Resultate 1 tot 11 van 11

Draad: CKGR en KHUTSE

  1. #1
    4x4-grondpadkar busaxfar's Avatar
    Aangesluit
    22-04-12
    Plek
    Vanderbijlpark
    Boodskappe
    146
    Wat ry jy?
    Ford Ranger 3L diesel. Met Safari Camper, Nissan 3L Diesel met caravan camper. Suzuki Hayabusa, V
    Gunstelingplekke
    Piper Pan CKGR, Nwamba Caprivi Strook.
    Regte naam
    Christi Nolte

    CKGR en KHUTSE

    Vroeg oggend is ons hier weg Pretoria om Ellis ras deur na Stockpoort grens pos Botswana. Bakkie vol gelaai en reg vir ons Central kalahari avontuur. Ons beplan om 8 dae alleen daar te spandeer en dan af te ry Xade die moeilike roete na Khutse waar ons met vriende die paasnaweek sal kuier.

    Stockpoort is n klein grenspos en ons is sommer vinnig deur. Vriendelike mense en selfs aan die Botswana kant verloop alles seepglad. Ons Ry tot By Khama Rhino sanctuary waar ons gaan oorslaap.
    Ons is alreeds by Rhino teen 2uur en kan rustig afpak en toe ‘n draai gaan ry. Die Bird hide is goed beplan en uitgele reg op ‘n watergat en daar is verskeie voels. Maar ons is hier om die Rhinos te sien. Wat ek net wonder is hoekom ons SA rhino’s geskiet word maar daar gebeur niks by hulle nie. Seker maar omdat die doodstraf nog daar staan.

    Ons vertrek weer net voor sonop rigting Rakops. Net voor Mopipi besluit ek om liewer my brandstof hier aan te vul mens weet nooit of daar by die volgende plek Petrol te kry is nie. Ek het nodig om ten minste 250 liter saam te ry vir ons tyd in CKGR. Gelukkig ook want toe ons By Rakops kom is hulle tanks leeg. Ek werk uit en ons behoort deur te kom want ek het nou ‘n ekstra 100km gery waarvoor ek nie begroot het nie.


    Die pad tussen Rakops en CKGR is 2 spoor met redelik dik sand maar dit het gereen die vorige nag so die sand is nog klam en ons ry gemaklik spaar toe ook so bietjie brandstof. Ons kry selfs hierdie Eende in een van die plasse water. Ek dink in die woestyn is so ‘n plassie water seker ‘n wonderwerk vir die eende. Ek ry hiervan om elke plas en probeer nie water mors nie.

    Ons boek in by Matswere hek en pak die roete via Deception panne rigting Piper pans waar ons die volgende 4 nagte gaan kamp. Piper pans is so 150km Kalahari in. Orals op al die panne is daar hope wild. Springbokke en Gemsbokke en Kameelperde Blouwilde beeste ens.

    Piper pan is net een van daardie plekke wat so ‘n atmosfeer het wat mens nie kan beskryf nie. As die son sak wil jy erens beskut wees selfs as jy op die panne ry en jy kyk bos se kant toe dan wonder jy wat kan daar weg kruip. Maar tog is dit fantasties mooi en die panne is vol wild. Ons sit sommer vir lank op plekke en kyk net wat loop verby en wat se gebeure speel af hier voor jou. Ongelukkig het een gedeelte afgebrand die vorige jaar en die veld het nog nie herstel nie maar die res is mooi.

    Kyk bv hier onder die Gemsbokke ek het hierdie groepie afgeneem net om die 2 koeie se masiewe lang horings te wys. Jis die diere is almal vet en gesond.

    Ons het heelwat van hierdei bakoor jakkalsies gesien . Hulle is so skugter en skelm en as hy plat le in die gras sien jy hom glad nie.

    Die sons onder gaan is mooi wel elke aand was besonder en ek het fotos en nogmaals fotos geneem. Hier is daar toevallig n wolk voor die son lyk soos n attoom wolk. Selfs die maan is helder en ek neem hom sommer uit die hand uit af die lig is so helder alles lyk net skoon en mooi.

    Lekker dag

    Christi



    And in the end, it’s not the years in your life that count. It’s the life in your years.
    --- Abraham Lincoln

  2. #2
    4x4-grondpadkar busaxfar's Avatar
    Aangesluit
    22-04-12
    Plek
    Vanderbijlpark
    Boodskappe
    146
    Wat ry jy?
    Ford Ranger 3L diesel. Met Safari Camper, Nissan 3L Diesel met caravan camper. Suzuki Hayabusa, V
    Gunstelingplekke
    Piper Pan CKGR, Nwamba Caprivi Strook.
    Regte naam
    Christi Nolte

    Re: CKGR en KHUTSE

    Van Piper ry ons op na Motopi toe. Dit is kamplekke wat tot nou toe nie baie bekend was nie en ook omdat so ver op in die kalahari is kom daar baie min mense. Ons het vir die 4dae wat ons daar was niemend gesien nie, eers met die uitkom het daar ‘n voertuig met ‘n research team opgedaag. Die kamp plekke is redelik in die bos en ons besluit om net ons kamp op te sit en dan in die aand by die watergat te gaan slaap. Min het ons geweet wat wag. Alles gebeur by die watergat.

    Hier staan my bakkie met die watergat in die agtergrond ons het ver genoeg gestaan om die wild nie te pla nie en ons het teen die bakkie gebly sit en nie vuur gemaak of enige so iets nie. Die maan was so 2 dae van vol maan so ons kon in hierdie donkerte alles duidelik sien. Ek het vir foto doeleindes die spotlight 1 of 2 keer aangesit om net die beweging af te neem.



    Kyk hierdie 2 wildebeeste ek dink hulle het kwaai hoofpyn na hierdie stamp die krag waarmee hulle mekaar tref lig skoon die een se agterbene op en die ander se bene knak sommer onder hom kyk ook die 2 de foto hoe ver skuif hulle.


    Hierdie 2 Gemsbokke vat mekaar ook aan.

    Goed ons sit toe so en drink ietsie ligs en gesels in fluister stemme agter teen ons bakkie ek sien toe n beweging en vra vir Susan wat kom hier aan. Sy se nee dit lyk soos n kat volgende oomblik is die luiperd by ons. Sy spring in die canopy ek spring om en gryp my kameras. Met die donkerte en net kopliggies probeer ek hom afneem my kamera wil niks weet nie hy shhjjt shhjt net en skiet nie. Ek gooi neer en gryp die ander kamera dshhjjt shhhjt jis maar ek vloek die luiperd is by die bakkie ek staan om die hoek hy stap ander kant om ek verloor hom klim liewer terug want ek weet nie waar is hy nie. Goed ek raak rustig en sit alles op M settings. Kry die spotlight. Volgende oomblik net 2 sulke oortjies wat hier oor die bak uitkom hy beruik die bakkie. Stap so entjie weg en begin hom self lek en groom. Susan is bo in die kappie op die bed en loer deur die gaas. Sy kietsie kietsie en hy kyk op en begin hom self model hou en pose lekker vir n paar fotos. Die keer wer die @@##$# kamera. Eerste foto is waar die kamera nie wil neem of werk nie.


    Na die episode stap die luiperd rustig weg en verdwyn sommer gou in die donker. Ons hoor hoe hy water drink. Wel ons kry toe sommer iets heelwat sterker. Dis was ongelooflik weet julle hy is net vreesloos en vrek nuuskierig. Stap reguit op ons af bekyk die bakkie en bekyk hoe ons te kere gaan. En toe gaan hy aan met sy jag. Hy moes so 4uur die oggend weer terug gestap het ons het sy spoor gekry.
    Ons ry swaar weg van Motopi dit was baie lekker en so alleen met al die wild. Op pad terug begin die hele kalahari so omvou rondom ons ons is nou ontspanne en neem alles in. Die veld wat so verander van hierdie droe woestyn en pan gedeelstes na grasvelde en bome en tipise bosveld omgewing. Selfs so bietjie daai “out off Africa” tipe bos. Ons stop kort kort en bekyk die panne en voels en die Sasol boekie werk oortyd. Dis ‘n Sperwer nee man kyk hier hy kom net daar voor dis n baardmannetjie, o ok dis interesant, wat van die voeltjie hy kry net so ‘n lang stert in paar tyd dan skop hulle nog die blou suisie uit sy nes ..... Wel dit is die gesprekke wat plaasvind vir die volgende paar uur. Ek het soveel voels afgeneem ek kan my eie Sasol boekie skryf.



    Lekker dag

    Christi



    And in the end, it’s not the years in your life that count. It’s the life in your years.
    --- Abraham Lincoln

  3. #3
    4x4-grondpadkar busaxfar's Avatar
    Aangesluit
    22-04-12
    Plek
    Vanderbijlpark
    Boodskappe
    146
    Wat ry jy?
    Ford Ranger 3L diesel. Met Safari Camper, Nissan 3L Diesel met caravan camper. Suzuki Hayabusa, V
    Gunstelingplekke
    Piper Pan CKGR, Nwamba Caprivi Strook.
    Regte naam
    Christi Nolte

    Re: CKGR en KHUTSE

    Op een van die panne stop ons vir ‘n koffie ons is nou op pad rigting Xade waar ons Gaan oorslaap en dan die volgende dag die moeilike roete tussen CKGR enKhutse gaan aanpak. Ons het so 300km om te ry en in die kalahari ry jy heel dag aan dit. Met die stop vlieg hierdie Breekop arend en ek begin hom afneem so in vlug. Ek sukkel nog met die regte settings maar soms werk dit. Terwyl ek so neem sien ek hy maak ‘n skerp draai en vou sy vlerke toe. Dit gebeur in 'n oogwink en hy duik ek kon hom nie betyds volg en neem nie dit was net ongelooflik vinnig. Hy verdwyn in 'n bos en ek kry weer fokus en net toe kom hy uit met ‘n Dikkop wat hy gevang het. Hy gaan sit toe in ‘n boom en kry toe alles reg seker seker gemaak sy prooi is dood toe vlieg hy weer. Wat ‘n show ag man dit was net onbeskryflik mooi dis asof ons dit kon voel en ondervind.






    By Xade is dit die eerste keer na 8 dae wat ons weer geriewe het en kon water aanvul vir die res van ons trip. Ons stort lekker was bietjie klere pak bietjie bakkie reg en Susan maak toe Oxtail wat sy by die huis gekook het en gevries het vir ons warm sjoe sjoe ek lek nou nog my vingers af. Daar is mos niks lekkerder as oxtail so sag gekook is maar die sous is so taaierig.
    Ons is weer eens alleen in die kamp en die veldwagters se ons moet na 'n watergat so entjie uit die park ry daar is gewoonlik leeus. Ons maak toe so en kry hierdie maanhaar waar hy le en wag. Die nag in die kamp toe brul daar ook ‘n leeu by die bakkie seker so 10m weg dit klink of alles in die bakkie rattle jy hoor tot hoe sy wange met die laaste brul so klap. Dit was 3 uur die oggend en dit was fantasties.

    Die varkies was ook op pad watergat toe maar hulle het hulle self vinnig uit die voete gemaak toe hulle leeu ruik.
    Lekker dag

    Christi



    And in the end, it’s not the years in your life that count. It’s the life in your years.
    --- Abraham Lincoln

  4. #4
    4x4-grondpadkar busaxfar's Avatar
    Aangesluit
    22-04-12
    Plek
    Vanderbijlpark
    Boodskappe
    146
    Wat ry jy?
    Ford Ranger 3L diesel. Met Safari Camper, Nissan 3L Diesel met caravan camper. Suzuki Hayabusa, V
    Gunstelingplekke
    Piper Pan CKGR, Nwamba Caprivi Strook.
    Regte naam
    Christi Nolte

    Re: CKGR en KHUTSE

    Ons pak toe vroeg dag voor die son nog uit is die lang tog aan Khutse toe. Jis mense die pad was erg. Ek moes my band druk afbring na .9 bar voor en met die vrag agter na 1.1bar. die bakkie het goed gedoen maar die pad was baie sleg ek het 1ste 2de gery want ek wou nie die bakkie onnodig strem en dalk n skokbreker of veer breek nie. Wel selfs teen die lae spoed het ons al ons glasse gebreek en die pak mielie meel het gebreek hy was in n plastiek houer maar dit het alles gebreek. Ons het 12 ure aan hierdie 270 km gery ek het n konsumpsie van so 2km/liter gekry. Ons moet ons vriende op Khutse kry so ons druk deur. Ons verloor die pad so effens naby ons kamp plek en ry verkeerd maar met die omdraai kry ons toe ‘n groep leeuwyfies en met die son wat toe redelik laag is kon ek mooi fotos neem.

    Ons slaan kamp op en susan maak kerrie warm en kos vir ons vriende. Ons wag tot agt uur en raak bekommerd hulle daag nie op nie. Ons kan egter niks doen nie ek het nie brandstof nie en besluit om maar die volgende oggend vroeg te ry en hulle te gaan soek.Kort kort in die nag se Susan sy hoor n kar. Dan klim ons uit en luister en kyk vir ligte maar niks. Ons ry toe vroeg die oggend hek se kant toe Hulle moes vir my brandstof saam gebring het so ek is redelik in die moeilikheid. Ons beplan toe om hek toe te ry en dan na die naaste dorp en brandstof aan te vul en dan weer terug kamp toe. Sover ons ry en ons sien iemand want dit is lang naweek of hulle nie ons vriende gesien het nie. So 20km van ons kamp af nog 80 na die hek kry ons ‘n groep studente wat toevallig familie is van ons vriende en hulle het hulle by die hek gekry en daar is gelukkig nie probleme nie en hulle is op pad. Wel ek het die laaste van my petrol uitgery en toe ons vriende op daag se hy nog hy het vergeet. Ek paas amper uit van worrie gelukkig trek hulle net my been.
    Khutse is ‘n lkker park en deel van CKGR. Dit is naby genoeg om in een dag van JHB tot hier te ry. Dit is ook ongelukkig vol bespreek vir die die naweek maar ons wil graag met mense kuier so dit is baie lekker. Elke oggend ry ons na n pan en sit en kyk hoe die son opkom en die maan sak. Maak koffie en kuier lekker terwyl ons kyk hoe die wild oor die panne loop. Daar is letterlik iets van alles.


    Susan het natuurlik weer pelle gemaak met die Waaier sterte.

    Op so n trip eet mens net te lekker en te veel.

    Die ander voorreg is dat hierdie 2 vriende van ons Thinus en Mariette hulle huweliks herdenking hier kon vier Susanne (dis nou nie my Susan nie maar ook susan ) Het so ietsie gereel en ons lag en kuier lekker

    Die naweek is net te kort en moes ons weer terug. Op pad hek toe kry ons nog so vir oulaas n bonus en hierdie luiperd gee vir ons nog ‘show en ons neem foto’s en nog foto’s. Dit is verbasend hoe nuuskierig is hierdie luiperde hy het ons nou behoorlik van hoek tot kant uitgekyk.


    Ja terug is dit nou nie lekker nie en sou mens graag daar wou bly maar waar hou jy dan vakansie? En hoe moet jy aan die lewe bly. Ek wonder wat se dier was hierdie lyk soos ‘n Jakals ek weet nie maar sonder inkomste en kos kan jy dalk so opeindig in die kalahari.

    Wil ook net se dat ons groep mense was baie rustig en so lekker om saam te kuier almal het saamgwerk en natuurlik was die kos net die lekkerste.
    Lekker dag

    Christi



    And in the end, it’s not the years in your life that count. It’s the life in your years.
    --- Abraham Lincoln

  5. #5
    4x4 met agterste ewenaarslot Arrie's Avatar
    Aangesluit
    19-01-12
    Plek
    Bethlehem, Free State, South Africa
    Boodskappe
    557
    Wat ry jy?
    96 Mitshubisi colt rodeo, 98 Mitshubisi Colt Rodeo, Want net melk vrugtesap en Amaroks kom in 2L
    Gunstelingplekke
    Regs voor
    Regte naam
    arrie

    Re: CKGR en KHUTSE

    Danki Christi vir die deel van die trippie. By watter kamp plek/pan het julle by Khuste gekamp ons het by Marushele3 gekamp.
    Last edited by Arrie; 10-05-12 at 21:17.
    Tyd wat gespandeer word om te safari word nie van die mens se voorafbepaalde leeftyd afgetrek nie.

    Nobody is perfect. But if you drive a MITSHUBISHI you are pretty close

  6. #6
    4x4-grondpadkar busaxfar's Avatar
    Aangesluit
    22-04-12
    Plek
    Vanderbijlpark
    Boodskappe
    146
    Wat ry jy?
    Ford Ranger 3L diesel. Met Safari Camper, Nissan 3L Diesel met caravan camper. Suzuki Hayabusa, V
    Gunstelingplekke
    Piper Pan CKGR, Nwamba Caprivi Strook.
    Regte naam
    Christi Nolte

    Re: CKGR en KHUTSE

    Toevallig ook by Marushele 3
    Lekker dag

    Christi



    And in the end, it’s not the years in your life that count. It’s the life in your years.
    --- Abraham Lincoln

  7. #7
    4x4 met agterste ewenaarslot Arrie's Avatar
    Aangesluit
    19-01-12
    Plek
    Bethlehem, Free State, South Africa
    Boodskappe
    557
    Wat ry jy?
    96 Mitshubisi colt rodeo, 98 Mitshubisi Colt Rodeo, Want net melk vrugtesap en Amaroks kom in 2L
    Gunstelingplekke
    Regs voor
    Regte naam
    arrie

    Re: CKGR en KHUTSE

    Wys jou net regte tyd regte plek. Ons het daai leeue gesoek maar nie gekry nie.
    Tyd wat gespandeer word om te safari word nie van die mens se voorafbepaalde leeftyd afgetrek nie.

    Nobody is perfect. But if you drive a MITSHUBISHI you are pretty close

  8. #8
    4x4-grondpadkar busaxfar's Avatar
    Aangesluit
    22-04-12
    Plek
    Vanderbijlpark
    Boodskappe
    146
    Wat ry jy?
    Ford Ranger 3L diesel. Met Safari Camper, Nissan 3L Diesel met caravan camper. Suzuki Hayabusa, V
    Gunstelingplekke
    Piper Pan CKGR, Nwamba Caprivi Strook.
    Regte naam
    Christi Nolte

    Re: CKGR en KHUTSE

    Weet jy Arrie die leeus was elke aand by die watergat regoor no 3. Ons het een middag van 4 uur af stil gesit so en wag 'n entjie weg van die watergat en toe ons so 6uur oppak en opgaan kamp toe het die trop leeus tot reg agter die bakkies geloop en toe in die veld erens gaan le ... sonder dat ons geweet het gehoor het of gesien het. Ons het toe ons opry eers die spore gesien bo oor ons bakkies se spore. Soos jy se regte tyd regte plek.
    Lekker dag

    Christi



    And in the end, it’s not the years in your life that count. It’s the life in your years.
    --- Abraham Lincoln

  9. #9
    4x4 met twee ewenaarslotte jacques odendal's Avatar
    Aangesluit
    30-01-12
    Plek
    Kuilsrivier.
    Boodskappe
    1,100
    Wat ry jy?
    76 lc stasiewa & 79 lc bakkie diesels
    Gunstelingplekke
    Hoe willer hoe beter.
    Regte naam
    Jacques Odendal

    Re: CKGR en KHUTSE

    Pragtig christi! Stem oor daai spoor tussen khutse & xade. Hy's rof. My boswa se sleepkop moes vervang word & 6 maande later die kar se ratkas. Vir my was dit n heerlike uitdaging, maar nie weer met n wa nie. My gesin het dit egter bitter eentonig ervaar.
    Dit makie sakie! Wanneer ry ons?

  10. #10
    4x4 met twee ewenaarslotte Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    1,964
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: CKGR en KHUTSE

    Pragtig Christi! Dankie.
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  11. #11
    4x4 met twee ewenaarslotte Chris van der Merwe's Avatar
    Aangesluit
    03-12-11
    Plek
    Polokwane
    Boodskappe
    1,113
    Wat ry jy?
    Land Cruiser 80 GX 4500 Petrol alias "Obelix" . Land Cruiser 80 VX 4200 T/Diesel alias "Ku
    Gunstelingplekke
    Afrika - Suid van die Sahara
    Regte naam
    Chris van der Merwe

    Re: CKGR en KHUTSE

    Great Christi....dankie. Wat betaal mens deesdae in Sentraal/Kutse vir kamp ?
    Chris.
    http://www.wegry.co.za/forum/image.php?type=sigpic&userid=68&dateline=1325073423

    Bang,Skrik en Bewe is aanwendsels

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •