Resultate 1 tot 18 van 18

Draad: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

  1. #1
    4x2 met ewenaarslot PvA's Avatar
    Aangesluit
    08-05-12
    Plek
    Pretoria Noord
    Boodskappe
    34
    Wat ry jy?
    2006 Toyota Fortuner 4.0 V6 4X4 Auto, Langafstand brandstoftenk.
    Gunstelingplekke
    KNP
    Regte naam
    Pierre Ploos van Amstel

    Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Ek en my vrou het die naweek wat verby is Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) se basiese 4x4 Veldrykursus ("Accredited 4WD & Off-Road Operator Certificate") voltooi. Dit het bestaan uit `n dag se teorie waarna ons die Sondag `n dag pratkies gedoen het by die Hennops 4x4 roete. Dit was ons eerste kursus asook 4x4 roete. Die instrukteurs het baie ervaring en deel graag ervaring en raad. Wat `n ongelooflike ervaring! Selfs die mees ervare bestuurder onder ons groep "leerders" het erken dat daar heelwat was om te leer. Hierdie is `n kursus wat ek voel jy moet voltooi voor jy die langpad op grond aandurf, of dit nou hindernisse bevat of selfs die normale bestuur. Jou uitkyk oor die dinge rondom jou verander drasties en jy sal na die kursus `n baie veiliger bestuurder wees. Weereeens dankie aan Phillip van Rensburg (Instrukteur/Assessor en Toergids) en Andre de Villiers (Instrukteur/Assessor en Toergids). Ons hele groep is vriende uitmekaar en daar is selfs sprake van `n reunie of `n opvolg roete.

    Click image for larger version. 

Name:	12.jpg 
Views:	97 
Size:	105.6 KB 
ID:	4747Click image for larger version. 

Name:	13.jpg 
Views:	99 
Size:	98.2 KB 
ID:	4748

    Click image for larger version. 

Name:	21.jpg 
Views:	97 
Size:	91.7 KB 
ID:	4749Click image for larger version. 

Name:	49.jpg 
Views:	99 
Size:	100.9 KB 
ID:	4750

    Click image for larger version. 

Name:	103.jpg 
Views:	97 
Size:	100.3 KB 
ID:	4751Click image for larger version. 

Name:	108.jpg 
Views:	96 
Size:	102.1 KB 
ID:	4752
    Last edited by PvA; 08-05-12 at 12:23.

  2. #2
    Administrateur Gerrie van Eeden's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Slaapstad
    Boodskappe
    550
    Wat ry jy?
    Op die oomblik, 'n Camry.
    Regte naam
    Gerrie van Eeden

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Daarsy man! Nou is jy ook gekwalifiseer! Watter ryding op die foto's is joune?
    En terloops, Welkom by die forum!!
    Daar is nooit iets soos genoeg grondpad nie.

    Gerrie van Eeden
    Joernalis - WegRy/ Journalist - Drive Out
    gerrie@wegry.co.za

  3. #3
    4x4 met twee ewenaarslotte georgeb's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hartbeespoort
    Boodskappe
    1,145
    Wat ry jy?
    2006 Nissan Hardbody, 3.3, DK, 4x4, EFS veringstelsel, Nudge-M bosbreker, Frontrunner dakrak
    Gunstelingplekke
    Oral waar 4x4 nodig is....
    Regte naam
    George Brittnell

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Quote Originally Posted by Gerrie van Eeden Lees boodskap
    Watter ryding op die foto's is joune?
    Dit is hy en sy wederhelfte daar voorkant hulle Fortuner - en ek moet bysê.....sy het baie goed gevaar tydens die prakties te Hennops....B!....
    Groete

    George Brittnell
    4x4@vodamail.co.za

  4. #4
    4x4 met laestrek ThysdJ's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Brackenfell
    Boodskappe
    348
    Wat ry jy?
    1997 Jeep Wrangler 4.0 - AGA Stoof 2010 Hilux 3.0 D4D DC Platkar/Toerkar
    Gunstelingplekke
    Enige plek in die Kalahari waar die rustigheid my bloed deur my are laat bruis
    Regte naam
    Thys de Jager

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Baie geluk en welkom by African Offroad familie.... !! B! Ek sien Dr Phil het julle mooi onder hande geneem...
    Thys de Jager - thys@teamoffroad.co.za
    Lid van SANOTA en OGATO
    Besoek ons webblad: www.teamoffroad.co.za

  5. #5
    4x2 met ewenaarslot PvA's Avatar
    Aangesluit
    08-05-12
    Plek
    Pretoria Noord
    Boodskappe
    34
    Wat ry jy?
    2006 Toyota Fortuner 4.0 V6 4X4 Auto, Langafstand brandstoftenk.
    Gunstelingplekke
    KNP
    Regte naam
    Pierre Ploos van Amstel

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Dis hy daai....ons staan voor ons Fortuner. Dr Phil het ons baie mooi geleer! Ons is baie ingenome met die kursus en kyk al klaar na ander kursusse wat African Offroad aanbied. George daai Hardbody van jou het vir niks teruggestaan nie.

    Click image for larger version. 

Name:	20.jpg 
Views:	84 
Size:	100.6 KB 
ID:	4765
    Onse Fortuner

    Click image for larger version. 

Name:	73.jpg 
Views:	84 
Size:	100.0 KB 
ID:	4763
    George se Harbody
    Last edited by PvA; 08-05-12 at 14:33.

  6. #6
    4x4 met agterste ewenaarslot
    Aangesluit
    11-01-12
    Plek
    Pretoria
    Boodskappe
    718
    Wat ry jy?
    Landcruiser 4.2D Bakkie, Colt 2.8 TDI 4x4 Rodeo beide volledig vir Overlanding en Jetta 2L Turbo
    Gunstelingplekke
    Baie plekke in Afrika maar Mosambiek, die Delta en Caprivi is groot gunstelinge.
    Regte naam
    Pierre de Wet

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Net vir interessantheid, hoeveel kos so 'n kursus per persoon en ook as jy die meer gevorderde een doen wat recovery insluit? As jy nie die syfers het nie gee my asb. 'n kontak sodat ek dit kan kry.

    Ek het beide kususse baie jare terug gedoen by Basslake maar ek en my vrou wil albei die 4x4 Toergids kursus doen so sy moet die sertifikaat kry. Sy het weer haar noodhulp sertifikaat wat ek weer moet doen voordat ons as gidse geregistreer kan word. Ek is baie bang om die noodhulp te doen, weet nie op wie ek dalk moet mond tot mond asemhaling toepas nie en waar ek dalk slanggif moet uitsuig nie(grappie!).

    Julle opleiding lyk lekker, Hennops is 'n baie lekker roete en jy kan baie daar leer.

    Ek is net wes van Pretoria Noord in Florauna so ons bly naby mekaar.

    Is Andre de Villiers die Andre de Villiers van Safari Centre of 'n ander een?

    Groete
    Last edited by PierredW; 08-05-12 at 14:39.

  7. #7
    4x2 met ewenaarslot PvA's Avatar
    Aangesluit
    08-05-12
    Plek
    Pretoria Noord
    Boodskappe
    34
    Wat ry jy?
    2006 Toyota Fortuner 4.0 V6 4X4 Auto, Langafstand brandstoftenk.
    Gunstelingplekke
    KNP
    Regte naam
    Pierre Ploos van Amstel

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Pierre, jy kan op African Offroad se webtuiste gaan loer, hulle het `n mooi lys van kursusse met pryse by. Die basiese opleiding wat ek en my vrou gedoen het was R2600 vir ons beide (dit is `n spesiale aanbieding wat huidig loop). Die meer gevorderede "Offroad vehicle recovery" opleiding sien ek is R2500 per persoon (http://www.africanoffroad.co.za/pg/5...d-4x4-programs). Sien ook: http://www.wegry.co.za/wegry-4x4-akademie.

    Die wereld is klein jong....ek bly in Dorandia....meters van jou af!

  8. #8
    4x4 met twee ewenaarslotte georgeb's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hartbeespoort
    Boodskappe
    1,145
    Wat ry jy?
    2006 Nissan Hardbody, 3.3, DK, 4x4, EFS veringstelsel, Nudge-M bosbreker, Frontrunner dakrak
    Gunstelingplekke
    Oral waar 4x4 nodig is....
    Regte naam
    George Brittnell

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Quote Originally Posted by PierredW Lees boodskap
    Is Andre de Villiers die Andre de Villiers van Safari Centre of 'n ander een?
    Pierre - nie Safari se Andre nie.
    Groete

    George Brittnell
    4x4@vodamail.co.za

  9. #9
    4x4 met agterste ewenaarslot
    Aangesluit
    11-01-12
    Plek
    Pretoria
    Boodskappe
    718
    Wat ry jy?
    Landcruiser 4.2D Bakkie, Colt 2.8 TDI 4x4 Rodeo beide volledig vir Overlanding en Jetta 2L Turbo
    Gunstelingplekke
    Baie plekke in Afrika maar Mosambiek, die Delta en Caprivi is groot gunstelinge.
    Regte naam
    Pierre de Wet

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Quote Originally Posted by PvA Lees boodskap
    Die wereld is klein jong....ek bly in Dorandia....meters van jou af!
    Wragtag, ons is langs die asgat wat nou 'n golfbaan is. As jy 'n Sondagmiddag lus het vir koffie maak 'n draai, 012 5466178. Die Cruiser is te hoog vir die garage. As jy langs die ou asgat opry Berglaan toe aan die oostekant sal jy die Cruiser en 'n ou Jurgens Fleetline Karavaan onder die afdak sien. Dit is waar ons van Nov 1982 bly.

    Groete

  10. #10
    4x2 met ewenaarslot PvA's Avatar
    Aangesluit
    08-05-12
    Plek
    Pretoria Noord
    Boodskappe
    34
    Wat ry jy?
    2006 Toyota Fortuner 4.0 V6 4X4 Auto, Langafstand brandstoftenk.
    Gunstelingplekke
    KNP
    Regte naam
    Pierre Ploos van Amstel

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Mooi man, net oor die pad van ons. Klink lekker!

  11. #11
    4x4 met agterste ewenaarslot Alibaba's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Bellville
    Boodskappe
    503
    Wat ry jy?
    Lucky is 'n Toyota Hilux 2,2 petrol, 1992-model. OME-bladvere, Gabriel Safaris, BFG KM2 Muds.
    Gunstelingplekke
    Krugerwildtuin, Mosambiek (enige plek), Weskus Nasionale Park, Sederberg, Noordooskaap, Lesotho ens.
    Regte naam
    Ali van Wyk
    Ek is BAIE bly die kursus hetvir julle gewerk. Dis die eerste naweek wat ons dit aangebied het. Ons hoop die Akademie loop mooi.

    "In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman

    Ali van Wyk
    Tel. +27 21 443 9831
    ali@wegry.co.za
    HEELPAD GRONDPAD!

  12. #12
    4x4 met twee ewenaarslotte georgeb's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hartbeespoort
    Boodskappe
    1,145
    Wat ry jy?
    2006 Nissan Hardbody, 3.3, DK, 4x4, EFS veringstelsel, Nudge-M bosbreker, Frontrunner dakrak
    Gunstelingplekke
    Oral waar 4x4 nodig is....
    Regte naam
    George Brittnell

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Hier is nog 'n paar foto's:

    Click image for larger version. 

Name:	50.jpg 
Views:	76 
Size:	100.3 KB 
ID:	4783
    Click image for larger version. 

Name:	74.jpg 
Views:	76 
Size:	99.0 KB 
ID:	4784
    Click image for larger version. 

Name:	90.jpg 
Views:	77 
Size:	97.8 KB 
ID:	4785
    Click image for larger version. 

Name:	DSC_3733.jpg 
Views:	75 
Size:	90.6 KB 
ID:	4786
    Click image for larger version. 

Name:	DSC_3907.jpg 
Views:	75 
Size:	78.9 KB 
ID:	4787

    Die instrukteur in lae strek...

    Click image for larger version. 

Name:	DSC_4068.jpg 
Views:	75 
Size:	100.8 KB 
ID:	4788
    Groete

    George Brittnell
    4x4@vodamail.co.za

  13. #13
    4x4 met twee ewenaarslotte georgeb's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hartbeespoort
    Boodskappe
    1,145
    Wat ry jy?
    2006 Nissan Hardbody, 3.3, DK, 4x4, EFS veringstelsel, Nudge-M bosbreker, Frontrunner dakrak
    Gunstelingplekke
    Oral waar 4x4 nodig is....
    Regte naam
    George Brittnell

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    en 'n video ook....

    Groete

    George Brittnell
    4x4@vodamail.co.za

  14. #14

    O ja, my bandruk was 1 bar voor en 0.9 bar agter. Daar was behalwe vir die hindernis in die video letterlik geen wieltol en die HB het eenvoudig net gebyt en laat waai....
    Last edited by georgeb; 09-05-12 at 17:32.
    Groete

    George Brittnell
    4x4@vodamail.co.za

  15. #15
    4x4 met twee ewenaarslotte Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    1,991
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    George, die video is by my geblok, kan jy vir my beskryf watter hindernis dit is (of ko-ordinate gee)?

    Ons ry hom gewoonlik teen so 1.8 Bar, nie omdat dit ideaal is vir die roete nie, maar omdat ons dan kan terugry huis toe voor ons wiele hoef te pomp...

    Dis nogal interesant hoe mens se kar die roetes leer ken ne, die eerste keer wat ek Hennops gery het, het ek laestrek nodig gehad om by die eerste hindernis uit te kom, maar nou doen daai Patrollie al sommer die asknopers in 2H!
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  16. #16
    4x4 met twee ewenaarslotte georgeb's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hartbeespoort
    Boodskappe
    1,145
    Wat ry jy?
    2006 Nissan Hardbody, 3.3, DK, 4x4, EFS veringstelsel, Nudge-M bosbreker, Frontrunner dakrak
    Gunstelingplekke
    Oral waar 4x4 nodig is....
    Regte naam
    George Brittnell

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Quote Originally Posted by Peter Connan Lees boodskap
    kan jy vir my beskryf watter hindernis dit is (of ko-ordinate gee)?
    Môre Peter - dit is die steil klim wat jy kry nadat jy van die lapa reguit aan by die moddergat op regterkant verby ry.
    Groete

    George Brittnell
    4x4@vodamail.co.za

  17. #17
    4x4 met twee ewenaarslotte Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    1,991
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Daai een met die los klippe tot by die trappie bo?

    As jou wielplasing daar nie 100% is nie, is hy 'n vark! En as hy nog nat is ook!
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  18. #18
    4x4 met twee ewenaarslotte georgeb's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hartbeespoort
    Boodskappe
    1,145
    Wat ry jy?
    2006 Nissan Hardbody, 3.3, DK, 4x4, EFS veringstelsel, Nudge-M bosbreker, Frontrunner dakrak
    Gunstelingplekke
    Oral waar 4x4 nodig is....
    Regte naam
    George Brittnell

    Re: Wegry 4x4 Akademie (African Offroad) - Ons ervaring

    Quote Originally Posted by Peter Connan Lees boodskap
    Daai een met die los klippe tot by die trappie bo?
    Dis hy daai - een van die kursusgangers het juis sy voetwerk oor daardie trappie verloor en die instrukteur moes help red....
    Groete

    George Brittnell
    4x4@vodamail.co.za

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •