Jy het pas jou eerste 4x4 gekoop, maar jy’s onseker hoe om dit te gebruik. Of jy’t dalk al ’n paar hardebaard 4x4-roetes voltooi, maar nog nooit ’n sertifikaat gekry om jou basiese veldryvaardigheid te staaf nie. Jy kan hierdie opleiding nou kry by die WegRy-4x4-Akademie, in samewerking met African Off-Road Academy.