Avokadoslaai

As jy daai blonde, Sweedse uitruilstudent wat jy net buite Khorixas opgelaai het, wil beïndruk, steek weg die wors en maak eerder hierdie slaai.
Jy het nodig (vir 6 porsies):
- 1 avokadopeer, geskil en in skyfies gesny
- 1 x 425 g blikkie baba-appels met stammetjies (baby apples with stem) of enige ander blik ingelegde vrugte soos mangoes en appelkose, gedreineer
- 4 eetlepels olyfolie
- 4 eetlepes suurlemoensap
- ¼ teelepel mosterdpoeier
- sout en swartpeper na smaak
Dan maak jy só:
- Rangskik die avokadopeer en vrugte op ’n bord. Meng die olyfolie, suurlemoensap, mosterdpoeier en sout in ’n koppie en giet oor die slaai.
- Besprinkel dan met varsgemaalde swartpeper en bedien.
WENK:
Avokado’s sal langer hou as jy dié koop wat nie heeltemal ryp is nie.
As dit nie vinnig genoeg ryp word nie, kan jy dit in ’n bruin papiersak sit om vinniger ryp te word.
PROBEER OOK:
Mieliekoekies; Patatsop; Piesangslaai; Gebraaide groen tamaties; Botterskorsieslaai
Gebruiker stories




Kommentare
Pos nuwe kommentaar