Biltong-en-pasta-slaai

Mans sit nie sommer hul mond aan slaai nie, maar dis maklik om hulle arm te draai as daar biltong by is. As jy reeds die vorige aand die pasta gaargemaak het, kan jy die volgende dag tjoef-tjaf ’n lekker middagete langs die pad aanmekaarslaan.
Jy het nodig (vir 6-8 porsies):
- 1 koppie biltong, in dun skyfies gesny (die biltong moenie te droog wees nie)
- 10 ingelegde pikantrissies (Peppadews), fyner gesny
- ½ koppie gekapte rooi-ui (dit het nie so ’n skerp smaak soos ’n gewone ui nie)
- 1 koppie komkommer, in blokkies gesny
- 1 koppie fetakaas, in blokkies gesny
- 1 x 500 g-pak pastaskulpies, gekook en afgekoel
Vir die slaaisous het jy nodig:
- 3 eetlepels heuningmosterd
- 1 eetlepel witwynasyn of suurlemoensap
- ½ teelepel suiker
- ¼ teelepel sout
- ½ koppie olyfolie
- 1 teelepel gedroogde pietersielie
Dan maak jy só:
- Meng al die bestanddele vir die slaai in een bak, en die slaaisous in ’n ander.
- Giet die slaaisous oor die slaai, meng en sit voor.
PROBEER OOK: Rasta-pasta; Ragu-vleissous; Pasta á la bunny chow; Boeber
Gebruiker stories




Kommentare
Biltong en pasta slaai
Pos nuwe kommentaar