Bosomelet


DO36_WR18_Boskos_16

GEKOOKTE BOSOMELET

Breggie, waar’s die pan!?

Dis nou nie juis hoe Jamie Oliver ’n omelet sal maak nie, maar wat weet hy in elk geval van boskos af? Dis boonop gesond omdat daar nie olie of botter in is nie.

Jy het nodig (vir 1 porsie):
• 2 eiers
• ¼ koppie melk
• ekstra bestanddele soos ham, kaas, groen of rooi soetrissie, gaar spek, ens.
• sout en peper na smaak

Dan maak jy só:

1. Kookpunt.
Sit ’n pot half vol met water op die gasstoof en laat dit kook.

2. Alles en nog wat.
Klits die eiers en melk saam, voeg jou voorkeur ekstra bestanddele by, geur met sout en peper, en gooi dit in ’n middelslag-Ziploc-sak.

3. Wees lugtig.
Druk al die lug uit die sak en maak dit toe.
Sit dit in die kookwater en laat dit vir 10-13 minute prut.

4. Sakkie-sakkie.
Haal die sak van tyd tot tyd uit die water (oppas, dis warm!) en druk die mengsel versigtig met jou hande (dra ’n oondhandskoen of gebruik ’n vadoek) sodat die gaar en rou eier “meng”.

5. En siedaar.
Haal die sakkie uit die water, rol die omelet uit en sit voor met roosterbrood.

Probeer ook: Geposjeerde eier in kleefplastiek; Quiche in ‘n blikbekerVleispastei in ‘n rooster