Ons vertrek eersdaags na Botswana vir 12 dae. Daar is 'n dubbelbattery in die voertuig asook in die sleepwa. Is daar dalk ander alternatiewe om 'n kamerabattery te laai as om 'n "inverter" in te sit ?
Ons vertrek eersdaags na Botswana vir 12 dae. Daar is 'n dubbelbattery in die voertuig asook in die sleepwa. Is daar dalk ander alternatiewe om 'n kamerabattery te laai as om 'n "inverter" in te sit ?
Pikkie, vir baie kameras kan mens 'n 12v-laaier koop.
Verder is daar ook sonpaneel-laaiers beskikbaar. Probeer bietjie hierdie ouens: http://www.tbvsolar.co.za/wmenu.php ek weet hulle verkoop son-laaiers, maar ek is nie seker of hulle kan help met die nodige adapters nie?
As jy natuurlik by 'n plek stop wat krag het, hulle gebruik dieselfde muurproppe as ons.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...
meeste van die plekke waar jy gaan aandoe n het 220 v krag MAAAR hulle proppe is die UK tipe [met die drie PLAT punte waar ions s'n rond is - si vat 'n UK "adaptor saam.. - Ek self vind die 'invertor nog die beste en betroubaarste
Om die sonpaneel te gebruik moet jy omtrent stilstaan .. inverter laai sommer so in die ry. [kyk na os ongeveer 600A inverter]
Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
http://outreach2africa.co.za/
Pikkie - ek het altwee beproef met ons onlangse trippie Botswana toe. Die inverter (1000w) het wel vinniger gelaai as die 12v laaier ... maar albei het hulle krag ewe lank in die battery behou. Hoop dit help. Groete ! En geniet Botswana - ons trippie was absoluut bevange !
Last edited by Molekule; 10-05-12 at 10:57.
Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
http://outreach2africa.co.za/
Oompie, ek sal so 600 AMPS ene wil hê - sal kan weld met hom ook! hihihi....![]()
Johann
Baie dankie vir al julle ouens se insette. Die naweek gaan ek bietjie "shopping" doen.
Nou 'n ander vragie. Ons hoofdorpe in Bots gaan Serowa, Maun en Kasagne wees. Ons gaan net kampeer, geen lodges ens. nie. Ek het net 'n mastercard. Ek wil ook nie met duisende Pulas in die sak ry nie. Wat is die beste manier rondom die verkryging van geld in Bots ?
Ek vat maar altyd kontant. Een van die ouens wat saamgery het laas maand, het in Kasane uit geld uit geraak, en dit het hom twee dae gevat om 'n bank te kry waar hy kon geld trek. Al die ATM's se geld was op.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...
Pikkie, heelwat van die groter plekke (bv Gabarone se winkels) aanvaar wel Mastercard. Selfs Amex. Maar die konneksie via die kaartmasjientjies neem baie lank ... nie naastenby so gou soos in SA nie. Dit sal jou dus beslis baat om eerder pulas te koop / saam te neem. Opvallend is die feit dat daar regtig baie FNB atm masjiene orals is. En jy kan moeiteloos geld trek by die atm'e. Die koste beloop sowat R22 per transaksie. Trek dus maar eerder bietjie meer en bespaar dan op die kostes. Ons het ons pulas in SA aangekoop en saamgeneem. Ongelukkig is buitelanders maar oorgelaat aan die genade van uitruilingsagente in die winkelsentrums - hulle adverteer groot dat hulle nie kommissie vra nie ... maar hulle vaste omswaai fooi is dan soveel hoër. En hulle vra tot soveel as R1.12 per pula. Beslis nie almal nie en ek veralgemeen dalk nou ... maar pasop maar. My mening is dat die atm'e dalk die beter opsie is. En let daarop - die vulstasies aanvaar NET pula - geen kaarte nie. Ook by die grens moet jy reeds jou pula gereed hê om deur te kom. Rande word nie aanvaar nie. Hoop dit help....
Last edited by Molekule; 10-05-12 at 11:09.
jy sal NIE regkom met jou MasterCard nie -- Omtrent oral is net VISA [juis Kasane ook] Maun het 'n Beaurea De Change [net duskant Reylies Garage [die SHELL graats] - BESTE Raad - trek Pula [jy sal moet bespreek - die meeste plekkies het nie so voorraad nie] Vat jou PASPOORT en "Proof of Residence" saam - bespreek via jou bank - die tarief is so paar sente beter as Rennies ens.. ]
Maak afskrifte van AL jou dokumente [Motor papiere, ID Paspoort ens] en seel dit in Ziplock - elke voertuig wat saamgaan 'n stel - en dan gee jy jou spaar stel vir ander voertuig en jy hou weer ander ou s'n in jou kar] [ook jou SA bestuurslisensie]
VAT JOU KAR SE PAARSLEUTEL SAAM MET SPAAR BATTERTJIE VIR SY Immobiliseerder] - en bere by ander voertuig soos vir papiere.
Hang af watter grenspos jy deurgaan - maar maak vooraf 'n uitdruk van alle elektroniese duur goed wat jy saamneem [Laptop, Kamera ens] en by Doeane - vul die vorm in en heg die lysie net aan [item en Serie nommer] anders kan jy urrrrrrrrrre staan en vormpie invul [HOU jou afskrif weer reg vir die terugkomslag .. veral die grenspos duskant Gaberone is VOl Stro... daarmee [SA Kant]
N/S: onthou jou banddrukmeter en jou lugkompressor![]()
Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
http://outreach2africa.co.za/
As enigiemand belang stel, ek het nog so bietjie Pula oor, julle kan dit by my koop teen die wisselkoers (sonder bankfooie)? Ek dink ek het so P1 200?
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...
Skakel Outdoor Photo in Pretoria en vind uit of daar 'n 12 volt sigaretaansteker laaier vir jou kamera beskibaar is. Ek het so 'n universal een wat omtrent alle Canon batterye twee op 'n slag kan laai...en dit werk uitstekend.
Ons "koop" ook gewoonlik genoeg Pula in S.A. en ry die geld saam. Gooi met jou laaste Pula brandstof in.
Ons het gevind dat stockpoort grenspos is maklik en vinnig om deur te gaan regtig 10 min en ons het gery. Vat Pulas saam dis makliker enop pad terug vul brandstof aan met Pulas wat oor is want brandstof is maar R8.05c per liter.
Maak net jou hoof tenks vol en nie soos ek al die jerrys ook nie. by die grens wou hulle my nie deur laat nie want ek moes invoer belasting betaal aan ons kant van die grens. As jy nog pulas oor het na jy jou tenk vol gemaak het spend die by choppies of spar. By Ramotswa is hulle ook nie baie vol stront nie. Ons is daar in en uit binne 10min aan die bostwana kant.
Last edited by Arrie; 10-05-12 at 21:50.
Tyd wat gespandeer word om te safari word nie van die mens se voorafbepaalde leeftyd afgetrek nie.
Nobody is perfect. But if you drive a MITSHUBISHI you are pretty close
Koop sommer 'n klein Ellies 120W inverter by Makro. Hy is nou nie ideaal om 'n PC te dryf nie maar vir die laai van kameras, selfone, ligte ens. is hy 100% . Maak jou onafhanklik van krag en om vir elke ding 'n 12V laaier te kry kos jou op die einde baie meer.
Ek stem saam oor die Inverter. Pas hom net mooi op en monteer hom op `n veilige plek aangesien hy baie sensitief is vir stampe.
Baie dankie vir al julle raad. Ek dink ek is nou op die regte pad