Ragu-vleissous

Moenie skrik vir die naam nie; dis eintlik maar net ’n bolognese-sous. Dié sous moet 2 tot 3 uur lank prut, dus is dit beter om dit vooraf by die huis te maak en saam te neem op safari. Jy kan dit oor enige soort pasta voorsit en selfs lasagne daarvan maak.

Jy het nodig (vir 6 porsies):

  • 2 eetlepels olie
  • 1 ui, gekap
  • 1 selderystingel, gekap
  • 1 wortel, geskil en gekap
  • 2 koppies rou maalvleis
  • ½ koppie droë witwyn
  • 1 x 400 g-blik heel Italiaanse tamaties
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel witpeper
  • 1 x 500 g-pak tagliatelle-pasta 

Dan maak jy só:

  • Braai die ui, seldery en wortel in olie totdat die ui deurskynend is. 
  • Voegdie maalvleis by en braai tot-dat dit bruin is. 
  • Voeg die wyn by en roer vir 5 minute. 
  • Voeg die tamaties by en breek dit met ’n hout-lepel terwyl jy die sous roer.
  • Sit die deksel op die kastrol en laat prut die sous vir 2 tot 3 uur oor lae hitte. 
  • Maak seker die vloeistof kook nie weg nie; as dit gebeur, voeg water by. 
  • Voeg sout en peper na smaak by aan die einde van die kookproses.
    Nou vir die pasta. 
  • Sodra die sous gereed is, kan jy die pasta gaarmaak en dit met die vleissous voorsit. 
  • Al wat nou nog nodig is, is ’n lekker mengelslaai en goeie rooiwyn.
     

PROBEER OOK: Rasta-pasta; Biltong-en-pasta-slaai; Pasta á la bunny chow; Boeber

 

 

 

 

 


Kommentare

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association