Afrika-Koekstruif
Jy het nodig (vir 4-6 porsies):
• 1 x gekoopte rolkoek, verkieslik met aarbeikonfyt
• ½ koppie Amarula-likeur
• 1 x 80 g-pakkie rooi jellie, aangemaak volgens die aanwysings op die pakkie en gestol in die yskas
• 2 koppies pekanneute, in groterige stukke gekap
• 250 g mascarponekaas
• 1 koppie ingelegde perskeskywe
• 1 x 500 ml langlewevla
• ½ koppie versuikerde kersies, in kwarte gesny
Olifant se drankie.
Sny die rolkoek in skywe en pak dit onder in die bak. Sprinkel die Amarula-likeur oor en laat staan vir vyf minute sodat dit intrek. Gooi die helfte van die neute oor die koek en versprei dit eweredig.
Kaas dit en geniet dit.
Smeer die mascarponekaas in ’n dik laag oor die koek. Krap intussen die jellie met ’n vurk sodat dit losserige stukke is en skep dit oor die roomkaas. Rangskik die perskeskywe bo-op die jellie en gooi die vla oor.
Hoe rooier ...
Strooi die kersies en die res van die pekanneute oor die koekstruif en sit dit in die yskas sodat jy dit lekker koud kan voorsit.
Wenk:
Om te verseker dat dit mooi lyk, sit dit voor in ’n mooi glasbak (of regte glase wat jy vir Kersfees saampiekel bos toe). Verpak glase en ander breekbare items in borrelpapier.
Sit voor na 'n hoofgereg van Beesvleis en Pampoenballetjies.
Gebruiker stories





Kommentare
Pos nuwe kommentaar