More maats,
Ek kyk nou al n geruime tyd rond vir n groter wa omdat my Bantam = mini Ranger...te klein begin raak vir die 2de voertuig (en ek jeukerig raak omdat SWAMBO met die "grand" kar mag ry).
Ek kom toe af op n 2000 Nissan Hardbody 2.4 12v SL dubbelkajuit. Hy het 146000km gedoen met n paar gewone ekstras (rollbar,wrap around bullbar,towbar,ens)...jammer vir die ingels. Baie skoon voertuig. R55000
Nou my tammeletjie....buiten dat ek eers vir "mini Ranger" moet verkoop, het ek nog nooit n Nissan besit nie.
Is die wa die moeitewerd? Hoe is die onderhoud en brandstof verbruik?
Dankie julle...![]()





Antwoord met aanhaling



