Pin It
print

Pepersous


Boskos-3

 

Boskos 3 Pepersous

Looi daai stukkie steak 

Ek moet nog die mens teëkom wat nie van ’n lekker pepersous oor ’n stuk steak hou nie. Hierdie is ’n maklike, lekker resep wat jy in japtrap aanmekaar kan slaan.

Genoeg vir 4-6 mense:

  • 1 x 380 g-blik Idealmelk
  • 1 eetlepel mielieblom, gemeng met ½ koppie van die Idealmelk
  • 2 eetlepels grofgemaalde peperkorrels
  • sout na smaak
Roer vinnig en prut die sous. Verhit die Idealmelk in ’n kastrolletjie. Sodra dit begin borrel, gooi die mielieblommengsel by en roer met ’n draadklitser sodat dit nie klonte vorm nie. Laat dit vir ’n minuut of twee prut. Voeg die peperkorrels en sout by. As jy van ’n dikker sous hou, kan jy nog ’n eetlepel mielieblom byvoeg, maar onthou net dat die sous dikker word as dit afkoel. Sit dit dus voor sodra jy dit gemaak het.