Beef Madras

Wen die Kerriebeker met dié meneertjie!
Tradisioneel is hierdie ’n warm kerrie, maar maak hom soos jy lus het – dit sal steeds net so lekker proe.
Jy het nodig vir 4 porsies:
- 2 eetlepels botter
- 2 uie, geskil en gekap
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- 1 teelepel gemmersmeer
- 1 teelepel droë brandrissievlokkies
- 2 teelepels fyn koljander
- 2 teelepels fyn borrie
- ¼ teelepel witpeper
- 1 kg beenlose, blokkies beesvleis
- 1 koppie kookwater
- 1 x 400 g-blik klapperroom
- 1 teelepel sout
- ¼ suurlemoen se sap
- klapper om oor te strooi
Braai die speserye. Smelt die botter en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die gemmersmeer by sowel as die brandrissievlokkies, koljander, borrie en peper en roer dit vir ’n paar sekondes in die bottermengsel.
Laat alles saamgesels. Voeg die vleis by en roer vir nog ’n minuut of twee totdat die vleis bedek is met die speserye. Nou kom die kookwater by en laastens die blikkie klapperroom. Sit die deksel op en prut dit oor lae hitte vir 1½ uur of totdat die vleis lekker sag is. Maak heeltyd seker daar is genoeg water terwyl die gereg kook. As die vloeistof aan die einde van die kookproses te waterig is, kook dit oor vinnige hitte met die deksel af sodat die vloeistof verminder en dikker word.
Rond af. Laastens word die sout en suurlemoensap bygeroer. Sprinkel droë klapper oor as jy dit voorsit.
Gebruiker stories




Kommentare
Pos nuwe kommentaar