Resultate 1 tot 7 van 7

Draad: Inligting oor Colt 2.4 sc 4x4

  1. #1
    4x2
    Aangesluit
    11-05-12
    Plek
    Wesrand
    Boodskappe
    5
    Wat ry jy?
    Kyk nog rond
    Regte naam
    Sarel

    Inligting oor Colt 2.4 sc 4x4

    Goeiedag Almal!

    Nuut is well.... nuut hierso! En is opsoek na advies!

    Ek beplan om volgende jaar botswana toe te gaan, en moet nou vir my 'n ryding aanskaf vir daardie doeleindes. Ek is egter op 'n budget en snuffel rond. Ek stel nie belang in heavy tegniese 4x4 nie, vir my gaan dit meer oor waar ek kan kom, en nie bo oor wat ek kan ty om daar uit te kom nie.

    In my rondkykery het Die mitsubishi trailbusters my oog gevang as 'n moontlike betroubare ryding vir onder 100k. (Wil dit net vir hierdie doeliendes aanskaf, my klein karretjie gaan nerens nie).

    Het enige iemand ondervinding met hierdie voertuie in die veld? enige ander voorstelle?

    Ek is 'n absolute leek met off road!

  2. #2
    4x4 met twee ewenaarslotte Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    1,964
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Inligting oor Colt 2.4 sc 4x4

    Welkom Sarel.

    Elke bakkie het sy voorstanders, en ook net soveel ouens wat se hy is hondsleg!

    My gevoel is, die bakkies wat in die laaste 15 jaar gemaak is, is omtrent almal op baie eenderse vlak, met net klein verskille tussenin.

    Behalwe vir die Toyota, is hulle almal omtrent ewe duur ook, so ry maar 'n paar verskillendes en kyk watter een jy die gemaklikste vind.

    Maar as ek jy was, het ek hierna gaan kyk: http://patrol4x4.co.za/viewtopic.php?f=65&t=2727

    Ek is egter bly om te sien jy dink aan 'n petrol-bakkie, want 'n tweedehandse diesel-bakkie is 'n heeltemal ander proposisie...
    Last edited by Peter Connan; 14-05-12 at 07:00.
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  3. #3
    4x2 met ewenaarslot
    Aangesluit
    09-01-12
    Plek
    Virginia
    Boodskappe
    47
    Wat ry jy?
    Ford Ranger 3.0 4x4 Camil suspensie PBE dubbel battery stelsel
    Gunstelingplekke
    Mosambiek
    Regte naam
    Martin Bezuidenhout

    Re: Inligting oor Colt 2.4 sc 4x4

    Onderdele wat net by die agente verkrygbaar is gaan vir 'n tydperk baie skaars wees en was nog altyd vrek duur.Mitsubishi beweeg weg van Mercedes en begin hulle eie agentskap.Tweedehandse onderdele by die slopers is feitlik onverkrygbaar.

  4. #4
    4x2
    Aangesluit
    11-05-12
    Plek
    Wesrand
    Boodskappe
    5
    Wat ry jy?
    Kyk nog rond
    Regte naam
    Sarel

    Re: Inligting oor Colt 2.4 sc 4x4

    Dankie Peter en Martin!

    Sou 'n ander brand dan beter wees bv. 2.4 Hardbody? Of is dit beter om te mik vir groter ouer karre op die klok soos die voorgestelde patrol. My kwessie is net oor die km's. Mens kan our landrcruisers en patrols vir dieselfde prys as genoemde trailbusters of hardbodies kry enigste verskil is die nuwer bakkies het omtrent 100 tot 150 duisnd kilo's op en die groter ou menere meesal om en by die 300 000.

    Martin, ek het nou gaan staan en aaneem dat omrede telkom so baie van daardie spesifieke mitsu's het, dat onderdele nie 'n probleem sou wees nie?

  5. #5
    4x4 met twee ewenaarslotte Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    1,964
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Inligting oor Colt 2.4 sc 4x4

    Sarel, die groter karre, en veral die met vaste aste voor en agter, is baie meer robuust as "normale" bakkies. Dit beteken egter nie dat hulle nie ook breek nie, maar dit neem gewoonlik langer. Daardie Patrols en die soortgelyke Cruisers is bekend daarvoor dat die meganika (enjins, ratkaste, aste ens) maklik oor die 600k km gee voordat ernstige probleme opduik.

    Die plastiek van die binnekant is egter dieselfde goed as in enige ander kar, en "suffer" maar in die son. Rubberpype ens. ook. Met ander woorde, jy gaan steeds onderhoudkoste he, en moet ook nie vergeet dat hierdie karre dorstig is nie.

    Aan die ander kant is hulle baie gemakliker as 'n bakkie, baie beter in die veld en het baie meer spasie, veral beenspasie vir die agtersitplekkers. Die een wat ek jou gestuur het, het egter reeds meeste van die kampeergoed by wat jy gaan nodig kry, en is dus in my opinie (mits dit in goeie toestand is) 'n baie goeie kopie.
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  6. #6
    4x2
    Aangesluit
    11-05-12
    Plek
    Wesrand
    Boodskappe
    5
    Wat ry jy?
    Kyk nog rond
    Regte naam
    Sarel

    Re: Inligting oor Colt 2.4 sc 4x4

    Ek het daardie advertensie gesien, en stem saam dat met al die ekstras dit 'n uiterse goeie kopie is indien meganies in goeie kondisie is. Egter sal die voertuig 'n tweede voertuig wees, en ek dit graag finansier. Dink ek gaan sukkel om finansiering te kry op 'n voertuig ouer as 10 jaar, en nog op 'n privaat "deal" ook. Ek word dus half gedwing in nuwer bakkies se rigting in....

  7. #7
    4x4 met twee ewenaarslotte georgeb's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hartbeespoort
    Boodskappe
    1,031
    Wat ry jy?
    2006 Nissan Hardbody, 3.3, DK, 4x4, EFS veringstelsel, Nudge-M bosbreker, Frontrunner dakrak
    Gunstelingplekke
    Oral waar 4x4 nodig is....
    Regte naam
    George Brittnell

    Re: Inligting oor Colt 2.4 sc 4x4

    Quote Originally Posted by Peter Connan Lees boodskap
    Maar as ek jy was, het ek hierna gaan kyk: http://patrol4x4.co.za/viewtopic.php?f=65&t=2727
    Daardie is 'n netjiese 4.2 - laat myself dink....
    Last edited by georgeb; 15-05-12 at 08:50.
    Groete

    George Brittnell
    4x4@vodamail.co.za


Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •