Gevriesde piesang

Maklik, vinnige ‘banana split’
Wie sou nou dink dat ’n doodgewone piesang soos roomys kan proe as dit gevries is? Dis heerlik en gesond.
Jy het nodig (vir 2 ysies):
• 1 ryp, ferm piesang
• 2 roomysstokkies
• kleefplastiek
Dan maak jy só:
• Skil die piesang af en sny dit in die helfte deur.
• Druk ’n roomysstokkie in elke helfte en draai dit toe in kleefplastiek
• Sit dit in die vrieskas tot dit gevries is.
WENK: As jy nie roomysstokkies het nie, gebruik die onderkant van die plastiekhouers waarmee ’n mens ysstokkies maak
Probeer ook: Grondboontjiebotter-appelskywe, Broodwiele; Wurmworsies; Vinnige roomys


Gebruiker stories




Kommentare
Pos nuwe kommentaar