Boeber

Boeber is ’n tradisionele Maleise gereg wat veral heerlik is op ’n koue aand. Nes melkkos kan dit as nagereg geëet word, of sommer ook as hoofmaaltyd omdat dit so ryk is.
Jy het nodig (vir 6 porsies):
- ½ koppie botter
- 1 koppie rou lokshen-pasta
- 2 kaneelstokkies
- 2 kardemomsade
- 1 liter volroom-langlewemelk
- ½ koppie sago, vooraf vir ’n uur geweek in
- 1 koppie melk
- ½ koppie witsuiker
- 1 koppie sultanas
- 1 koppie amandel-vlokkies
- fyn kaneel (opsioneel)
Dan maak jy só:
- Smelt die botter in ’n kastrol.
- Voeg die pasta, kaneelstokkies en kardemomsade by.
- Roer dit vir 2 minute oor lae hitte.
- Voeg die melk by en laat dit opkook (wees versigtig dat dit nie aanbrand nie).
- Voeg die sago (en die melk waarin dit geweek het) by en kook tot die pasta sag is.
- Voeg die suiker, sultanas en amandelvlokkies by en roer tot die suiker gesmelt het.
- Verwyder die kardemomsade en kaneelstokkies sodra die suiker gesmelt is.
- Giet die boeber in ’n opdienbak, strooi fyn kaneel oor as jy
wil en sit warm voor.
WENK: Lokshen-pasta is ’n dun, fyn pasta en word ook engelhaarpasta genoem. Dis beskikbaar by die meeste supermarkte, maar as jy sukkel om dit in die hande te kry, kan jy ook vermicelli gebruik.
PROBEER OOK: Rasta-pasta; Ragu-vleissous; Biltong-en-pasta-slaai; Pasta á la bunny chow
Gebruiker stories




Kommentare
Pos nuwe kommentaar