Beesvleisdy en Aartappels

Beesvleisdy en Aartappels

Jy het nodig (vir 4-6 porsies):

• 3 eetlepels olie
• 1 kg beesvleisdy
• 2 uie, geskil en gekap
• 2 tamaties, geskil en in kleiner stukke gesny
• ½ bottel goeie rooiwyn
• 6 aartappels, geskil en in kwarte gesny
• sout en peper na smaak

Vir ’n bietjie kleur.

Verhit die olie in ’n platboomysterpot en braai die vleis tot dit mooi bruin is.
En ’n bietjie geur. Haal die vleis uit die pot en gooi die uie in. Braai dit tot goudbruin en voeg die tamaties by. Roer vir ’n paar minute tot die tamaties sag is.

Aan sy eie lot oorgelaat.

Sit die vleis terug in die pot, gooi die wyn by en genoeg kookwater om die vleis net-net te bedek. Sit die deksel op en kook vir 2½ tot 3 uur oor lae hitte terwyl jy nou en dan seker maak dat die sous nie wegkook nie. Haal die deksel die laaste uur af sodat die sous verminder en lekker dik kook. Gooi die sout en peper by.

Altyd aartappels.

’n Halfuur voordat jy die pot van die kole afhaal, kan jy die aartappels bysit en prut tot sag.

Wenk:

Dié geurige beesvleisdy neem wel lank om te kook, maar jy hoef dit nie op te pas nie – jy kan net elke halfuur seker maak daar is nog water in die pot.

Sit voor saam met 'n heerlike beet-en-pynappelslaai.

Kommentare

dit klink na 'n wen resep, gaan dit probeer.  het voorheen 'n resep probeer "poeding in 'n pot wat jy oof op diekole maak, maar het resep verloor as julle kan help en dit vir my aan stuur na agvanleeuwen@gmail.com

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association