Fiat Panda 4x2, maar hopelik binnekort 'n Jimny (donasies welkom!)
Regte naam
Marilize Nel
Harold Churchill se Toyota Hilux 1998 2,4 petrol (4x4)
Spoed is beslis nie alles nie. Hier is nog 'n strydros wat meer as 250 000 km afgelê het, en nie bang is vir nog nie.
Op die afstandmeter? 300 500 km
Hoeveel eienaars? Ek ry dit al sedert dit nuut was. Dit was my maatskappyvoertuig, en ek het dit gekoop toe dit 150 000 km op die klok gehad het.
Hoeveel het dit gekos? Ek kan nie onthou nie, maar dink dit was omtrent R40 000.
Hoekom ’n Toyota? Sedert 1979 het ek al ses gehad en dis uitsonderlik betroubaar en goedkoop om te onderhou.
Het dit ’n bynaam? ’n Vriend het dit eenkeer “Beast” genoem toe ek hom ver deur Mosambiek moes sleep. Ek noem dit net my trok.
Waar was jy al daarmee? Ons was al op die meeste plekke in Suid-Afrika, Lesotho, Namibië, Mosambiek, Swaziland en Zimbabwe. Nodeloos om te sê, nooit langs die hoofroetes nie.
Jou droombestemming? ’n Drie of vier maande lange reis deur Afrika: deur Mosambiek na Dar es Salaam, dan wes oor Tanzanië na Malawi en dan huis toe – dalk deur Zambië, Zimbabwe of deur die Caprivi en die res van Namibië. As ek die Lotto wen, sal ek die langpad om die wêreld in my Hilux aandurf, ’n lang Long-Way-Round.
Herstelwerk? Net een keer toe dit nog onder waarborg was, toe die spanningsreëlaar (voltage regulator) herstel is. Die afgelope jaar kyk ek gereeld na goed soos die wiellaers, koppelaar, kruiskoppelings (universal joints), aansitter en alternator.
Modifikasies? Niks nie. Dis standaard met 215x15-bande. Dit het ’n staalkappie met ’n daktent – wat ons self ontwerp en my vrou self gemaak het. Ons het ook die dakrak ontwerp en nog ’n paar monterings binne. Dis beslis nie ontwerpersgoed nie, maar dis so funksioneel soos môre heeldag. Ons is al deur die ergste weersomstandighede – alles behalwe hael.
Waarvan hou jy? Ons kon hierin kom by van die mees afgeleë en opwindendste plekke, gewoonlik op ons eie met volle vertroue in ons Hilux om ons daardeur te kry. Die vaste-vooras-Hilux is die beste Toyota wat nog gemaak is.
Wat sal jy verander? Ek sal ’n agterste noodwieldraer wil aansit. Maar ’n ander voertuig? Beslis nie – ek is mal oor my Hilux.
Indien dit ’n bekende was? David Livingstone, een van Afrika se bekendste verkenners.
Met R10 000… Sal ek daai agterste noodwieldraer aansit en belê in ’n satellietfoon. Click here for the English version: Drive Out