Aartappels met suurlemoenskil

’n Mens kan darem nie van skaapboud alleen lewe nie – as jy ’n ou aartappeltjie of twee en ’n mengelslaai bysit, het jy ’n volledige ete. Probeer hierdie aartappels wat mens in olie braai – dit proe net soos gebakte aartappels, en die suurlemoenskil gee dit ’n besonderse kinkel in die kabel.

Jy het nodig (vir 8 porsies):

  • 8-10 aartappels, geskil en in kwarte gesny
  • kookolie vir diepbraai
  • fyngerasperde skil van een suurlemoen (sorg dat jy net die geel deel van die skil rasper, nie die wit nie)
  • sout na smaak

Dan maak jy só:

  • Druk die aartappels droog met kombuispapier of ’n skoon vadoek.
  • Verhit die olie in ’n diep kastrol tot warm (as jy die aartappels insit, moet dit dadelik begin borrel, anders is die olie nog te koud).
  • Braai vier aartappelkwarte op ’n keer in die olie tot dit goudbruin buite en binnekant gaar is. (As jy te veel aartappels op ’n keer braai, sal dit nie bros word nie.)
  • Hou die gaar aartappels warm in ’n bak oor ’n kastrol kookwater. 
  • Sodra al die aartappels gaar is, strooi sout en die suurlemoenskil oor en bedien dadelik.

PROBEER OOK: Skaapboud in die pot; Griekse skaapbou

Kommentare

Jy het nodig
(vir 8 porsies):

  • 8-10 aartappels, geskil en in kwarte gesny

  • kookolie vir diepbraai

  • fyngerasperde skil van een suurlemoen (sorg dat jy net die geel deel van die skil rasper, nie die wit nie)

  • sout na smaak

Dan maak jy só:

  • Druk die aartappels droog met kombuispapier of ’n skoon vadoek.

  • Verhit die olie in ’n diep kastrol tot warm (as jy die aartappels insit, moet dit dadelik begin borrel, anders is die olie nog te koud).

  • Braai vier aartappelkwarte op ’n keer in die olie tot dit goudbruin buite en binnekant gaar is. (As jy te veel aartappels op ’n keer braai, sal dit nie bros word nie.)

  • Hou die gaar aartappels warm in ’n bak oor ’n kastrol kookwater. 

  • Sodra al die aartappels gaar is, strooi sout en die suurlemoenskil oor en bedien dadelik.

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association