou keuse jou baie moeitevrye MYLE gee [kilometers ook natuurlik )]
    Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
    http://outreach2africa.co.za/

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •