Captiva – Chevvy diesel, enigiemand?


Captiva1

Chevrolet Captiva

Toe Chevrolet verlede jaar die nuwe Captiva bekend gestel het, was daar net twee petrolmodelle in die reeks. Hulle het egter onlangs ’n turbodiesel wat bekend staan as die 2.2 D AWD A/T LTZ, by die reeks gevoeg. Soos die naam aandui, is hy net beskikbaar met vierwielaandrywing en ’n outomatiese ratkas. 

Onder die vel. Die enjin ontwikkel 135 kW krag en 400 Nm wringkrag. Volgens GM gee hy ’n gekombineerde brandstofverbruiksyfer van 8 liter/100km – wat ’n bietjie optimisties is teenoor ons onlangse ervaring. 

Hy ry egter in groot gemak teen snelwegsnelhede (en hoër) met vier volwassenes en bagasie. 

Stadig oor die klippe. Die 19 duim-allooiwiele beteken dat jy versigtig moet wees oor klippe, maar hy was mans genoeg om ’n steil kop op ’n plaas uit te klim. Jy gaan dus nie met hom Kaokoland toe wil gaan nie, maar jy sal jou wynplaas se grensdrade met hom kan besoek. 

Sy prys is R427 500.