Pampoenballetjies
Jy het nodig (vir 4-6 porsies):
• 2 koppies koekmeel
• 5 eetlepels suiker
• 4 teelepels bakpoeier
• knippie sout
• 2 koppies gaar, fyngedrukte pampoen (maak dit sommer die vorige dag)
• 2 eiers, geklits
• olie vir diepbraai
Vir die sous:
• 1 koppie suiker
• 1 eetlepel botter
• 2 eetlepels vlapoeier
• 2 koppies melk
• 1 teelepel karamelgeursel
Deeg in jou hande.
Meng die droë bestanddele, voeg die pampoen by, dan die eiers en meng tot ’n sagte deeg.
Maak balletjies.
Verhit die olie en diepbraai teelepels vol beslag daarin tot goudbruin. Dreineer op papierhanddoekvelle en sit die balletjies in ’n diep bak.
Die hele sous. Smelt die suiker en botter oor lae hitte en roer tot dit effens verkleur.
Die geheim …
Meng die vla¬poeier en ’n bietjie melk in ’n bakkie. Voeg die res van die melk geleidelik by terwyl jy voortdurend roer om seker te maak die vlapoeier vorm nie klonte nie. Roer die melkmengsel by die suikermengsel en laat dit oor stadige hitte prut tot gaar en verdik. Roer die karamelgeursel by.
Eet dit vir soetkoek op.
Skep die sous oor die balletjies. Lig die balletjies effens op sodat die sous onder inloop en al die balletjies bedek.
Wenk:
As daar oorbly, kan julle dit vanaand eet vir poeding.
Bedien saam met Ryk en Geurige Beesvleis.




