Broodwiele



Kinders hou van happies wat hulle met die hand kan eet. Hierdie wiele is ’n lekker afwisseling van gewone toebroodjies. 

Jy het nodig (vir 2 porsies):
• 4 snye brood
• 4 eetlepels maaskaas, roomkaas of smeerkaas
• 4 eetlepels fyngerasperde biltong
• kleefplastiek

Dan maak jy só:

• Brood vir my boetie.
Sny die brood se korsies af en rol elke sny effens plat (gebruik sommer ’n skoon bottel of blik). Wees versigtig om nie die brood te breek nie.

• Kaas en biltong.
Smeer die kaas eweredig oor elke sny brood en sprinkel die biltong oor. Rol elke sny brood op en draai dit toe in kleefplastiek.

• Wag ’n bietjie.
Sit dit vir ’n halfuur in die vrieskas.

En laat waai.
Haal die plastiek af en sny die rolle in dikkerige snye sodat dit soos wiele lyk.

VARIASIE:
Jy kan bykans enige vulsel in die broodwiele sit, selfs botter en Marmite.

Probeer ook: Gevriesde piesang; Grondboontjiebotter-appelskywe; Vinnige roomys; Wurmworsies



Kommentare

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association