Vroeg oggend is ons hier weg Pretoria om Ellis ras deur na Stockpoort grens pos Botswana. Bakkie vol gelaai en reg vir ons Central kalahari avontuur. Ons beplan om 8 dae alleen daar te spandeer en dan af te ry Xade die moeilike roete na Khutse waar ons met vriende die paasnaweek sal kuier.
Stockpoort is n klein grenspos en ons is sommer vinnig deur. Vriendelike mense en selfs aan die Botswana kant verloop alles seepglad. Ons Ry tot By Khama Rhino sanctuary waar ons gaan oorslaap.
Ons is alreeds by Rhino teen 2uur en kan rustig afpak en toe ‘n draai gaan ry. Die Bird hide is goed beplan en uitgele reg op ‘n watergat en daar is verskeie voels. Maar ons is hier om die Rhinos te sien. Wat ek net wonder is hoekom ons SA rhino’s geskiet word maar daar gebeur niks by hulle nie. Seker maar omdat die doodstraf nog daar staan.
Ons vertrek weer net voor sonop rigting Rakops. Net voor Mopipi besluit ek om liewer my brandstof hier aan te vul mens weet nooit of daar by die volgende plek Petrol te kry is nie. Ek het nodig om ten minste 250 liter saam te ry vir ons tyd in CKGR. Gelukkig ook want toe ons By Rakops kom is hulle tanks leeg. Ek werk uit en ons behoort deur te kom want ek het nou ‘n ekstra 100km gery waarvoor ek nie begroot het nie.
Die pad tussen Rakops en CKGR is 2 spoor met redelik dik sand maar dit het gereen die vorige nag so die sand is nog klam en ons ry gemaklik spaar toe ook so bietjie brandstof. Ons kry selfs hierdie Eende in een van die plasse water. Ek dink in die woestyn is so ‘n plassie water seker ‘n wonderwerk vir die eende. Ek ry hiervan om elke plas en probeer nie water mors nie.
Ons boek in by Matswere hek en pak die roete via Deception panne rigting Piper pans waar ons die volgende 4 nagte gaan kamp. Piper pans is so 150km Kalahari in. Orals op al die panne is daar hope wild. Springbokke en Gemsbokke en Kameelperde Blouwilde beeste ens.
Piper pan is net een van daardie plekke wat so ‘n atmosfeer het wat mens nie kan beskryf nie. As die son sak wil jy erens beskut wees selfs as jy op die panne ry en jy kyk bos se kant toe dan wonder jy wat kan daar weg kruip. Maar tog is dit fantasties mooi en die panne is vol wild. Ons sit sommer vir lank op plekke en kyk net wat loop verby en wat se gebeure speel af hier voor jou. Ongelukkig het een gedeelte afgebrand die vorige jaar en die veld het nog nie herstel nie maar die res is mooi.
Kyk bv hier onder die Gemsbokke ek het hierdie groepie afgeneem net om die 2 koeie se masiewe lang horings te wys. Jis die diere is almal vet en gesond.
Ons het heelwat van hierdei bakoor jakkalsies gesien . Hulle is so skugter en skelm en as hy plat le in die gras sien jy hom glad nie.
Die sons onder gaan is mooi wel elke aand was besonder en ek het fotos en nogmaals fotos geneem. Hier is daar toevallig n wolk voor die son lyk soos n attoom wolk. Selfs die maan is helder en ek neem hom sommer uit die hand uit af die lig is so helder alles lyk net skoon en mooi.
![]()
![]()












Antwoord met aanhaling



























Dit makie sakie! Wanneer ry ons? 

