Wurmworsies


Jy het nodig:

Verander die bestanddele na gelang van die hoeveelheid kinders en pa’s wat saameet.

  • rooi- of Weense worsies, in kwarte gesny
  • rou spaghetti, in die helfte gebreek
  • tamatiesous

Dan maak jy só:

Prik die worsie.
Druk sowat ses stukkies spaghetti in elke worskwart.

Maak warm.
1. Laat ’n pot water vinnig kook.

2. Sit die worsies een vir een in die water sodat die water bly kook en nie  skielik afkoel as jy alles gelyktydig ingooi nie.

3. Kook vir 15 minute (as jy dit korter kook, word die spaghetti in die worsie nie gaar nie).

Hoe rooier, hoe mooier.
Sit voor met tamatiesous en geniet die stilte.            

Probeer ook: Gevriesde piesang; Grondboontjiebotter-appelskywe; Broodwiele; Vinnige roomys


Kommentare

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association