Vinnige roomys

Dié resep is so vinnig en maklik jy kan dit in jou slaap maak. Ongelukkig het jy ’n vrieskas hiervoor nodig, maar die meeste mense neem deesdae een saam op vakansie.
Jy het nodig (vir 1 porsie):
• ½ koppie melk
• 1 eetlepel versiersuiker
• ¼ teelepel vanielje-ekstrak (of enige ander geur)
Dan maak jy só:
1. Meng dit.
Gooi die bestanddele in ’n klein Ziploc-sakkie, druk al die lug uit en maak dit deeglik toe.
Skud die sak versigtig om die bestanddele te meng en die suiker op te los.
2. Vries dit.
Sit die sakkie in die vrieskas.
Haal dit uit sodra dit begin vries.
3. Druk dit.
Druk al die yskristalle fyn en sit die sakkie terug in die vrieskas tot die roomys gevries is.
Probeer ook: Gevriesde piesang; Grondboontjiebotter-appelskywe; Broodwiele; Wurmworsies







Kommentare
Pos nuwe kommentaar