Beet-en-Pynappelslaai
Jy het nodig (vir 4-6 porsies):
• 2 koppies gaar beet, in blokkies gesny
• ½ koppie gaar ertjies
• ½ koppie pynappel, geskil en in blokkies gesny
• 1 eetlepel gerasperde ui
Vir die slaaisous:
• ¼ koppie suiker
• 1¼ eetlepel mielieblom
• ¹/3 koppie witwynasyn
• ¼ koppie water
• 2 eetlepels botter
• ½ teelepel sout
Maklik.
Meng die bestand¬dele vir die slaaisous en prut dit oor baie lae hitte vir sowat 5 minute. Laat eenkant afkoel.
Makliker.
Sit die slaaibestanddele in ’n mooi bak en giet die sous daaroor.
Maklikste.
Beïndruk jou gesin mateloos.
WENK:
Maak die beet die vorige dag gaar sodat jy die slaai vinnig aanmekaar kan slaan, of koop sommer ’n bottel ingelegde beet van goeie gehalte.
Lus vir nog Krismiskos? Wat van 'n geroosterde Vy-en-biltongslaai?
Gebruiker stories




Kommentare
Pos nuwe kommentaar