Vrugte-ysstokkies



Tuisgemaakte ysstokkies is baie gesonder as die gekoopte weergawes en jy kan dit maklik maak in die doelgemaakte plastiekhouers wat jy in ’n supermark kan koop.
Maak die ysstokkies die vorige aand, sit dit in jou vrieskas en wees die gewildste ma in die kamp op ’n snikhete middag.

Jy het nodig (vir ±10 ysstokkies):

• 4 koppies water
• 1½ koppie suiker
• 2 koppies vars vrugtesap
• plastiekhouertjies

Dan maak jy só:

Een … Kook die water en voeg die suiker by. Roer tot die suiker gesmelt is.

Twee … Voeg die sap by en laat staan eenkant om af te koel.

Drie... Giet die vrugtesap in plastiekhouertjies en sit dit in die vrieskas tot dit heeltemal gevries is.

Probeer ook: Vinnige roomys






Kommentare

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association